Die straatrenprobleem

Dit sny diép

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Julie 2012. 08h25. Raadslede, amptenare, verkeersbeamptes… en plaaslike sakelui word betrek by die onwettige wedrenbyeenkomste wat die Suid-Kaap al hoe meer teister.

Die onwettige renne het pas weer aandag getrek met die tragiese dood van ‘n plaaslike sakeman, Hugo Erasmus, Sondagaand, toe ‘n Golf, wat moontlik nie eens by die renne betrokke is nie, aan die verkeerde kant van die pad beland het op ‘n draai op die Welgelukpad.

Dis meestal Golfs, opgewarmde Golfs, wat in hierdie renne gebruik word.

Die provinsiale verkeersowerheid sit met die hande in die hare. Die beamptes moet die gebied van Uniondale af tot anderkant Ladismith patrolleer en kon tot nog toe niemand op heterdaad betrap wat onwettig resies jaag nie.

Die ondersoek word gekniehalter omdat die organiseerders blykbaar oor vertroulike inligting van die verkeersbeamptes se bewegings en teenwoordigheid beskik.

Daar word vermoed dat die organiseerders die radiokommunikasie van die verkeersowerheid monitor en selfs dat die organiseerders informante in die provinsiale verkeersdepartement het.

Daar is selfs oorweging geskenk aan die moontlikheid om die renne te wettig, sodat die byeenkomste veig gemaak kan word en ander motoriste en voetgangers nie in gevaar gestel word nie, maar blykbaar is die adrenalien van onwettigheid juis die soort opwinding wat die jaers wil hê.

Groot geld is glo op die spel vir wenners en daar is ‘n aktiewe wedkultuur vaardig. Groot bedrae word glo op die renne verwed.

Senior provinsiale verkeersbestuurders in Kaapstad is oortuig dat sakelui die onwettige wedrenne finansier en baie geld daaruit maak. Die ondersoekers meen ook dat van hulle eie kollegas betrokke is om die organiseerders te beskerm en inligting te verskaf wat dit uiters moeilik, en selfs onmoontlik, maak om renjaers vas te trek terwyl hulle met ‘n wedren besig is.

Selfs ongemerkte voertuie, wat aangepas is om soos die renmotors te lyk, word in die ondersoeke ingespan, maar die organiseerders is ook bedag op dié planne en fnuik die ondersoekers met onberispelike inligting oor die owerhede se bewegings en strategie.

Op Oudtshoorn word vermoed dat munisipale amptenare by die onwettige wedrenne betrokke is, maar weereens kan die verkeersbeamptes wat met OO gepraat het geen klinkklare bewyse van hierdie vermoedens verskaf nie.

Dan is daar die probleem dat Oudtshoorn se raad in gebreke is om bepaalde ordonansies, wat verkeersordonansies insluit, te promulgeer.

Die onvolledige en verouderde ordonansies beteken ook dat verkeersowerhede nie die vragmotorprobleme – soos vragmotors wat op Voortrekkerweg parkeer en selfs oornag staan, en vragmotors wat selfs in die woongebiede oorstaan, kan aanspreek nie.

Oudtshoorn het ‘n patetiese regering en administrasie. Oudtshoorn se inwoners word deur Gordon April en sy raad en deur deur Thandekile Mnyimba en sy administrasie in die steek gelaat… en in hierdie verband het “steek” sommer ook daardie alternatiewe, vulgêre betekenis.

Oudtshoorn het ‘n ánder regering nodig. Dringend. Die ANC en Icosa en die NPP het absoluut géén verantwoordelikheidsin nie. En die ANC en Icosa en die NPP gee nie ‘n swernoot om vir skoon regering nie en kan nie bestuur nie. Hulle mense is eenvoudig onbevoeg en onbetrokke.

Oudtshoorn het ‘n vieslike, siek grap geword. Wat ‘n absolute skánde.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Die straatrenprobleem

  1. Met sommige “Mafia” wat ODN beheer, al gewonder waarom Zille en Bredell huigelagtig en gerieflikheidhalwe ook hul rug op hul kiesers draai ?
    Dis dalk n beter alternatief vir die DA om annerkant toe te kyk as om te erken of selfs te probeer regeer, met n groot gros DA raadslede wat presies dieselfde is as daardie trogvretende, selfverrykende,onbevoegde ANC kabaal. En hoekom is heelwat DA vaandeldraers sulke patete ? Die geldjies is te min, so ook hul kwalifiksies, moraliteit en leierskaps eienskappe – leierloos !! . Al daaraan gedink ?

    En wat het van al die SOE en SAP ondersoeke teen hierdie kriminele en korrupte trogvreters in heelparty departemente op ODN geword ?

    Dit sal wonderlik wees as OO weer n slag in diepte daarop wil rapporteer, sodat die belastingbetalende publiek presies kan sien hoe diep en hoe ver die verrotting strek, selfs vanuit die Departemente wat ondersoeke moet hanteer en die mafia voor die gereg moet bring, maar net nooit daarby uitkom nie…….tensy, “how deep is your pocket too ?”

  2. Het mense al in ‘n pub gesit en gesien hoe drinkerbroers deur lede van die polisie en verkeersmanne vroegtydig ingelig en gewaarsku word van padblokkades nie, hoekom sal die bestuurders wat aan die wedrenne deelneem nie ook vroegtydig gewaarsku word nie.

  3. Terloops, as mens op Google se soekfunksie intik net die woordjie “mafia” kom daar die kommerwekkendste Wikipedia-leesstof op oor die ontstaan en ontwikkeliing daarvan in Sicilië en Amerika. Oudtshoorniete kan dit gerus lees! Geluk OO met ‘n gebalanseerde dog verontrustende berig/kommentaar oor die straatrenne en diverse relevante wetteloosheid en onvermoë tot wetstoepassing.’n Algemene dissipline-veragtende styl van optrede is op terrein na terrein besig om ons dorp te kelder. Waarom is ordelike beheer, verantwoordelike vryheid, positiewe bestuur, intelligente politiek, effektiewe regering en al daai eerlike noodsaaklikhede dan so onbereikbaar in ons dorp? Oupa het geglo “’n vis vrot van sy kop af” en ek sien hy was reg.

  4. I agree with your statements about the street racing and the poor local government but be very cautious. The DA alternative is not an option as the DA has already proven that it has no will to change things to the better in Oudtshoorn. The proof of the pudding is the no care attitude reflected by the DA councillors and Helen Zille after i have brought the illegal street racing under their attention. I am of the opinion that the police, local bussinesman , the provincial traffic dept as well as members of the local government are directly involved with the street racing. The radio interception story is a cock and bull story. The people involved need to be behind bars.

  5. Dit is seker die grootste tragedie wat hierdie land nog getref het en in Oudtshoorn sien ‘n mens dit so baie duidelik, dat politieke partye die wegkruipplek geword het vir al wat skelm, rower, moordenaar en boef is wat eindelik net daar is om sy/haar eie sakke vol te maak en nie ‘n duit omgee vir veral sy eie mense wat hierdeur benadeel word nie!
    Ek is seker daar is baie, veral van die ou veteraan lede van die ANC wat baie ongelukkig is hieroor, vir wie dit ‘n baie groot probleem geword en wat besef dat as dit nie uitgeroei kan word nie Suid-Afrika op ‘n baie gevaarlike afdraand pad is. ( sekerlik kom dit nie net in die ANC voor nie, baie van die ander kleiner partye is soortvan gestig om op die gravy trein te kom!) Maar die ANC is die oorheersende regerende party en moet die voorloper wees in die skoonmaakproses.
    Ek hoop net dat Madiba nie hiervan te veel weet nie – dit sal sy hart breek!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s