Korabie probeer Barrow skrik maak

Raad se nuwe prokureur probeer spiere maak. Dit werk nie.

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 3 Julie 2012. 14h52. Duncan Korabie, ‘n prokureur van Wellington, wat om die een of ander onverklaarbare rede deur Sy Uitvoerende Onbeholpenheid aangestel is om die Paulse-appél te behartig het verlede week eksepsie geneem teen Nic Barrow se houding oor die weë van die Aa-En-See, veral met betrekking tot die appèl:

Barrow het toe vanoggend só gereageer:

Nou ja toe.

OO sukkel vrééslik met dié appèl: Mnyimba het slegs 4 van die 13 bevoegdhede om ‘n munisipale bestuurder te wees onder die knie – OO lesers weet dit al sedert 11 Desember verlede jaar, en die hooggeregshof het dit op 1 Junie bevestig.

Watter gronde is daar vir appèl!? Wel, Korabie het probeer. Die stukke lyk maar dunnerig.

Intussen is die onbevoegde Mnyimba steeds op Verwardplein doenig.

Berge val op ons; heuwels bedek ons!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

17 thoughts on “Korabie probeer Barrow skrik maak

  1. Anarchy, jou skok is ooglopend misplaas.
    vir jarrrre al waarsku en ontbloot Nick en OO die uitbuiting en korrupsie vir eie gewin van die endemiese trogvreters, maar min maak beswaar daaroor. Noudat Nick n “spade n spade” noem, nou is mense kwansuis geskok.
    Weeseerder geskok oor die onverpoosde korrupsie en aanhoudende uitbuiting.
    TYD vir REGUIT PRAAT is hier !
    Kom alle Suid Afrikaners staan saam teen KORRUPSIE in enige form ! Strekte !!

  2. @ Joss – interessant die nuusberig wat jy aanhaal. Kan nie dink dat dit vreeslike akkurate inligting bevat nie, aangesien daai joernalis verwys na Korabie as ‘n advokaat terwyl hy baie duidelik ‘n prokureur is. Maar dit daar gelaat. Die appel is ‘n belaglikheid, die advokaat vanaf die Oos Kaap sorg mooi vir sy eie sak hier met die Oudtshoorn belasting betalers se geld. En Korabie ry maar lekker saam op die wa. Wat Oudtshoorn se Mnr. Barrow aanbetref, moet ek erken ek is geskok met sy brief aan Korabie en kan vir geen oomblik dink dat dit professioneel is nie. Ek wonder wat die Wetsgenootskap daaroor sal se.

  3. Al wat dit gaan kos is 1 saak waar die raadslede en / of burgermester die gemeenskap moet trug betaal uit eie sake, om die verneukers wat soos kanker in ons raad sit, te laat heroorweeg wat hul daar doen.

  4. Na die FW De Klerk Stigting se Verklaring oor Fransman se medepligtigheid om publieke ongehoorsaamheid op te stook met totaal ongegronde redes glo ek Fransman en sy meelopers, sy Edele Conradie ook, aangekla word by die gelykheidkommissie , SAP en ander organisasies om hierdie boewery eens en veraltyd vas te vat.

    Dis alombekend dat baie in die ANC in korrupte boewe en diewe omgedraai het en ware demokrasie is in die spervuur.
    Die eerlike en ingeligte publiek sit stadig maar seker hul voet neer, dis hoekom de ANC stemme verloor !

  5. Not to interfere in the administration of the municipality. My m..r. Wat ‘n bespotlikheid. Jou ou grapmaker!

  6. Nic & Sipo ja ons weet dat dit n tyd koop aksie is, wonder net wat is die kanse van nog n 1st vir Oudtshoorn, Laat die burgermeeester uit eie sak betaal vir sy onnooslikheid!

  7. Sipho

    Ek het baie lanklaas op OO geskryf, maar jou kommentaar het my aandag getrek.

    Ek stem natuurlik saam dat die appèl ‘n absolute vermorsing van belastingbetalersgeld is en dat dit van die swakste moontlike regsadvies spreek.

    Ek is verheug om jou stem van rede te hoor en ek wonder of ons iets kan doen om ons dorp uit die kloue van wanadministrateurs te red.

    My deur is oop as jy wil praat.

  8. OO I don’t care who gave what instruction but I am clear that this is an unnecessary step from the Mayor and will cost us a lot of money and somebody must pay. The legal advice the council received on this matter is bad advice I am sure that I can go to to ten lawyers and all will advise against appealing the case because there are no prospects of getting a different version.

  9. Sipho, it is your Marius Fransman who personally instructed that the Paulse verdict be appealed!! This outrage is for the ANC’s exclusive account!!

    Joss, einste dieselfde Korabie!

  10. Sipho Kroma – Een man wat helder en nugter dink maar so het ons jou nog altyd geken.

  11. OO is dit dieselfde Korabie wat behulpsaam was met die Teewaterskloof drama, ek haal aan uit ‘n berig oor die aangeleendheid ” Recent protests in Grabouw and Villiersdorp (both in the Theewaterskloof municipality) were planned months in advance by an ANC task team established with the objective of reclaiming power in Western Cape councils through any means necessary.

    The politics behind these events explains clearly why violence and vandalism continue in these towns despite resolutions being found over a week ago to the alleged reasons for the protests.

    The political context behind the protests is as follows:

    An ANC task team is attempting to destabilise the Theewaterskloof municipality and other places where the DA governs.
    The members of the task team are Marius Fransman (ANC Provincial Chairperson), Fezile Calana (ANC Provincial Treasurer) and Advocate Duncan Korabie, an ANC-affiliated legal professional.
    The task team uses the strategy of attempted bribery to persuade DA councillors and coalition partners to sign motions of no-confidence in the council leadership, thus forcing by-elections where the ANC can contest power.
    If negotiations fail, local activists are co-opted to foment violence under the guise of “service delivery protests”.

  12. I really do not agree with the decision of the Mayor to appeal the finding of the court on the appointment of Mr Mnyimba I really think he is not supposed to be at the municipality on the basis of the clear finding by the judge It is clear to me that the municipality will not be able to get the decision to be changed by any other court.

  13. KORABIE – Vir jou inligting is die munisipaliteit en sy werknemers asook die Raadslede in diens van die belastingbetalers en het Nic Barrow sowel as elke lid van die publiek die volste reg om in te meng en hulle misnoë te lig oor die wanadministrasie en verkwisting van belastingbetalers se swaarverdiende geld. Feit is verder dat Barrow die meerderheid van die belastingbetalers van Oudtshoorn verteenwoordig. Ons hoop en vertrou dat die Agbare Burgemeester, Mnr Gordon April, u regsfirma uit sy eie persoonlike rekening betaal en nie met belastingbetalers geld nie,

  14. Ek verneem dat van Wellington se mense glo dat almal in Oudtshoorn in vere Paleise woon, en as jy in n paleis woon het jy geld en as die inwooners geld het, het die raad geld! Hoop net die agbare Mnr Konrabie het sy betaaling vooruit gekry. In dien nie sal ek hom aanraai om Mnr G Aprill die kostes so gou moontlik te betaal uit persoonlike rekening as moet.

  15. Sjoe, en Korabie kan ook nie juis ‘n goeie brief skryf nie. “your conducted” en “advise to our clients”.

  16. Pragtig OO, pragtig Nick
    Die dae waar munisipaliteite die publiek kan boelie is verby en CONRADIE sal dit nog besef.

    Reelings tussen belastingbetalers en SALGA gaan n stokkie hiervoor steek. Lees maar self persverklarings
    Ek lees ODN se amptenary is vol skelms. Wil Koradie bietjie hieroor uitwei noudat hy ingelig is, of gaan hy liefs anderkant toe kyk en moet Barrow op sy eie houtjie negotiorum gestio toepas.

    Koradie, jy het n lamsakkige klient en blaf teen die verkeerde boom. Al wat gaan skade ly is jou sak en jou reputasie – want jy is mos nou ingelig. STERKTE !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s