Dit reën

Hoe kan April en sy kornuite die mense van Rose Valley in die oë kyk!?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Drewan Baird. Oudtshoorn. 14 Julie 2012. 10h40. Ek kan my die ellende in Rose Valley vanoggend beswaarlik voorstel.

Ek het pas verneem dat mense uit Rose Valley ontruim word en tydelik in ‘n saal gehuisves gaan word.

Ek hoop om ‘n foto-verslag te publiseer oor die naweek.

Terwyl mense nat ek houd en honger, sonder voldoende sanitêre geriewe in Rose Valley krepeer, spandeer April en sy burko honderde en honderde duisend rand op hofsake om kaders soos Noël Pietersen en Thandekile Mnyimba salarisse ver bokant hulle vermoëns te betaal.

Dit is inderdaad erger as krimineel. Dit is dierlik vieslik.

En om te dink die Rose Vallians en die mense wat die afgelope week die meeste gely het en wat vandag die meeste ly en wat oor die naweek wat voorlê die meeste gaan ly, het April en die ANC en Icosa en die NPP aan bewind gestem.

Dié mense kan beswaarlik vir hulle fout blammeer word – hulle ondersteuning is met vals beloftes gekoop en hulle het baie waarskynlik nie die oordeelsvermoë gehad om die ANC te sien vir wat dit ís nie: ‘n Verraaier van die juiste mense wat meen dat hulle hulle “vryheid” aan die ANC te danke het.

Die ANC het almal ‘n stem gegee, maar slegs ‘n paar “voorheen benadeeldes” opgehef, ‘n paar minder ryk gemaak; en ‘n kleiner aantal skatryk gemaak.

Moerse. Almal kan stem. En dan maar eenvoudig voortly en onder ‘n ánder regime, vrotsleg, maar opgetooi in ‘n goedkoop aandpak van demokrasie.

Zwelinzima Vavi het gister só uitgevaar in sy toespraak op die SAKP-kongress:

“Income inequality has increased across the board. In 1995, the Gini coefficient stood at 0.64 but it had increased to 0.68 in 2008. The share of employees in national income was 56% in 1995 but it had declined to 51% in 2009, i.e. there has been reverse redistribution from the poor to the rich,” Vavi said. “The top 10% of the rich receive 33 times the income earned by the bottom 10% in 2000. This gap is likely to have worsened, given the fall in the share of employees in national income and the global economic crisis of 2008 wherein in South African we lost 1.17 million jobs.

“And inequalities in income and wealth ownership are still racialised. An average African man earns in the region of R2,400 per month, whilst an average white man earns around R19 000, a racial income gap of roughly R16,800. Black women are yet to be liberated from the triple oppression. While most white women earn an average of R9,600 per month, African women earn R1,200, a racial income gap of R8,400. 56% of whites earn more than R6,000 per month whereas 81% of Africans earn less than R6 000 per month.”

Die raad se vrotsleg bestuur raak nie die sg “bevoorregtes” so erg nie – ons het huise wat nie lek nie…

Maar April en Mnyimba se onvermoë beteken dat die kwesbaarste mense van Oudtshoorn bitterlik ly.

OO het vroegoggend met Harold Lekay van die munisipaliteit se nooddienste gepraat en sal enige ernstige probleme wat oor die naweek voorkom van hom verneem en publiseer.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Dit reën

  1. I agree whole heartedly with Guardian! Show me one meeting or workshop that ended up with positive results? It is nothing else but a social event and the place to be seen…Oudtshoorn is in great need of a leader, with the qualities and vision of a Nic Barrow, who puts his money where his mouth is. Would be nice if a young “Stormer” pops up from somewhere?

  2. ‘ The most counter-productive measure made by man is….. Meetings, galas and workshops’ (with compliments of the Coast 2 coast)

  3. MMM. Is Mnyimba steeds op Oudtshoorn, Mag hy die munisipale kantore betree jaag hom weg.Gordon is afhanklik van andere se verstand hys verlore en sal swaar in die hemel kom nou is hy kort, hy kan nie versien omdat hy kort is, hy’s te kort om in die toekoms te dink, hy verstaan nie en sal ook nie verstaan wat implikasies is nie omdat hy nie kan dink nie.

  4. WHAT is an average white/black man/woman?? Only a moron like Vavi –and for that matter all the other Cosatu/SACP hierachy– could make such a stupid statement. Heaven help S. Africa if they manage to get more control of the economy than what they already are destroying.

  5. Ek stem volkome saam, Alet! Dit het ‘n plig geword, nie net meer is dit ‘n verkiesingsfunksie nie, om die mense wat die ANC ondersteun in te lig oor die ware aard en karakter van daardie organisasie.

  6. Dis n skande! Hoe kan mens lekker gaan slaap, as jy nat en honger is en jou enigste skuiling n “shack” is wat nie bestand is teen wind en weer nie? Dis onmenslik?
    Daar is net een antwoord en dit is dat hierdie kiesers van Rose Valley (wonder wie het die naam uitgedink?) wat hulle stemme aan die ANC gegee het, moet BEMAGTIG word om INSIG te kry in wat die werklikheid van hierdie dorp is en waar dit hulle te staan ge bring het. Leë beloftes.. Politici is hul en ons grootste vyand.
    Ure, dae en maande word tyd gemors in vergaderings wat nutteloos is en niemand êrens bring nie, geld mors en kosbare tyd wat verbygaan…Waar is die jongmense van hierdie dorp dat hulle nie doelgerig toetree tot die “politiek” van Oudtshoorn nie? As ek so na koerant berigte en fotos kyk, is die gesigte maar meestal die van die gryshaar “Golden Oldies” en mis ek jong nuwe bloed en nuwe idees en daadwerklikheid.
    Ons kan nie koud staan teen ons ‘bure” nie en in omstandighede soos hierdie moet almal ‘n bydrae maak om uit te reik na die ellendes van mense rondom ons.Sal bly wees as instansies in die dorp n nood skema van ‘n aard sal begin waartoe ons kan bydra om die nood te verlig wat veroorsaak is deur die naweek se gure weersomstandighede. Klere. kos, komberse, brandhout, dakplate, matrasse, wat ook al?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s