Verrassingsinspeksie by die vliegskool!

AIFA onder die vergrootglas!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 15 Junie 2012. 14h45. Die South African Civil Aviation Authority (SACAA) het gisteroggend skuins na 09h00 ‘n verrassingsinsspeksie by die kantore van AVIC International Flight Training Academy (AIFA) op die Oudtshoorn Vliegveld gehou.
 
Die inspeksie was die gevolg van ‘n klagte van ‘n inwoner van Oudtshoorn aan ‘n nasionale minister.  Die betrokke minister het sy direkteur-generaal opdrag gegee om die vliegskool te inspekteer en die DG het SACAA as die reguleringsgesag gevra om die inspeksie te doen.
 
Sewe amptenare, onder andere burgerlugvaart se tweede-in-bevel – die hoof van vlugoperasies; ‘n senior inspekteur van vliegveiligheid en ondersoeke; ‘n senior inspekteur van vliegtuig-onderhoud en versiening; die tweede-in-bevel van infra-struktuur; en ‘n senior inspekteur van vliegopleiding en regulasies het ses ure spandeer om ‘n in-diepte inspeksie te doen.
 
Gesprekke is met van die Chinese leerlingvlieëniers (wat nou al almal gekwalifseerde privaatvlieëniers is) gevoer om die standard van hulle Engelse taalvaardigheid te evalueer.
 
Die vliegskool is van hoek tot kant ondersoek. Die vliegveld is te voet ondersoek. Daar is na die vliegtuie geluister. Die infrastruktuur en die posisie van die loodse en die beheertoring; en die vlugpad van die vliegtuie is beoordeel.
 
SACAA se gevolgtrekking was dat die klagtes ‘n absolute wanindruk geskep het. Die inspekteurs het hulle individuele en kollektiewe verbasing uitgespreek dat daar soveel onwaarhede verkondig is en het die hoof uitvoerende beampte, Willie Marais, gekomplimenteer met een van die mees professionele vliegskole in Suid-Afrika.
 
Andermaal: Dís mos nou Oudtshoorn vir jou! In die land van die grootste voëls word sake entoesiasties bedryf!
 
Na ‘n ontmoeting met die munisipaliteit en met die voorsitter van die Oudtshoorn Vliegklub het die inspeksie die goedkeurings van die munisipaliteit en van omgewingsake oorweeg.  SACAA is tevrede daarmee asook die proses wat AIFA nou volg om te verseker dat aan alle regulasies voldoen word en voldoen sal word.  SACAA ondersteun AIFA se huidige en beplande uitbreidings asook die houding van AIFA om so akkomoderend as moontlik te wees.  In hierdie verband sal die SACAA ‘n amptenaar afvaardig om AIFA te help om die huidige vlugpad en kringvlug te ondersoek en te probeeer verander om enige steuring tot die minimum te beperk.
 
Nadat AIFA se George-vliegskool ook later in die dag besoek is, het burgerlugvaart Marais komplimenteer met die “uitstekende standard van AIFA se instrukteurs” en die direktoraat se algehele tevredenheid uitgespreek met die standaard van opleiding by die twee AIFA vliegskole.
 
Dít, my lankmoedige lesers, is dan dít. Die louter snert oor AIFA se bedrywighede wat oor die afgelope weke versprei is, is nou ‘n finale nekslag toegedien.
 
AIFA reik volgende week ‘n lekkerlees verklaring uit oor hoe die vliegskool op Oudtshoorn tot stand gekom het en wat AIFA se planne vir die toekoms is. En ‘n paar plaaslike kontrakte en gemeenskapsprojekte word ook sommer bekendgestel!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

50 thoughts on “Verrassingsinspeksie by die vliegskool!

  1. John, lyk my eerder jy is die een wat sit met ‘egg on your face” Wees tog so vriendelik om jou adres en telefonnommer (net soos Retief) te verskaf, sodat hy reelings kan tref om te kom ‘bieg”. Vir OO lesers skuld hy niks, net vir sy majesteit wat aan niks gewoond is, wat daarop aandring. Nou ja toe !!!

  2. Ek stem ook saam, die vliegskool moet hier bly en nog meer uitbrei. En aan die belasting betalers vereeniging, ek hou die Hoorn al geruime tyd dop op n antwoord van julle oor jul lede tal, maar tot gister geen kommentaar. Ek het dit nog oorweeg om by julle aan te sluit, maar dankie nee dankie, as jul so reageer oor n instansie wat mee help op investering in Oudtshoorn dan is daar geen maar geen manier wat ek by so instansie betrokke wil raak of wil wees nie. AIFA is n maatskappy en wat maak dit saak of die geld vir eie sak gegenereer word of nie watter instansie werk vir welsyn. Op die einde van die dag betaal hul ook belasting, waar gaan dit heen? Hul spandeer duisende in dorp se besigheid sektor, vir wie is dit dan. Nee jul redenasie maak geen sin nie. Aan AIFA gaan voluit en maak van Oudtshoorn die dorp wat ander investeerders ook sal lok, want soos iemand hierbo gese het die volstruisbedryf is daarmee heen, daar moet nou ernstig in iets anders bele word, baie sterkte n groot deel van die dorp staan agter julle. En let wel ek is ook n inwoner wat baie naby die vliegveld my eie eindom besit en bewoon, ek hou van die vliegtuie. En die straler kan ook maar so dan en wan opstuig, dis tog ook mooi.

  3. Hello John,

    Jy ken nie ou Piet Retief nie, jy weet ook niks van my af nie,ek woon by 196 Jan van Riebeeck weg en my tel no is 0442724533 kom kuier gerus by my ,ek sal graag met jou wil gesels.sodat wanneer jy my aanvat jy daarem ten minste jou feite reghet

  4. pieter retief hoe jy kan 45 jaar hier bly as jy dan geboer het op ander dorp ?

  5. Francois, kom ek gee jou die feite. Daar is eintlik 3 maatskappye, maar die een wat jy soek is Avic international Flight Training Academy Pty Ltd. Voorheen bekend as Cape Flying Services. AIFA is ons afkorting! Moet ek regtig die registrasie nommer gee?

    Daar is nog twee aander ook!

    Groete,

    Willie

  6. Ag tog lyk my hier is n paar wat net gelukig is as hul kan kla! Die wat so kla kan jul met n beter oplosing op kom of bly stil. Wat is volgende die voeeltjie tjirp te hard of te vroeg/laat?

  7. Pieter Retief – die probleem op Oudtshoorn is dat die dorp ontaard het in ‘n aftree dorp en word daar glad nie gekyk na die finansiële verknorsing waarin die dorp tans verkeer nie. In die verlede het die dorp staat gemaak op die volstruisbedryf en toerisme wat ‘n hengse knou gekry het en grootskaalse werkloosheid tot gevolg het, voorts is die Raadslede ook verantwoordelik vir grootskaalse vermorsing van belastingbetalers se geld deur wanbestuur, regskostes en skeidingspakette . Oudtshoorn sal moet besef dat hy elke moontlik finansiële inspuiting nodig het of nog duurder gaan betaal vir belasting en dienste. Oudtshoorn se infrastruktuur is alreeds in so patetiese toestand dat dit derduisende rande gaan kos om te herstel. Die Raad poog tans om ‘n lening te bekom om sy verpligtinge na te kom wat op die end net weer van die belastingbetalers verhaal gaan word met rente. Wie verteenwoordig ORPA, net die klaers of al die belastingbetalers van Oudtshoorn, ook die wat ten guste is van die vliegskool !!!!!!!!!!!

  8. Wat die “admin” van die vliegskool betref. Ek hoor sommiges sê dat AIFA as ‘n maatskappy nie bestaan nie, hier is die feite wat ek opgegrawe het.
     
    Ek staan onder korreksie, maar hier is wat ek het
     
    AIFA is NIE ‘n geregistreerde BK of PTY LTD nie – ek vind geen record van dit nie
    AIFA is wel ‘n afdeling van AVIC PTY LTD(Sjinese maatskappy).

    TFASA is egter ‘n BK met reg nr 2010/163921/23
     
    In my opinie dus, word niemand ‘n rat voor die oë gedraai nie.
     
    Dit is maklik vir ons wat finansieel sterk (ja ons is, as jy in ag neem daar is mense wat in shacks en selfs op straat bly) is om te kerm oor die geraas wat die vliegskool maak en die gevaar wat “trainee pilots” inhou.
     
    Hierdie “trainee pilots” neem NIE tot die lug tot en met hulle 100% reg is nie, maar dit is seker debateerbaar.
     
    Soos ek genoem het op OO ook, ek voel dit gaan hier meer oor die halsband as die hondjie.

    Sou die “trainee pilots” dalk brits was, in plaas van sjinees, was hier nie ‘n bohaai op die dorp nie.
     
    Het julle enige idée hoe sleg gaan dit met besighede in die dorp met die volstruis bedryf (waste bedryf??) wat in alle real terms sy gat gesien het?
     
    Ek verwelkom die geld wat die dorp inkom want die dorp se finansiele kriperering voel ek elke dag aan my bas.
     
    Dan ook, ek sal nie staan vir die vrees vir Chinese oorheersing opgedress in die goedkoop aandpak van geregtigheid nie.

    Wat PRESIES is dit van die vliegskool waarteen mense is?
     
    Vat die geraas weg (my wêreld, die weermag raas BAIE meer, en ja, dit maak my soms 4am wakker, maar dis deel van die deal), vat die “gevaar” weg dat die vliegtuie kan neerstort. Gaan gerus na http://www.caa.co.za – en kyk daar na die statistieke. In 2010 en 2011 is daar ‘n totaal van 24 en 39 mense oorlede in vliegtuigongelukke in ons land. (Johan van Noordwyk, jy weet nou van die stralers).
     
    Ek sou reken om werk toe te stap (maar ons doen nie want ons het geld vir motors of ons werk net glad nie), op ons huis se dak te klim (ja, dit ook nie) of selfs om Johannesburg toe te ry (ons vlieg…en soms deur mense wat hier opgelei was eens op ‘n tyd…) is meer gevaarlik as wat die vliegskool is.
     
    Dit is die redes waarom ek aanvoer dat daar regse agendas agter hierdie “anti-vliegskool-sjinees” petalje sit.
     
    Julle is welkom om my te induldge met feite wat gestaaf kan word, en nie hoorsê van onse regse publiek nie.
     
    Die inspeksie het geen probleme getoon nie en oor die public participation was daar genoeg gesê. As daar NOU sou public participation gehou word, sal dit net wyk 1 wees of sou dit die hele dorp wees? Ek kan julle verseker, die dorp gaan nie nee se vir brood op die tafel nie. Hetsy dit nou sjineese of morokaanse brood is.
     
    As daar ‘n wetlike probleem was met die totstandkoming van die vliegskool, dan moet die nodige boetes opgelê word, soos die wet dit bepaal, ek voel egter tot en met daar so ‘n uitspraak is help dit nie daar word ge-hoe-ha nie. Die peiling wat die Oudtshoorn Courant gedoen het wys dat die meerderheid van die inwoners van ons dorp nie met die vliegskool saamstem nie. Korrek. Ek dink nie al ons inwoners in Bridgton het toegang tot die Internet vir so ‘n poll nie. Ek weet vir ‘n feit die wat in Rose Valley en Bongulethu bly het nie toegang nie. Die bergie vir wie ek gereeld kos vat naby B&P Kafee het ook nie toegang nie.
     
    Daar word ook gepraat van Aero Klub wat nie mag onderverhuur nie ens. Mag hulle nie onderverhuur nie? Ek weet nie. Sou dit so in die kontrak staan, dan moet die reg sy gang gaan. Ek is in vir reg en regverdig
     
    Kom ons fokus op daadwerlike issues  wat die hele dorp raak soos dienslewering, toiletbelasting, geld wat gemors word, Hendrik Botha, elektrisiteit in Rose Valley, paaie wat in sy tjops is en wyn wat te duur is… eerder as die issues wat net die uitverkorene volk van Wyk 1 (ek inkluis) raak.

  9. aaaai ou pieter retief. jy sou dan die da leiding gee . well l done ou grote jou da het oook onnerpresteer

  10. I have been a resident in Oudtshoorn since October 1967 i.e. 45 years ,I have been involved with all the ” doings ” in Oudtshoorn , we have been suffering for years because, for lack of funding we could never market Oudtshoorn to it’s full potential. If one looks at the budget of Knysna ,George & Plet who are given Rmillions yearly for marketing by their munisipalites and we have always been shunned by our councillors ,and even at times called “fat cats ” in the council chambers, and eventually receiving ridiculous amounts like R200,000 a year to market Oudtshoorn.

    Now that we receive a hugh injection of financial benefit by means of the flying school basing itself in Oudtshoorn we have , residents objecting ,how will Oudtshoorn survive if this is our attitude , The tourism industry is suffering because of a world wide recesion , our farmers are on their knees because all exports of ostrich products have been stopped due to the e52hc virus.

    Why not try and sort out the differences , with the flying school or pack up and move to Zimbabwe it’s very quiet their, even the birds have disapeared.oh yes I believe very few if any pay taxes.

  11. John

    Die OBV se grondwet kan hier afgelaai word.

    Karel

    Dis nou “Rose Valley”; nie meer “Riemvasmaak” nie.

  12. Vertrou op OO vir ‘n lekker debat!! Genade ons, maar daar is dowwe mense op daai dorp van jou OO! Oom Nic het altoos oor die feeste gesê die geld gaan op straat rondlê. Nouja, AIFA se investering en spandering klink vir my na ernstige geld. Wie is dan soooo ryk op Oudtshoornom dit te ignoreer. En wie van die rykes is selfsugtig genoeg om hulle medemense van Riemvasmaak so in hulle kannon te stuur?

  13. hoeveel betaalde lede het Oudtshoorn Rate Payers Association ???????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

  14. Ek is ook ‘n belastingbetaler. Wie de moer het Lizanne Pelham en haar paar maatjes die reg gegee om namens my te praat. Ek soek ‘n belasting betalers vergadering sodat Pelham uitgestem kan word! Toe, tannie, laat die vergadering gebeur!!!!!!!

  15. Hier by die wetgewer is ons dronkgeslaan deur Oudtshoorn se houding: OO wys die probleme uit; dan is daar iets positiefs – en julle wil dit afskiet!!? Wat gaan aan daar onder die Groot Voëls!?

  16. Verskoon tog my arrogansie. Maar ek is maar so. Ek IS ‘n MENEER op Oudtshoorn. En die brief hierbo, van Molitor ean ander, is eenvoudig belaglik. En uiters selfsugtig. Ek was nie betrokke by hierdie onnodige debatjie nie, maar nou is ek. Die vliegskool moet nie net bly nie, hy moet uitbrei. Baie en gou. En waar is daardie ape in die munisipaliteit wat op die kontrak sit? Wakker skrik! En Molitor en Pelham en maatjies… Julle is komieklik. Shame. Maar julle komieklikheid kan Oudtshoorn baie geld kos. Pasop!

  17. Editor’s notes are in [bold] and are given because OO stands for the right of readers to speak their minds. This right comes with the responsibility, however, to be factual… or be ripped. Here goes.

    Game over!

    (In reaction to David Pienaar, Chairman, Oudtshoorn Aero Club, “Simcity” [Published in last week’s Die Hoorn and Oudtshoorn Courant.]

    Thank you so much, Mr. Pienaar, for reducing Oudtshoorn to a simulated town and the inhabitants to “sims”, depending on your favour and goodwill – this attitude speaks for itself in its unequalled arrogance. “How you manage your city and the Sims living in it is entirely up to you.” I bet you like this one! Must we in future address our prayers to you?

    Many of us tried to communicate with you and Willem Marais and ended up in being ignored, made ridiculous or brushed-off rudely. [I have firsthand knowledge of Marais’ invitation to aggrieved residents to engage. I wonder if a public display of aggression – like motioning with the thumb across the throat directly towards an AIFA vehicle encourages engagement. Care to comment?] So don’t act as if you were mortally wounded when “your sims” don’t talk to you anymore. [Talk! The invitation stands.]

    You will definitely not opt for being the toast of the town. Just be honest and replace “fame and fortune” by “money and money” – then you’ll hit the point. All you and your partners are interested in is your own profit so please don’t pretend your activities are for the sake of the town and its inhabitants…[A company which does not put its shareholders first should wind down and close its doors. I am aware that AIFA is currently engaged in the identification of specific social investment opportunities. This excludes assistance already done and sponsorships already in place. Maybe they should start to hang all they do on the big bell. Will you, dear writers of this missive, meet AIFA rand for rand? It’s all in a good cause, to be sure!]

    … and even the Oudtshoorn Business Chamber and its members will realize this one day, but then it will be too late. Chinese investments to the amount of hundreds of million Rand are said to be under consideration, so why not take one of these many millions (it’s as cheap as that, believe me) to build a landing strip in a different direction. And, being at this point, you could place the job with a building company of Oudtshoorn – for a change. [Only those who elect not to see are blind to AIFA’s commitment to local business… AIFA spent in Oudtshoorn runs into millions – infrastructure investment excluded. I invite you to approach me for a list; which I think is not my prerogative to make public. Maybe the Oudtshoorn companies who benefitted and continue to do so are too busy working hard to survive in our town, and don’t have time to write letter after letter after letter…]

    Instead of using a whole town as a playground where you can live out your phantasies [Oops! Unless this is a rather prestidigious and xyresic lapus linguae] of all-pervading power you’d rather try to read maybe the “Guidelines for Community Noise”, given by WHO (World Health Organisation) or, in case this is too much text for you, the “Legislation Matters Flight Training Schools (Part 141)” given by SACAA (South African Civil Aviation Authority) which say, I cite: “Flight training areas are coded as Danger areas.” This is fact, and you as a Chairman of the Oudtshoorn Aero Club should actually know. And yes, some of us “sims” are even able to read. [But, apparently, unable to understand the concept of “permission granted”. Take a care, dear authors, next time you cross a street, especially one frequented by taxi traffic.]

    The nice thing about a simulation is that you can push the restart button when you end up in a disaster. Most probably you will do exactly so and just leave Oudtshoorn when you managed to mess up the region? But some of us will not find themselves in such a fortunate position any more. Hundreds of people and school pupils are sitting with your apprentices flying as low as fifty metres [I think the flight instructor who teaches this should be fired! But… there are no stupid and irresponsible AIFA flight instructors – it’s bad for business!] above their heads, suffering from noise and danger. Everything we want is that you don’t carry on misusing our properties and school grounds as a training field. A recent survey in the Oudtshoorn Courant furnished the proof that the majority of the people don’t welcome the flight school in its present form [Interesting take on statistical interpretation] – notwithstanding the offence against laws and acts. [!?]

    Or must we all wait for the final blast and the flashing lights, saying: Game over? [It’s been “game over” for a vast number of Oudtshoorn residents for a very long time already. With organised agriculture crippled and tourism faltering it is only a rich few that can be arrogant enough to place their personal whims above an economy serving the many. Can anyone with a grade six education truly reject the impact of a huge and growing economic impetus in Oudtshoorn!? Is it truly possible? Ye gods and faeries!]

    Six signatories;
    And many more, all Oudtshoorn

    [All Oudtshoorn!? I think not. Also, “many more” is somewhat confutative, don’t you think?]

  18. Net my pennie in die bos. Ek bly slegs ‘n blok, net 1 blok, van die vliegvelde af en ek kan self geen klagtes lug jeens AIFA nie. Ek te dankbaar vir die ekonomiese inspuiting in en om ons mooi dorp.

  19. Haai manne, askies as ek die indruk geskep het dat ek kla oor die helikopter – nie die geval nie. Ons is bly hulle is daar. Ek het verwys na die geraasvlak in vergeleke met die opleidingsvliegtuie. Die mediese span is helde, baie dankie!

  20. Ek wil saam stem met Jay, moet asb net nie begin kla oor die helikopter ook nie, al wat ek wil vra, gaan die persone steeds so kla as die helikopter iemand van jou familie of vriende se lewe red? Ek het nog nerens gelees oor iemand wat n dankie woord uitspreek oor die onbaatsigtige diens wat deur die mediese helikopter gelewer word nie, dag of aand tydig of ontydig word hul uitgeroep, reen of koue hul bly peraat. Ek wil net se baie dankie aan hierdie manne ook vir jul diens, dit gaan beslis nie ongesiens verby nie, al word daar so min oor julle in media geskryf. Baie dankie

  21. Baie geluk AIFA, julle verdien die goeie terugvoering na al julle harde werk. Wat die geraas van die stralers en helikopter betref, gaan dit ook nou ‘n issue begin raak????!!!! Ek meen die stralers is per geleentheid in die lug en die helikopter word slegs gehoor as hulle uitgaan op ‘n vlug om iemand se lewe te red. En ongelukkig soos in enige onderneming moet daar ‘training’ gedoen word, en dit word ook minimaal gedoen. Hoekom kla oor iets wat eintlik ‘n groot aanwins in ons dorp is. Ek wonder asof iemand al ooit gesit en dink het oor wat die helikopter in ons omgewing beteken. Elke keer as daardie helikopter opstyg beteken dit dat hulle iemand te hulp bied of ‘n lewe red. Ek sou se waardeer eerder as wat daar die heeltyd gekritiseer word. Dis asof Oudtshoorn mense net eenvoudig met niks tevrede is nie. Gaan hulle eendag ook so kla as hulle voor die hemel poorte kom??!!

  22. Hi Willem,

    Dankie vir jou terugvoer. Ek is baie bly om te hoor oor die stralers en helikopters – dit is (in my opinie) die enigste lawaaibesoedeling wat werklik hard genoeg is om oor te kla. Ek stel voor dat julle die PR opskerp (soos met hierdie respons) – dit kan dinge opklaar vir inwoners, aangesien inwoners net die lawaai hoor en dadelik aanneem dit is die vliegskool en die vrees bestaan natuurlik dat dinge erger kan raak met tyd.

    Ek is baie bly om te hoor dat daar nie ‘n intensie is om met die stralers opleiding te doen nie. Die lawaai is van so ‘n aard dat dit my verhoed om my werk te doen (ek moes ‘n paar gesprekke met kliënte kort knip as daar opgestyg word.) Ek ondersteun die vliegskool, maar beslis nie die stralers nie — dit beperk my om my werk te doen, en ek is seker ander ook. Jul begrip en verantwoordelike gebruik van die stralers word waardeer.

    Sterkte met die vliegskool – ek hoop julle is baie suksesvol en dat die stof binnekort gaan lê.

    Beste wense,
    Johan

  23. Hallo mense,
    Ek reageer seker nou teen my beterwete, MAAR:
    Die laaste ding wat ek/AIFA wil hê is dat ons persoonlik moet raak en mekaar persoonlik moet aanval. Ons waardeer al die ondersteuning, MAAR is verseker ook nie onsensitief teen inwoners wat regverdige klagtes het nie. Ons wil mense akkommodeer en wil so n klein as moontlik “klip in mense se skoen” wees. Ek het egter n besigheid om te bedryf, en dit gaan nie verander nie.
    Ek het verder ook nie tyd of krag vir persoonlike vendettas en agendas nie!
    Ek gaan ook nie ons bestaansreg op Oudtshoorn probeer regverdig nie. Ek is lank genoeg in hierdie “game” om te weet daar sal altyd teenstand wees. Daar sal egter ook altyd ondersteuning wees, en ek het geen twyfel dat die meerderheid van Oudtshoorn AIFA ondersteun nie.
    Laat ek ook die “Stralers” in perspektief stel….ons besit 2 stralers in privaat hoedanigheid wat ons elke nou en dan vlieg, bloot as demonstrasie. Ons sal dit tot die absolute minimum beperk, in n suidelike rigting weg van die dorp opstyg en vanaf suid na noord land. Dit behoort baie te help. Laat ek almal verseker ons doen geen opleiding op stralers nie en sal ook nie.
    Oudtshoorn moet asseblief ook in gedagte hou dat elke vliegtuig wat hier opstyg of land nie aan AIFA behoort nie. AIFA besit en opereer ook geen helikopters nie.
    Ek het verder geen twyfel dat die geraasvlakke van AIFA se opleidingsvliegtuie vêr binne die toegelate is nie.
    Laastens, die snert wat versprei word dat ek nie mense te woord wil staan nie is bloot onwaar. Ek het al n persoonlike uitnodiging in n plaaslike koerant aan n spesifieke persoon gerig dat hy welkom is om ons te kom besoek of my persoonlik te kontak. Dit het nie verander nie! Iewers moet ek egter werk ook!
    Ek geniet Oudtshoorn en sy mense en die dorp se welstand is ook vir my belangrik.
    willem@aifa.co.za

  24. Hi Francois – reg so. As jy nie passievol gevoel het oor jou dorp nie, sou jy nie die moeite gedoen het om deel te neem aan die gesprek nie – en daarvoor het ek baie respek. Ek wens jou ‘n goeie dag toe!

  25. Johan

    Ek is ‘n drol want dis my reg. Maar ek voel ek wil nie ‘n drol wees teenoor jou nie.

    Dalk moes ek eerder verwys het na die algemene publiek wat op die bandwagon spring, amper soos ‘n Cosatu strike waar mense saam stap wat net per toeval in die stad was, oppad na ‘n sokker wedstryd, of oppad home affairs toe of so iets, en dan maar uit armoede, frustrasie en gebrek aan goeie opvoeding die odd klip slinger. Net so kry jy mense wat kla oor die vliegveld want “hulle het gehoor dis die rooi gevaar”, en eintlik geen navorsing gaan doen oor die hele petalje nie.

    Dan ook, vra ek hier, op rekord, omverskoning vir my vroeë uitlating, ek is net effens gatvol van mense wat alles in ‘n regs/links kwessie wil verander en die hele pot (met drolle in) mis sit.

    As jy verstaan wat ek bedoel?

    Jammer en Groete

  26. Haai Francois. Heng, jy klink erger as die ANC met jou wye toepassing van rassisme op kritiek/debat. Die klaers het gekla oor die feit dat die vlieëniers *leerlinge* is, nie omdat hulle sjinees is nie. Die manne bly hier langs my, en ek kan net saamstem – hulle is goed opgevoed en baie vriendelik.

    Alhoewel ek nie ‘n probleem het met die lughawe nie (net die stralers) wil ek jou uitnodiging neem en die skoen aantrek. (Nie omdat ek teen die vliegskool is nie, maar jou tekort aan respek vir jou medemens.) Met jou gebrekkige logika: my huis is dekades voor die lughawe hier. En voorts toe ek dit gekoop het (en die plaaslike ekonomie aangehelp het met restourasie, baie dankie) het ek seker gemaak wat die aktiwiteitsvlak van die lughawe is. Die toevoeging van stralers intussen is nie verwag nie, en natuurlik is ek effe geïrriteerd.

    Met dit gesê kan ek ten volle verstaan dat gastehuiseienaars ontsteld raak as hul gaste kla oor die vliegtuie nadat hulle miljoene ingesit het om hul gastehuise op dreef te kry. (Kom ek sit dit in perspektief vir jou: een van jou klaers op die dorp het dieselfde vakmanne as ek gebruik, en sy restourasie het hom amper R4m gekos.) Ek kan verseker verstaan dat hulle ontsteld is. Wat my egter meer ontstel is jou arrogansie om na ander as “prejudice rassistiese drolle” te verwys eerder as om gesonde debat toe te laat. Laat jou sélf egter soos ‘n bietjie van ‘n drol lyk, eintlik.

  27. RIGHT!!!!

    Kom ons dink gou oor die hele storie

    JY (trek die skoen aan as dit jou pas) het gekies om ‘n huis te koop naby die vliegveld
    Die vliegveld was voor jou hier
    ‘n Vliegveld is ook soms bekend as ‘n lughawe.
    ‘n Lughawe is bekend daarvoor dat daar VLIEGTUIE is.
    Vliegtuie word meestal deur vlieneës gevlieg.
    Die feit dat hulle chinees is maak geen verskil nie, hulle is uitstekend!

    Oudtshoorniete wat so kla….Julle is ‘n klomp “prejudice” rassistiese drolle!!

  28. Hi oo

    Noudat die vliegskool so pragtig vorder wil ek in dieselfde asem vra of daar nie iemand is wat ‘n opkomende entrepreneur van Bridgton sal help nie.

    Entrepreneur in Bridgton soek ‘n barmhartige samaritaan wat hom sal help om ‘n Toyota 3.0 Diesel dubbelkajuit bakkie te bekom. Entrepreneur soek ‘n bakkie met so 150000 km op die klok. Jy weet dit is moeilik om te vind in ‘n mark waar almal hard probeer. Entrepreneur sal ook betaal vir die advertensie op OO.

    Jy weet ons praat van iemand wat ‘n bakkie het wat net daar rondstaan. Entrepreneur is bereid om R100000 kontant te betaal.

    Hoop jou invloed kan help.

    Entrepreneur se kontaknommer is 0742522954 of e-pos vir fotos strat.red7@gmail.com

    Dankie

    Jy kan ook jou rekening stuur na die bogenoemde e-pos.

  29. OO – feit is dat Oudtshoorn al die ekonomiese inspuitings nodig het om te oorleef, vernaamlik met die ANC wat lings en regs geld uitgee op swak aanstelling en vrugtelose uitgawes.

  30. Jack, jy het gelyk. Die vliegskool is egter ‘n ekonomiese lewenslyn – baie meer as slegs ‘n verkieslike alternatief.

    Persoonlik irriteer die weermag se effense geraas my, maar om bevooroordeelde redes. Die spandering van die SANW- en SAPD-rekrute en personeel op Oudtshoorn is van kritiese oorlewingsbelang.

  31. Die mense wat so kla oor die vliegskool op die lughawe en die weermag se geraas, wat gaan julle sê as die ANC kader die grond gebruik vir laekoste behuising as die lughawe en weermagkamp in onbruik verval, julle moet dink mense. Die ANC soek juis daagliks grond vir hierdie doel en was dit nog altyd hulle oogmerk om grond Wesbank in vir hierdie doel te gebruik, so hou op kla oor die vliegskool en weermag en wees dankbaar julle kyk nie vas in ‘n plakkerskamp nie.

  32. Kan di paar mense wat oor die vliegskool kla nou assssssssseBLIEF bykom?

  33. Enige dorp in Suid-Afrika sal hulle mooiste meisies op die altaar plaas, by wyse van spreke, om ‘n geleentheid soos die vliegskool te hê. Ek kan nie glo daar is mense op Oudtshoorn wat die skool nie ondersteun nie. Dis werklik kommerwekkend dat daar onder die huidige ekonomiese omstandighede mense is wat geleentheid nie kan raaksien as dit regop sit en hulle raakspoeg nie.

  34. Hoe enigiemand kan redeneer dat iets soos die vliegskool nie ‘n ekonomiese inspuiting is vir die dorp nie slaan my dronk. Dis graad 8 ekonomie! Miskien is die klaers net so onnsel as die burgemeester. Wil ieman my nou vertel 80 mense ( as ek verlede week se Oudtshoorn koerant moet glo) spandeer nie geld op Oudtshoorn nie. Wat van die petrol aankope? Wat van verblyf? Dink die belasting betalers vereniging die mense van Oudtshoorn is stupid?

  35. Ek stem saam met Walloon dat die belasting betalers vereniging nie namens al die belasting betalers praat nie. Ek het Mev Pelham nog nie eens gesien nie behalwe op ‘n foto en sy praat nie namens my nie. Ek het baie vriende en kenisse op Oudtshoorn en nie een van hulle kla oor die vliegskool nie. Die motorfietse en die karre raas baie meer as die vliegtuie. Ek woon in Buitekantstraat naby die lughawe en ek hoor by uitsondering ‘n vliegtuig deur die dag. Miskien moet die mense wat so gepla word iets kry om te doen sodat hulle op iets kan konsentreer. Dan sal hulle die vliegtuie nie eers hoor nie en sommer nog nuttig ook wees pleks van kla oor niks.

  36. Veels geluk, mnr. Marais en AIFA!

    Ek hoop die moungatte se monde is nou gesnoer.

    Ek is ook ‘n belastingbetaler en die OBV praat beslis nie vir my nie!!!

    Ek soek ‘n algemene jaarvergadering sodat Lizanne Pelham uitgestem kan word!!!!

  37. Ek het vergeet om te sê, baie geluk Mnr Marais, u wys net hoe dinge gedoen moet word, uitstekend vir u skool en Oudtshoorn.

  38. Dis nou die beste nuus, na n redelike klomp negatiewe berigte oor vliegskool. Die Gastehuis eienaars wat so kla sal beslis nie kla as hul paar sent uit vliegskool maak nie, en die berig in die Hoorn, laat mens net weer dink. Die dame van die belasting betalers vereniging wat so kla, het nou rede tot nadenking oor vals berigte van geboue wat onwettig opgerig is en wie weet wat alles. Begin nou wonder of daar nie dalk n lyn getrek kan word na die naamlose persoon wat n brief aan die minister sou geskryf het nie. Al wat ek kan sê hou nou op met die klaagliedere dit raak nou baie afgesaag, en die vliegskool kan weet daar is baie meer inwoners wat glo ek die vliegskool ondersteun en ook wil sien dat daar vooruitgang in Oudtshoorn te bespeur is as die klomp klaagsters wat niks anders kan bydra as net om te kla nie.

  39. Miskien moet daai inwoner omverskoning vra. Dis as hy afrikaans verstaan, want hy is mos eintlik engels.

  40. Dit is baie goeie nuus — dit is egter ‘n goeie ding dat ‘n ondersoek wél gedoen is. Ek dink werklik hierdie kan ‘n wen-wen wees vir almal as daar net gehoor gegee word oor lawaaibesoedeling van die stralers (is darem min) en die vliegpad (maak paar gastehuise baie ongelukkig). Ek dink die vliegskool se P.R. oefening is baie nodig en sal heelwat gemoedere kalmeer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s