April skarrel; ANC bloei; DA sluimer

Wat gaan aan, onse verkose leiers!?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 14 Junie 2012. 05h15. Die uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, raadsheer Gordon April; beter bekend as “Sy Onnoselheid, die standerd vierklong van Dysselsdorp”, voel so bedreig deur sy eie koukus en burgemeesterskomitee dat hy reeds twee weke gelede vir hom ‘n kantoor op Dysselsdorp laat inrig het.

Dat dit vir Gordon warm raak op Verwardplein is gewis.

Nee, sal Gordon waarskynlik sê, hy wil maar net náder aan sy mense wees, dís hoekom hy Dysselsdorp toe skuif.

Asssssssebliéf tog!

Dat hy op Dysselsdorp meer welkom sal voel is te betwyfel. Tydens ‘n betoging Maandag het Dysselsdorpers náre goed oor Gordon te sê gehad (sensitiewe lesers moet die volgende paar sinne liefs oorslaan):

“Daai [VIESLIKE WOORD] Dysselsdorpklong moet sy [VIESLIKE WOORD] hier kom wys.”

“Gordon is nie die moeite werd om die [VIESLIKER WOORD] Mayor te wees nie.”

“Gordon sorg net vir sy eie [VIESLIKER WOORD] familie.”

“Gordon wil net sy dogter die [VIESLIKER WOORD] Traffic Chief maak.”

“Gordon sal [VIESLIKE WOORD].”

Dit is duidelik dat OO die algemene gevoel oor Gordon met “daai standerd vierklong van Dysselsdorp” erg ónderskat het.

So ontevrede is Gordon se eie Dysselsdorpers met hom dat ‘n optog na die standerd vierklong se huis beplan word vir Vrydag.

Terwyl Gordon gister in die gelykheidshof in Kaapstad moes verskyn in ‘n saak wat hy teen OO en Drewan Baird aanhangig gemaak het – oor die feitelike stelling “die standerd vierklong van Dysselsdorp” – het die burgemeester in vergadering op vergadering weggekruip.

Rondom hom het Gordon sy vernaaamste ondersteuners vergader: Vuyiso Forplay; Jurie Harmse; en die konsultant Shaheed Patel – almal mense wat van Gordon afhanklik is vir hulle brood. Hendrik Botha was in die tronk. Nie eens Gordon se ander burko-lede was teenwoordig nie, en die senior ANC-raadslede – Nondumiso Gunguluza; Erik Ngalo; Charlie Wagenaar; en Carmichael Ngalo – was soos gewoonlik afwesig. Vlancio Donson was wel in die groep.

Toe die speaker uiteindelik by die vergadering aansluit het hy en April mekaar byna te lyf gegaan. Dís soos dit tans in Gordon se “regering” gaan. ‘n Ernstige woordewisselling het in dié vergadering gevolg waarna die NPP se Johannes Stoffels en Wari Appolis saam met Donson onttrek het.

Gordon en die ANC weier tans om ‘n raadsvergadering te belê om die burgemeester se besluit om teen die Paulse v Oudtshoorn Munisipaliteit-uitspraak van 1 Junie te appelleer te oorweeg. Die ANC dúrf nie ‘n vergadering hou nie want die ANC kan nie op die steun van die NPP staatmaak nie.

Dit is duidelik dat verdeeldheid in die regerende koalisie (ANC; NPP; Icosa) tans so erg is dat die dorpsbestuur, in soverre daar tans op Oudtshoorn van dorpsbestuur gepraat kan word, in duie stort.

Die tergende vraag is nou dít: Hoe gaan die DA op hierdie verdeeldheid reageer? Dis nou reeds twee weke na die Paulse-uitspraak wat die ANC krities verwond het, en na die laaste raadsvergadering wat die ANC selfs onder sy gehardste ondersteuners verdag gemaak het, en die totale afwesigheid van sigbare DA-reaksie is verwarrend onverklaarbaar. Die openlike geheim van verdoemende inter-party en koalisie-verdeeldheid het tot dusver geen energie by die DA ontlok nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “April skarrel; ANC bloei; DA sluimer

  1. Pierre Nel, Barrow en Afriforum kan nog nie die Zille dans doen nie !!!!!!!!!

  2. Nou is die kans vir die DA om te wys wat in hulle steek maar nogsteeds doen hulle niks – mooi sweet fokkol. Lyk my dit is net Pierre Nel, OO , Nic Barrow en Afriforum wat iets wil doen, hoekom gee die DA nie liewers oor vir die wat wil nie.

  3. Die DA is natuurlik skytbamg die ANC/NPP koalisie vou en lg. skaar hulle by die DA. Dan moet hulle regeer !!! Hulle het seker slapelose nagte !!!!

  4. Gordon het so paar maande gelede ten aanhore van almal geskree dat Forplay fokol beteken nie en dat Forplay moet waai as bestuurder in sy kantoor. Gordon het glo selfs n brief geskryf vir marius en songezo waarin hy vra dat Forplay geskuif moet word. Nou maak hy weer gebruik van Forplay se advies en steun. Hierdie Gordon April is half befok in sy kop, hy is onstabiel en onwaardig om burgemeester van ons dorp te wees. Hy het geen respek vir niemand nie en veral geen agting en respek vir sy mede ANC raadslede nie. Hy is besig om ons dorp te vernietig. Marius, Songezo en Fezile – julle het n mal man op ons dorp vrygelaat en nog boonop vir hom n burgemeesters ketting gegee toe hy daaroor huil. Hierdie gemors waarin Oudtshoorn hom bevind is as gevolg van julle toedoen. Vir julle gaan dit net oor julle eie besigheids belange – fokol anders nie !!!

  5. Ek mag verkeerd wees maar di DAciever sal doen wat hul die beste doen, trug sit en kyk!
    Burko? of is dit Burka? Kan OO aseblief meer info gee hoe dit met genoemde joke(saak) gaan en waar sy ondeurdinklikheid die fondse kry vir die saak?

  6. OO, die ANC- Koalisie -aborsie en totale miskenning van ordelikke regering is reeds alombekend. Wat meer kommerwekkend bly is daardie Huigelagtige-Leierlose- DA- Partytjie waar Gordon en Bredell dieselfde strategie openbaar, WEGKRUIP ! Waar is Barnard ??.

    Leiers op ODN ! Wat is dit ??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s