Nuwe voorsitter vir ANC

Sal Wilton Kawa ‘n verskil maak!?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Julie 2012. 09h35. Wilton Kawa en sy ondersteunertakke is gisteraand toegang tot en deelname aan die ANC se substreek-konferensie geweier waar ‘n voorsitter vir Oudtshoorn verkies is.

Die ANC se grondwet – a.26(3) – bepaal dat alle takke van goeie naam en faam (“in good standing”) aan verkiesings kan deelneem.

Maar die Oudtshoorn-kabaal maak nes dit wil en die ANC se provinsiale leierskap – Marius Fransman en kornuite – kyk anderpad.

As die ANC sy éie sake op so ‘n willewragtige manier bestuur, hoe kan Oudtshoorn die ANC met die bestuur van die dorp vertrou!?

So, Gordon April se skandalige burgemeesterskap gaan voortduur… Of hoe?

Chris Jansen, van die Noord-Kaap, is as voorsitter verkies. Dié is glo onder ‘n swaar wolk weg by die departement van onderwys. OO rapporteer weldra hieroor.

Oudtshoorn. 9 Julie 2012. 13h00. OO verneem dat oudraadslid Wilton Kawa, wat op 18 Mei verlede jaar deur die DA se Raymond Wildschut uit die kussings gelig is in wyk 11, vanaand baie waarskynlik as die ANC se Oudtshoorn-voorsitter verkies sal word.

Dit is alombekend dat Kawa Gordon April as ‘n verleentheid beskou vir die ANC en vir Oudtshoorn. Carmichael Ngalo, wat onlangs bedank het op waarskynlike gronde dat hy deur die ANC in Eden herontplooi gaan word, deel volgens ingeligte bronne hierdie mening oor April.

Kawa is selfs gehoor dat hy onlangs gesê het daar kom ‘n tussenverkiesing op Dysselsdorp.

Die ANC het waarskynlik geen gronde om April te skors nie en ‘n tussenverkiesing sal slegs plaasvind as April as raadslid bedank.

Die moontlikheid van ‘n April-bedanking hang saam met ‘n moontlike ANC-besluit om April as burgemeester te verwyder. Al wat die ANC hoef te doen is om ‘n mosie van wantroue in die burgemeester te aanvaar en April word vervang.

Daar word verwag dat April sal bedank as hy as burgemeester uitgeskop word. Hy sal dan sy wyk, wyk 9, as ‘n onafhanklike kandidaat probeer herower sodat hy die ANC ándermaal gyselaar kan hou vir die burgemeesterskap.

April se herverkiesing is allermins ondenkbaar. Hy is steeds uiters gewild op Dysselsdorp. Ingeligte waarnemers is dit eens dat die onlangse betogings teen April op Dysselsdorp slegs deur ‘n handjievol mense ondersteun is. Daarom kan April wyk 9 baie moontlik as ‘n onafhanklike behou in ‘n tussenverkiesing. ‘n Onafhanklike April-kandidatuur in wyk 9 sal egter ongetwyfeld in die DA se guns tel wat ‘n drie-pêreresies makliker sal wen as ‘n twee-pêreresies met die ANC.

Intussen is die NPP se dan-sús-dan-só rondvallery besig om ‘n helse verleentheid te word vir sy leier, Badih Chaaban, wat desperaat probeer om ‘n gelerige “Skoon Regering-vlaggie” bo die modder waarin die party verswelg word te swaai.

Dit is ‘n feit soos ‘n koei dat die NPP se nasionale uitvoerende vergadering drie weke gelede besluit het om die ANC-koalisie op Oudtshoorn te verlaat. Nadat die ANC se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, glo by Chaaban gaan pleit het, het Chaaban blykbaar besluit om die ANC tot 26 Julie te gun om sy huis in orde te kry – om April te vervang en om die appèl teen die Paulse-uitspraak te onttrek.

Chaaban het sy “Oudtshoorn-leierskap”, by gebrek aan ‘n toepaslike woord om Johannes Stoffels se “posisie” te omskryf, opdrag gegee om spoedeisend ‘n raadsvergadering te belê, maar Stoffels het slegs ‘n halfhartige poging aangewend om ‘n vergadering te belê en het stert tussen die bene weggesluip toe die onbevoegde (per hooggeregshofuitspraak) munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, die speaker ‘n vergadering geweier het – bid jou aan – op gronde dat die burgemeester afwesig was en Ngalo se vakature nog nie verklaar was nie.

Stoffels het dié sotterny en koeterwaals (Boerneef) gesluk en tou opgegooi.

OO is natuurlik die oorwoë mening toegedaan dat as ‘n mens die kollektiewe ANC op Oudtshoorn in die maag sou kon skiet, Stoffels in die kop getref sal word. Die Vlancio Donson-teiken sou heeltemal te klein wees om getref te word.

Chaaban moet uithaal en wys.

Nadat OO hom gekonfronteer het oor Stoffels se minagting van die NPP-besluit, het Chaaban op 2 Julie só gereageer: “I never backed down. I said I don’t want to approve in a Council Meeting that legal action does get taken. I want the Mayor to get [omitted] on. [I want a] fruitless and wasteful expenditure charge, with the DA pursuing the matter and this [omitted] must reimburse all monies spent because it is not the place of the Municipality to appeal but the MM in his personal capacity. That was my instruction to [omitted].”

So… wat gaan gebeur?

G’mêns weet nie.

Maar iéts moet breek. So wrágtag!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

8 thoughts on “Nuwe voorsitter vir ANC

  1. Zukile, you are a typical ANC cadre – a lying cretin. Wilton is driving his wife to work as I write.

  2. Watter ” ordeal” verwys jy na Zukile – As die ANC jou toegang weier by ‘n konferensie moet jy weet jou dae is getel in die organisasie en is jy nie meer deel van die kader nie. Kawa het nie geweet dat die klein mannetjie van Dysselsdorp meer mag in die ANC het as hy nie., moet nogal ‘n reuse gatslag vir Kawa se ego en selfbeeld wees, miskien is dit tyd dat hy ‘n sielkundige gaan sien. SHAME

  3. Zukile – Like the ANC you are a disgrace to the people of Oudtshoorn and the readers of OO

  4. ZUKILE, quite embarassing i would say to talk about yourself like this on such a widely read public forum. Nice to know the shoe fits. Let us know when you get discharged so we can send you “the donkey card ” to speedy recovery

  5. Ons wag in spanning vir Kawa en Chaaban om vinnig en genadeloos op te tree. Ek het mos verlede week gemaan dat April eersdaags werkloos mag wees.

    Daar’s baie werkies vir April op daardie vuil papierverwaaide skandalige natuurramp en oogseer van n Deyseldorp se stortigsterrein. Daars altyd n werkie vir n persoon wat wil werk en kwalifikasies speel nie n groot rol hier nie, net eerlike ywer !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s