Skorsings… en ‘n nuwe kar vir die standerdvierklong

Die raad en die amptenary se mislukking finaal uitgewys

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 20 Julie 2012. 10h45. Llewellyn Coetzee, bestuurder strategiese dienste; en Greg Baartman, bestuurder plaaslike ekonomiese ontwikkeling, doen vanoggend voorleggings aan ‘n munisipale komitee om aan te dui waarom hulle nie geskors moet word nie. Jaco Eastes, die beleerde hoof beplanning, se beurt is om 12h00.

Coetzee en Baartman se beplande skorsings is die direkte gevolg van ‘n vertroulike verslag van advokaat Shaheed Patel, wat in die eksklusiewe besit van die munisipale bestuurder is en waarskynlik Maandag op ‘n direkteursvergadering bespreek sal word.

Op die agenda vir die raadsvergadering van 26 Julie – volgende Donderdag – is dié verslag weggesteek onder “Legal matters…” (in komitee); of “Urgent matters submitted by the Municipal Manager” (waarvan bepaalde aangeleenthede in komitee oorweeg kan word). Die Patel-verslag wys Thandekile Mnyimba uit vir die onbevoegde MB wat die hof reeds bepaal het hy is – ‘n feit wat sinies moedswillig en gevaarlik halsstarrig deur ‘n kaderraad en –amptenary geïgnoreer word. Die bevindinge van die Patel-verslag kan Oudtshoorn aan ‘n eis van tientalle miljoene blootstel.

Hoe weet OO as die verslag in die eksklusiewe besit van Mnyimba is?

He-he-he-he…

Nou hoor nou dít: Die aankoop van nuwe wiele vir die standerdvierklong van Dysselsdorp, wat tans afstandbeheer burgemeester-burgemeester speel, gaan bespreek word!

Assebliéf tog, raadslede! As-sé-bliéf tog. Watter burgemeester gaan in dié nuwe kar vervoer word? Die staanderdvierklong is dan nooit eers sigbaar nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Skorsings… en ‘n nuwe kar vir die standerdvierklong

  1. OO – For what deception, betrayal of thievery are Bartman, Coetzee and Eastus charged, and have they been paid their 30 pieces of silver for their “efforts”?

    If they have fallen foul, will they perchance be “rewarded” with “cadre re- deployment” to say Jansenville – the current and popular dumping ground for failed civil servants, or some other safe ANC haven where they can again screw with our democracy and earn a living in the process?

    Better still, please name and shame the High Priest and his Pilate who are stage managing this pretense at justice and the typical ANC “fall-guy” arrangement to appease the masses.

    We suspect April and his ANC cadres of the “Boerederplein temple” are cowering in the background manipulating this latest scandal in our civil service, acting as pretenders to the truth and behaving with their usual deceit, posing as defenders of the Town of Oudtshoorn?

    Beware April, you and your stooges will ultimately be exposed for what and who you are, and for what you have stolen – physically and metaphorically, and for these acts and omissions in your sworn duty as our Town father and leader, you will be held accountable at law.

    OO – Dig deep with your relentless and unbiased exposure of corruption and deception in our Town, and let us know the truth – let’s have a proper “crucifixion” of these thieves and their self-serving partners in crime in our community who manipulate advantage and abuse the rights of the residents and ratepayers of Oudtshoorn.

  2. Versprei die storie in die Laan, Riemvasmaak en die Plate. Dit is die mense wat moet weet. Wanneer gaan julle leer?!

  3. Ek dink as dar enige integriteit in die oorblywende top bestuur van die munisipaliteit is sal hulle verseker dat hierdie poste nie polities gemotifeerde of buddy buddy aanstellings sal wees nie want die Belasting Betalers van Oudtshoorn gaan nie die vermorsing van Belasting Betalers e gelde verder dult nie – MARK MY WORDS!

  4. Laat Tuli Madonsela die klong dan ook ondersoek. As dit met Zoema kan gebeur oor sy vliegtuigies, gaan dit ook met Klong Rayban April gebeur !
    Klink my die klong se dae is getel – en hy gaan nog heel moontlik baie moet terugbetaal ook, of hoe ?

  5. Daar is sprake dat die persone alreeeds geidentifiseer is om die geskorste amptenare se plekke in te neem. Daar is blykbaar besluit dat Mnr Fikile ( Fiks ) Blaauw in Baartman se plek aangestel moet word. Hy is onlangs verkies as ANC sekretaris in Oudtshoorn. Die CV van Putco se vrou le alreeds geruime tyd by die Munisipaliteit, en sy sal ook binnekort hier by ons aangestel word. As jy n ANC leier is of n familie lid is kry jy 1ste voorkeur. Watse tipe leiers is julle?

  6. Dit is hoe ANC koalisie die publike oog probeer ontduik.
    Skors personeel oor hul aandeel in ‘n gemors en kruip dan weg agter die dekmantel van “komitee sake” omdat personeel betrokke is!!!!!!!!!!!
    Lagwekkend as dit nie so absoluut tragies was nie!!!!!!!!!!!
    As die beeste by die hek uit loop en ‘n ongeluk veroorsaak, vra die persoon wat skade lei nie wie die hek oopgelaat het nie, hy vra: “WIE IS DIE BAAS VAN DIE PLAAS”
    Die keiser loop (met raybans en al) KAAL en hy weet dit nie!!!!!!!!!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s