Thembani Gutas! Wie onthou nog vir Thembani Gutas!?

Jansenville se nuwe munisipale bestuurder

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 30 Junie 2012. 08h30. Nou wil jy so wáár-ág-tíg-lík meer!

Thembani Gutas staan nou Thandekile Mnyimba, oor wie die hooggeregshof op 1 Junie gesê het dat hy nie die kwalifikasies en ondervinding het om Oudtshoorn se munisipale bestuurder te wees nie, se piepklein skoentjies vol op Jansenville… en daar’s perdalkies nog plek in die plakkies. Thembani is deesdae dié stofkolletjie se munisipale bestuurder.

Oudtshoorn se destydse direkteur korporatiewe dienste, die einste Gutas, is op 28 Augustus 2009 deur die toendertydse waarnemende munisipale bestuurder, Wessel Rabbets, geskors. Die veragtelike bestuur van die dissiplinêre proses is een van Oudtshoorn se mees onlangse mees skreiende skandale oor raadsonbeholpenheid – aan béide kante van die afgrond waarin die DA en die ANC beurte neem om die dorp in te bestuur..

Die amptenare en raadslede wat met hierdie saak gemoeid was het nie genoeg bestuursvermoë om skaamte te ervaar nie.

Gutas is in Augustus 2009 nie geleentheid gegun om op sy skorsing te reageer nie en die skorsing is op 25 September opgehef, net om weer op 30 September herstel te word – wéér sonder dat Gutas kon reageer.

Op 12 November 2009 ontvang Gutas die eerste kennisgewing van dissiplinêre aksie teen hom – 17 klagtes. Die oorspronklike klag – oortreding van die gedragskode vir werknemers, het nie op hierdie klagstaat verskyn nie.

Die verhoor is aanvanklik geskeduleer vir 11 Januarie 2010, maar, soos die munisipaliteit se destydse regsverteenwoordiger, en deesdae wéér, adv Patel, in sy opinie gesê het, “there was an unexplained lull on (sic) the matter up to October 2010…”

Op 26 September 2011 ontvang die munisipaliteit ‘n brief van Gutas se prokureurs, Herold Gie, wat só eindig: “Our client has suffered a (sic) irreparable damage to is (sic) reputation as well as his financial situation in the form of legal costs, which have been occasioned by the unfair and unlawful conduct of the disciplinary proceedings by the Municipality.”

Om ‘n baie lang storie kort te maak: Nadat Gutas sy volle salaaris betaal is sedert hy die eerste maal geskors is, het die raad 29 September 2011 ‘n skikkingsbetaling van R450,000 (belasting úitgesluit; dus sowat R690,000) goedgekeur.

Die belastingbetalers van Oudtshoorn het Thembani Gutas R1,607,133 betaal vir die tyd dat hy geskors was… en toe weer nóg R690,000.

Daar moes volgens die skikking bepaalde geld van Gutas verhaal geword het, maar die kaders het dít toe nie aan hulle maatjie gedoen nie.

Oudtshoorn se amptenare en raadslede gee eenvoudig nie ‘n swernoot om hóé belastingbetalers se geld vermors word nie.

Om die saak in perspektief te probeer stel: Met die geld wat aan Gutas uitbetaal is, kon 20 huise in Rosebank, byvoorbeeld, gebou word.

Gutas se manewales op Oudtshoorn sluit hierdie juweeltjies in:

Gutas het sy goeie vriend, ThembuxoloTyatya – tja, éinste! – in die verkeersafdeling bevorder van posvlak 9 na posvlak 5 (R14,131 per maand) in weerwil van die feit dat daar nie vir hierdie verhoogde personeelkoste begroot is nie.

Gutas was, as waarnemende munisipale bestuurder, bewus daarvan dat Tyatya destyds in ‘n dispuut met die raad gewikkel was en dat die bevordering beteken dat die raad die geding kon verloor. Gutas het dus die raad se regsposisie gekompromitteer en die raad ondermyn deur die begroting te ignoreer.

Voorts het Gutas Tyatya ‘n waarnemingstoelaag betaal waarvoor Tyatya nie gekwalifiseer het nie – die toelaag is wetlik slegs betaalbaar as ‘n amptenaar ten minste 14 dae waarneem; Tyatya het 12 dae waargeneem; Gutas het 15 dae toegeken. Gutas het kennelik data gemanipuleer en die wanvoorstelling kos die belastingbetaler onbegrote geld.

Dat Tyatya en ene Blou – destyds aangestel om uitpasering te koördineer – saam ‘n bestuurskool besit het, dui vir OO ten beste op ongesonde oordeel aan Gutas se kant; KFC se aankoper kan immers beswaarlik vertrou word om ‘n hoender safehouse te bestuur.

Gutas het sy neef, Vuyisa Forplay, bevorder van hoofgids by die Kango Grotte (posvalk 9) na Assistent Regasdviseur en Kontrakte (posvlak 5 – R14,131 per maand) in adv Chantell Williams (OO-lesers sal dié mislukking onthou) se kantoor. OO het destyds sy begrip te kenne gegee vir die feit dat ‘n mens teen twee stelle trappe moet afklim na die regskantoor en dat ‘n spelonker se bepaalde vaardighede ten minste kan verseker dat hy vir werk opdaag, maar daar was slegs vir een assistant regsadviseur begroot en die belastingbetaler moes toe vir Forplay se bykans R170,000 per jaar salaris opdok.

Gutas het ‘n boesemvriend van die destydse ANC-raadslid, Wilton Kawa, ene Booysen, in administrasie aangestel terwyl Booysen nie eens aansoek gedoen het vir die pos nie. Booysen is ‘n voormalige onderwyser en het geen ondervinding of kwalifikasies in plaaslike bestuur nie.

Op Gutas se wagbeurt is die voormalige SAPD administratiewe klerk, ene Masola, as GOP-bestuurder aangestel ondanks die feit dat hy slegs matriek gehad het en nóg die kortlys van Gutas se voorganger, nóg die kortlys van die unies gehaal het. Masola het geen plaaslike owerheids-ondervinding gehad, soos in die advertensie vir die pos vereis, nie. Daar is hardnekkige gerugte dat Masola óók ‘n neef van Gutas is.

‘n Tydelike aanstelling van ene me Manuel is volgens die Independent Municipal and Allied Trade Union (IMATU) en die South African Municipal Workers Union (SAMWU) op bedrieglike wyse gedoen.

‘n Bron naby aan die munisipale bestuurder se kantoor het destyds aan OO gesê dat bepaalde amptenare ten duurste – ‘n bedrag van R300,000 is genoem – derdeparty opleiding ondergaan omdat hulle nie voldoende kwalifikasies en ondervinding het om hulle verantwoordelikhede na te kom nie.

Raadslede wat bewus was van hierdie ongure omstandighede en absoluut níks aan die saak gedoen het nie, is die eintlike skuldiges! Die Gutas-saak moes al tydens Diane de Jager se DA-regering afgehandel gewees het. Hoe dúrf mense wat Oudtshoorn se kiesers verteenwoordig hulle rug op sulke blatante manipulasie van die stadsregering draai!?

“Politiek”, het Ronald Reagan per geleentheid gesê, “is die tweede oudste professie, maar toon vele ooreenkomste met die oudste professie.”

OO verskil met Reagan.

Politici was eintlik heel eerste: wie dink jy dan, my lankmoedige leser, was verantwoordelik vir die “woes en leeg” van Genesis 1, vir die chaos voor die skepping?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Thembani Gutas! Wie onthou nog vir Thembani Gutas!?

  1. Ha….haa you are a looser Drewan, how about DA to employ Alan Paulse in George…. Keith Jordaan and Walter Hendricks all in George Municipality.?

  2. janpierewiet – die probleem met vakbonde is dat hulle blaf meer werd is as hulle byt. Jy sien hulle is ook maar net amptenare wat nie durf waag om om te veel geraas te maak nie en moet saamspeel in die politeike speletjie anders is hulle, hulle werk kwyt. SAMWU is dan ook een van die koalisie vernote van die ANC en kan geen besluit of aanstelling van die ANC kader teengaan nie, om die waarheid te sê is elke aanstelling wat deur die ANC gemaak word ‘n nuwe lid vir SAMWU in sy strewe na nuwe lede. Hoekom dink jy gaan dit so pateties soos wat dit al vir jare gaan by Oudtshoorn Munisipaliteit. Vakbondverteenwoordigers hang om die ANC raadslede soos brommers om ‘n vrot dier en daar word selfs saam ” ge-party” op die belastingbetalers se swaarverdiende geld.

  3. Wie is die vakbonde wat mens nie sien of hoor op die dorp nie…klomp string puppets vra jy my…want die nonsens gaan voor hulle….& hulle bekke is styftoe…is hulle dan nie deel van prosesse nie…..

  4. Mnr die redakteur te OO jy doen goeie werk met jou direkte terugvoering oor goed in munisipale in naby gelee gebiede wat aangaan. miskien n simpel vraag oor als.. ek lees in citypress dat tot die delegates op die beleids konferensie het aangedring dat baantjies vir incapable boeties moet stop…so mens sal verwag dat hierdie soos die aanstellings gaan binnekort stop & uitgewis sal word…want sjoe so kan die twak nie aanhou sonder skaamte nie…..hou jy so aan…

  5. Dieselfde Louis Booysen waarna jy hierbo verwys, neem deesdae waar in die plek van die geskorste bestuurder council support services, Mnr Visagie. Booysen is so incompetent as wat hulle kom. Hy het egter n voordeel bo baie – Booysen is n groot pel van Worsie Forplay. Almal weet dat Booysen vir Forplay finansieel ondersteun het en gehelp het om op die provinsiale bestuur vd ANC te kom. Booysen se bevordering is pay-back vir sy ondersteuning van Worsie Forplay.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s