Klein politieke partytjies knor

Voetsoolvlak spanning in Icosa oor leiers se gedrag;
NPP se asemhalingstelsel op die drumpel van ontkoppelling

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 6 Julie 2012. 15h30. Icosa, die party wat deur die veroordeelde kinderverkragter, Jeffrey Donson, beheer word, dagvaar ‘n partylid en Oudtshoorn se voormalige onderburgemeester, Barry Linden, vir byna R6,000 in agterstallige partybydraes.

Dit is algemene gebruik dat politieke partye maandeliks ‘n persentasie van hulle funksionarisse se inkomste uit die politiek opeis. Die NPP eis tor 35%; Icosa 10%

Toe Linden in Julie verlede jaar onderburgemeester geword het as beloning vir Icosa se steun aan die ANC, kon Icosa 5 aanstellings maak in die onderburgemeester se kantoor:

Bradley Benades het die kantoorbestuurder geword, alhoewel daar klagtes onder partylede is dat hy meer in Kannaland is, waar hy woon, as op Oudtshoorn, waar hy ‘n goebetaalde werk het en ‘n plaaslike Icosa-lid uit dié lekker joppie hou.

Innocentia Sevierus, Jeffrey se dogter, het die persoonlike assistant geword.

Linden se skoonsuster, Maria Erasmus is aangestel om gemeenskapsdiensontwikkeling in die onderburgemeester se kantoor te behartig, maar is deesdae ‘n skoonmaker in die munisipale kombuis. Die vraag ontstaan onwillekeurig watter kwalifikasie Maria in Julie 2011 gehad het om ‘n spoggerige jop te kon losslaan as sy deesdae die kombuis skoonmaak.

‘n Kleinseun van Linden, Dmitri Linden, is as ‘n adminklerk aangestel.

Icosa se kandidaat in die Oktober 2010 tussenverkiesing in Bridgton, Miena Fortuin, is ook as ‘n adminklerk aangestel. Dié het geweier om 10% van haar inkomste aan Icosa af te staan en werk deesdae in die Tusongsentrum waar sy betrokke is by openbare deelname.

Die verhoudin tussen die plaaslike Icosa-lede en die Donson is glo versuur omdat Icosa mense van buite Oudtshoorn aanstel en plaaslike mense oorsien. So kom ene Janine, wat in harld Lekay se kantoor werk; en ene Wayne, van George en hou Oudtshoorn-kaders uit ‘n werk.

Die dagvaardiging wat aan Linden bestel is, is volgens beswaarde Icosa-lede slegs ‘n plaan om nog ‘n Oudtshoorn-lid uit te werk en te vervang met iemand van buite Oudtshoorn: Dawid Kampher van Mosselbaai.

OO het vroeër vandag ‘n interessante gesprek gehad met ‘n ongelukkige senior Icosa-lid.

Dié weet te vertel dat die raad beheer word deur die sg Fransman-kliek: Gordon April; Jurie Harmse; Piet Luiters; en Hendrik Ruiters.

Carmichael Ngalo is dié kliek se nemesis. Ngalo kan die viermanskap glo nie verduur nie en Ngalo se bedanking het meer met sy wrewel in April te make as sy herontplooing na die Eden-distriksraad.

Een van die groot ongelukkighede oor die viermanskap is die R5,000 wat die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, onlangs goedgekeur het vir die dwelmrehabilitasie van Harmse se seun, Pieter-Lee, wat ‘n tydelike pos in die departement van plaaslike ekonomiese ontwikkeling het. Die jonge is ‘n “intern” aldaar.

Hierdie foto is onlangs deur ‘n voormalige ANC-raadslid geneem terwyl Pieter-Lee ben Jurie toegewyd aan die werk was:

Intussen blyk dit dat die NPP se wanhopige standpunt vir “skoon regering” baie binnekort die doodskoot gaan kry. OO verneem dat Badih Chaaban se party volgende week tot in sy wese geskud gaan word wanneer bepaalde ontknopings openbaar word.

Niemand kan sê OO het nie gewaarsku nie…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Klein politieke partytjies knor

  1. When Pieter -Lee ben Jurie was allegedly confronted by a college saying; ” Ma wat maak djei nou in die snapshot hierbo, sit en niksdoen nie bro ?”

    En toe antwoord ta; ” Ek doe vadag waarmee ek nie gister kla gekry het nie bro, dis harre wek tjom !”

  2. Why condem the smaller parties for this practise. They are only allowed to do this with the condonation of the bigger paties. In fact they learned this practise from the bigger parties. ANC call it Cadre redeployment and DA call it staff establishment and restructuring.Do not worry Outshoorn is not the only town that does not have compitant local people that can be employed by their municipality. Stellenbosch which has is a world reknow university cannot produce local qualified personnel to municipality. DA has also imported politicians to Stellenbosch via Waal Strestreer Cape Town.

  3. Die probleem met niks doen, is tweevoud, eerstens weet jy nie wanneer jy genoeg, niks, gedoen het nie en of jy dit goed genoeg gedoen het nie, en twedens, niemand wardeur wat jy “nie” gedoen het. “nie”. Dan kom die probleem as die mense wat jou daar gesit het, ook onteverede raak, dan is dit n kwesie van om te doen of nie te doen nie!

  4. Dozy – just one of the dwarfs running our administration – at least he’s at his desk!

  5. Ai, hoe maak die kiekie hierbo die Blou Bulle se naam krater. Hy sou beter gelyk het in n gestreepte trui/oorpakkie. In die ou dae is so n Klaas Vakie op die plek afgedank, maar nie hierdie spul trogvretende Klasies nie. Hul voeg waarde tot die knapies aan die onderend van die voedselketting, of hoe.

    SERVICE DELIVERY AT ITS BEST !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s