Johan Koegelenberg reageer op sy “kangaroe-verhoor”

“Ek soek antwoorde”

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 21 Junie 2012. 06h30. Die DA-raadslid van Eden, Johann Koegelenberg, wat op 11 Junie onbelemmerd uit die streekshof op George gestap het nadat klagtes van omkopery teen hom en twee kollegas ontslaan is, het gister in ‘n sterk bewoorde mediaverklaring uitgereik oor ‘n jaar se politieke agterbaksheid en administratiewe onverantwoordelikheid:

Dit was met natuurlike verligting, maar sonder verbasing dat ek op 11 Junie in die George streekhof aangehoor het hoe streeklanddros Eugenia Jacobs bevind dat die staat se getuies so swak en ongeloofwaardig was in die futiele omkoopklag teen my dat geen saak uitgemaak kon word nie. Jacobs het my prokureur se aansoek om ontslag toegestaan.

Ontslag is beter as ‘n bevinding van onskuldig want ontslag beteken dat daar nooit enige saak teen my gemaak moes gewees het nie; ontslag beteken dat ek nie eens nodig gehad het om myself teen die ongeldige en verregaande klagte van omkopery te verdedig nie.

Ek het niemand omgekoop om sús of só te maak nie en die hof het bevind dat die opportunistiese poging van my politieke vyande om my te inkrimineer en verdag te maak geen gronde hoegenaamd het nie en dat ek nie eens tereg hoef te gestaan het op hierdie verspotte klagte nie.

Na ernstige nabetragting kan die saak egter nie daar gelaat word nie.

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik hoe dit enigsens moontlik was om my op ‘n interne verhoor skuldig te bevind op dieselfde klagte as wat die streekshof bevind het géén meriete het nie.

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik hoe dit kon toesien dat R170,000 vermors word op ‘n politieke skelmstreek om my geloofwaardigheid en aansien verdag te maak.

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik hoe adv Fareed Stemmet, wat intussen van die rol geskrap is, en wat deur my sogenaamde gekonkel benadeel sou gewees het, as voorsittende beampte van die kangaroe-tribunaal wat my intern verhoor het aangestel kon gewees het.

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik hoe raadslid Carmichael Ngalo, wat my op 8 April 2010 in die openbaar gevloek en beledig het, ‘n lid van hierdie kangaroe-tribunaal kon gewees het.

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik waarom ek en my regspan toegang tot tersaaklike dokumentasie geweier is

Die Eden Distriksmunisipaliteit moet verduidelik waarom daar met die klagstaat gepeuter is.

My koalisie-kollegas op die tribunaal moet verduidelik waarom hulle my nie ondersteun het nie – terwyl die klagte teen my versonne was, soos die hof inderdaad ook bevind het.

Ek behou al my regte voor.

Daar is nóg iets; iets wat OO nie verstaan nie.

OO het aan die minister se kantoorhoof, Marius du Randt, geskryf vir ‘n verduideliking:

Die aangehegte mediaverklaring van raadslid Johan Koegelenberg van die Eden Distriksraad verwys.

Dui asseblief spoedeisend per kerende e-pos aan waarom die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering die interne skuldigbevinding nie hersien het nie; en nie tersyde gestel het nie.

Die saak is so dwingend dat u my toestemming het om nie ‘n kennisgewing van ontvangs te liasseer nie en direk tot ‘n verduideliking oor te gaan.

OO het selfs nog nie eens ‘n erkenning van ontvangs gekry nie.

Al het die lyne onmiddelik ná die vrystelling van Koegelenberg se verklaring begin gons.

Soos gewoonlik, my lankmoedige lesers, vra OO nie vrae waarop hy nie reeds die antwoorde het nie.

Maar die agbare Bredell sal die feite moet gee. Soos die Soute sê, he needs to place the facts on record.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Johan Koegelenberg reageer op sy “kangaroe-verhoor”

  1. Die DAcievers verneuk hul eie koleega’s, Dankie tog die lidmaatskap hernu datum is verby en ek is van hul boeke af!

  2. Vraag is, bly Bredell bly n absolute verleentheid vir die DA ? Hoe lank gaan hy nog toegelaat word om bakhand te staan vir sy salaris terwyl dinge onder sy “leiding” geignoreer word en hoe laaaaank gaan Zille hom nog gedoog ?
    Vraag bly op almal se lippe, is hy bevoeg vir sy amp ?

    Lyk my Koeglenberg het meer vyande “within” as daar buite (aangesien alle ingeligtes laankal weet dat die ANC die arme belastingbetalers uitbuit en stelselmatig verarm en verwoes – kyk nou maar net na die Polisiehoofde se kriminele rekords, die huidige onderwysskandaal ens ens ens ens)

    Dis n kwessie van tyd todat hierdie trogvretende ANC parrasiete, stropers en hul meelopers ons by n Griekse dilemma gaan uitbring en n onafhanklike Oudit Komitee seer sekerlik nog gaan bevind dat ons opgehoopste “publiejke ” skulde, “odious debt” is en aan die trogvreters in hul persoonlike hoedanigheid toegereken moet word.

    Hier kom groot sports, “watch net”, Moodies en andere gaan SA aanhou afgradeer todat dit te laat is en ons verby die ‘tipping point” is. Skaars 34 munisipaliteite uit ongeveer 287 staan nog gesond !!!

    By ‘spectacular implosion”, wie gaan die Malemat’jies en gatvliee dan blameer? Natuurlik, imperialisme, apartheid, swak wereld ekonomie ens ens – nooit ooit hulle nie, ALTYD iemand anders, al word hul aanhoudend ‘red handed gevang” met hul hannetjies in die till.

    Die geldvloei droog uiteindelik op en nou soek hul soos Mugabe plase banke en myne want die massas byt aan hul hakskene. En wat daarna as dit ook als verkwansel is Mnr Fransman ?? Cherrie oppie koek, daar gaan gee Zuma R2 biljoen aan die IMF sonder publieke insae en armoede vier steeds hoogty en SANRAL kan nie eens sy rekening betaal. Lyk my helfte van die regeringslui het matriek “without sums” – of is dit andersom, die spul sukkelaars ??

    En die Staat wonder/weet steeds hoekom die Arabiese “Spring uprising” plaasvind – “without sums” kan, wil of sal jy mos nie ooit wil leer nie !! Nou ja toe, wonner wie vir al die kabouters ingestem het ? Chikane wonner nou self !! “Mandela / Tutu must be hanging their heads in shame, wondering how it is possible that their rainbow nation is being destroyed by the once “Libiraaitjen moevemint”,right in front of their eyes. Have the ANC now become an ‘Enslavement Movement’ ??

    “Things can and will only change when people have suffered enough, clearly the exploited masses arn’t there yet ,whilst false propaganda marches ahead relentlessly, perpetrated from above !”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s