Tragiese motorongelukdood van sakeman

Hugo Erasmus was bekende in volstruisbedryf

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 9 Julie 2012. 09h45. Mnr Hugo Erasmus, wat ‘n verepluk- en inentings-onderneming bedryf het, is gistermiddag omstreeks 18h00 dood toe ‘n aankomende motor aan die verkeerde kant van die rybaan beland het op ‘n draai tussen Oudtshoorn en Safari op die Welgelukpad.

Volgens kaptein Louis Visser van die SAPD het ‘n Golf in die aankomende rylaan beland en het dit Erasmus se BMW X5 aan die kant getref. Die motors het gerol en Erasmus is uit sy voertuig geslinger.

Die drie insittendes van die Golf is in die Oudtshoorn Hospitaal behandel.

‘n Klag van nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek.

Die Welgelukpad is saam met die Volmoedpad en die Kamanasiepad berug vir onwettige renne wat deesdae ‘n enorme probleem in die Suid-Kaap is en sover as Uniondale en Riversdal voorkom. Verskeie plaasboere het al by die provinsiale verkeersowerheid gekla oor die renne op die paaie wat by plase verbyloop.

Dit is tans onbekend of die Golf se bestuurder by hierdie rennetwerk betrokke is.

Die plaaslike provinsiale verkersdepartement is verantwoordelik vir die gebied tussen Uniondale en Ladismith en was tot nog toe onsuksesvol om die renjaers vas te trek. Ondersoeke na hierdie renbedrywighede duur egter voort.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Tragiese motorongelukdood van sakeman

  1. Mense mense mense. Die enigste tyd wanneer daar hase spoed gebruik sal word is wanneer ‘n hoog geplasde se familie/kind in so ongeluk sterf. Let’s face it. Die regering hou van misdaad.

  2. …en so kan ek maar net byvoeg hoe hierdie motors laat aande Baron van Reede gebruik om hul staal te wys, ek verwag enige tyd ‘n noodlottige ongeluk wat hier gaan plaasvind. Al verskoning wat die owerhede gebruik is om te noem dat hul hande afgekap is…kan al hierdie voertuie se nommerplate en besonderhede verskaf, veral die wit 3 reeks BMW, die silwer en wit Citi Golfs, wit Golf GTi, die maroon BMW 3 reeks met die turbo wat so daarvan hou om sy bande te laat fluit, die ou blou Mazda bakkie, ens ens ens!! Ek sal defenitief nie skroom om reg nr’s te begin verskaf nie….

  3. So sit ons elke Sondag dieselfde klagtes deur en gee na die plaaslike owerheid wanneer hierdie jaagduiwels so te se op my stoep hul kwartmyl afjaag. Ons het al vrede gemaak dat ons maar daardie tyd van die dag die pad vermy. Elke keer wanneer ons dit rapporteer beklemtoon ons die potensiele gevare so asof die een aan die anderkant van die lyn dit nie self kan uitredeneer of visualiseer nie. Dit is vir my baie ontstellend dat n onskuldige padgebruiker nou die hoogste prys moes betaal bloot omdat ons weeklikse klagtes op dowe ore geval het.
    Ondersoeke sou nie eers nodig gehad het om moeilik te wees nie, want ons bel altyd wanneer die deelnemers daar in aksie is. Dit is net vir kom aankeer aangesien die pad van twee kante benader kan word en daar geen ander ontsnappingsroetes is nie.
    My hart gaan uit na die naasbestaandes van die BMW drywer.

  4. Hear Hear Anton! – I too have engaged the traffic authorities and senior so-called management at OM for the past 5 years and they are incapable and even perhaps unwilling to put a stop to street racing in and around Oudtshoorn.

    The problem starts with so-called drivers users,- authorised and licensed by our very own “licensing” department (?) in terms of a so-called test procedure.

    With this document in hand and in generally un-roadworthy “missiles”, they scream around our suburbs in an antisocial and fatal manner, extending their “fun” on to the provincial roads at night – usually high on one or other narcotic.

    ……..And our local traffic authorities remain intransigent to the enforcement of the AARTO regulations and laws and, as you rightly suggest, turn a blind eye.

    I too am distressed to hear this news, and the senseless and tragic loss of Mr Erasmus’ life.

    This cavalier attitude by a small number of hooligans operating with impunity and care on our roads has reached epidemic proportions, and the lack of action by people we pay as employees of our Town Municipality and who are supposedly accountable and responsible for our safety, is yet another manifest abomination of the “care less” and self serving so-called ruling party, their maladministration and a sloganeering of “a better life for all crap”.

    RIP

  5. Dit is tragies dat n gerespekteerde geliefde burger van die dorp op so n wyse aan sy einde moet kom Die rede vir die en baie ander soortgelyke ongelukke is direk te wyte aan die swak en onverantwoordelike wetstoepassing van biede die provinsiale verkeer, die plaaslike polisie en die veilighiedsafdeling van die dorpsraad . Ek is vir die afgelope 3 jaar besig om die erns van die straatjaers onder die aandag van die wetstoepaasers te bring. Dit is vir my duidelik dat hulle nie in staat is om die saak aan te spreek nie omdat hulle of self betrokke is of omdat hulle vermoedelik omkoopgeld ontvang. Dit het tyd geword dat die Valke ook hierdie wetstoepassers ondersoek. Op die DA kan nie staatgemaak word nie. Ek het die saak al 3 jaar gelede persoonlik aan Helen Zille raporteer. Sy het net mooi niks daaraan gedoen nie. Hoeveel lewens nog ???

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s