Gordon gooi ‘n vloermoer

Sy Onnoselheid vat die polisie aan oor die klopjag op die lisensiekantore

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 29 Junie 2012. 12h15. OO verneem gesaghebbend dat die uitvoerende verleentheid van die Groter Oudtshoorn, daardie standerdvierklong van Dysselsdorp, Gordon – The Stoned Sandman – April, Dinsdag tydens ‘n vergadering met ondersoekbeamptes belas met lisensiebedrog op Oudtshoorn, ‘n opperste vloermoer gegooi het omdat die SAPD se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad (EGM) hom wat Gordon is nie ingelig het oor die ondersoek nie.

Nou wil jy wrágtag meer!?

Presies hóé verdowend moet April se kop nou werklik raas om te kan meen dat die polisie hóm sal inlig oor ‘n misdaadondersoek waarby amptenare van die munisipaliteit moontlik betrek kan word?

April se gedrag is nie ‘n verrassing vir OO nie; OO verwag sulke reaksies van mense soos Gordon.

In polisiekringe word verontwaardig verwys na April se houding gegewe dat onse verleentheid eens kantore skoongemaak het in die polisiegeboue en toe daar “weggewys” is… En nou na al die jare wil hy wat Gordon is die polisie kom voorsê hoe om ondersoeke te hanteer.

Nou ja toe.

Terloops, OO is skuins teen die grond bedônerd, nes André P Brink se “Meester” (Gert van die storie Die Slang se oupa) oor daar vir die media gelieg is – dit was allermins ‘n misverstand – oor die taakspan wat die lisensiebedrog oopgevlek het. As OO van meet af aan nie mislei was nie, sou hierdie storie dalk vroeër vertel kon geword het.

Dit was nié die Valke nie – OO het hierdie lot in elk geval die “Dead Parrots Society” genoem – na Monty Python se beroemde skets en die 1989-moewie van Peter Weir.

Dit was Oudtshoorn se eie EGM wat hierdie ondersoek gedoen het; wat die klopjag beplan en suksesvol uitgevoer het; wat die ondersoek met doeltreffende en doelgerigte intelligensie doen; wat arrestasies maak; wat ‘n helse bedrogspul op Oudtshoorn oopgevlek en uitgewis het.

Aan hierdie hardwerkende polisiemanne en – vroue: Baie hartlik dankie! Van al die mense op Oudtshoorn.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Gordon gooi ‘n vloermoer

  1. Gordontjie se dae is laaaaaankal reeds getel. Hoe meer hy raas, hoe meer is dit bevestigend daarvoor dat hy reeds weet dat hy eersdaags werkloos mag wees.
    Is daar n maatskappytjie wat werkies het vir klipgooiertjies ? Dalk wil hul eers weet hoe raak en sekuur hy kan mik en gooi, met daardie shades van hom op, voordat hul n onderhoud in Deyseldorp se dumpjaart toestaan, daar so tussen al die verwaaide papiere en publieke oogseer, want op politieke, akademiese en persoonlike vlak sit hy die potjie so aanhoudend en gereeld mis met n myl. Sy agterstewe moet al seker seer wees van al die potte so alewig mis sit ? Is dit dalk waar die gesegde vandaan kom; “hy het sy gat gesien ? ” Miskien nie, want in hierdie geval lyk dit of die gesegde eerder verander moet word na; “Hy het sy gat so oor en oor en oor gesien, of hoe ? ” Ek vra maar net !! Gewoonlik leer skerp mense met die eerste intrapslag of missit !

    Wat Carlisle betref vra ek, is hy self ook jeens die Hawks en EGM betrokkneheid mislei, of weet hy self nie te lekka wat aangaan nie ?.
    Onthou, Carlisle is n politikus wat Chapmans Peak debakel lekker “help opvoeter”, so besluit maar self wie het vir wie mislei ! Wonder of dit Carlie en Bredell was wat noudie dag saam gesien is ? – ‘birds of a feather flock together ! ” ne !!

  2. Vloermoer Hehehe! dit pas by hom ! en ja hy is nou sy KAT kwyt! of dalk gaan hy nou nie die licience kan kry nie.

  3. Het Gordon se familie nie ook n bestuursskool nie? Mense van Dysselsdorp reken so. Dalk is hy bang dat iemand uitvind, hy het n vinnger in die pasteitjie. Geluk EGM! Trots is op julle. NIKE draf sommer nog n exstra myl vanaand vir julle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s