April; Pietersen vermy hof

Báie blaf; géén byt nie

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 14 Junie 2012. 05h30. Nadat Gordon April OO en Drewan Baird in die gelykheidshof gedagvaar het omdat OO hom “daai standerd vierklong van Dysselsdorp” noem, het April gister nie eens in die hooggeregshof in Kaapstad opgedaag vir die verhoor nie.

In ‘n ander saak moes Noël Pietersen, die bedrogdominee van Burgersdorp, gister op Oudtshoorn in die hof verskyn om deur Nic Barrow ondervra te word oor hoe die dominee sy regskuld aan Pierre Nel gaan betaal. Maar Dooms het nie opgedaag nie. Dooms het net ‘n “mediese sertifikaat” by die hof laat indien wat gesê het dat Dooms aan ‘n “gemoedsversteuring en emosionele uitputting” ly en dit nie kon maak nie.

Nou ja, soos te wagte kon wees, was Barrow nou nie juis beïndruk met dié verskoning nie en het hy ‘n notatjie aan Dooms se mediese adviseur afgevuur:

Noël Pietersen moes op 13 Junie 2012 in die Landdroshof in Oudtshoorn verskyn het. Sy prokureur het ‘n “mediese sertifikaat” onder u naam ingedien wat beweer dat hy onbevoeg was om die hofverigtinge by te woon.

U verduideliking dat hy ly aan ‘n “gemoedsversteuring en emosionele uitputting” is nie vir my kliënt aanvaarbaar nie en dring hy aan op ‘n meer gedetaileerde verslag van u ondersoek, u bevinding en prognose.

Daar is ‘n lasbrief vir Pietersen se arrestasie gemagtig wat oorgehou word tot 8 Augustus 2012. Indien ek nie binne 7 dae ‘n aanvaarbare verduideliking van u ontvang nie, sal my kliënt geen alternatief hê as om ‘n subpoena (getuiedagvaarding) aan u uit te reik om die situasie op 8 Augustus 2012 persoonlik in die hof op Oudtshoorn te verduidelik.

Die dokter het sommer dadelik gereageer.

Die idee om van Burgersdorp af Oudtshoorn toe te reis om Dooms se siekte te kom verduidelik was kennelik nie ‘n aantreklike opsie nie.

OO sal nou nie die inhoud van ‘n persoonlike vertroulike brief publiseer nie, en volstaan daarmee dat die dokter ‘n “aanbeveling” gemaak het dat Pietersen vir ongeveer twee maande nie sy normale werk kan doen nie weens ‘n gemoedsversteuring.

Magtag, Pietersen se “normale werk” op Oudtshoorn het by mý ook “gemoedsversteuring” tot gevolg gehad, maar ek het maar blý skryf, wat.

Maar terug na die standerd vierklong van Dysselsdorp en dié se afwesigheid gister in die gelykheidshof.

Regter Elizabeth Baartman het bevind dat April nie die dagvaardiging om gister in die hof te verskyn het, ontvang het nie.

Wel, Baird hét die dagvaardiging ontvang én nagekom.

Baird het die hof entoesiaties toegespreek oor April se sogenaamde onkunde oor die dagvaardiging. En die regter het aandagtig geluister.

En toe het Baird nóg gepraat – oor die futiliteit van April se saak en die regter het steeds aandagtig geluister.

En toe het Baird die een en die ander te sê gehad oor hoe April kennelik slegs poog om OO se pogings om wanadministrasie en korrupsie in die munisipaliteit bloot te lê probeer frustreer. En die regter het steeds aandagtig geluister.

En toe het Baird nog gepraat oor sy vermoede – ernstige vermoede – dat April se afwesigheid in die hof maar net ‘n verdere poging is om ook die regsproses te frustreer. En die regter het steeds aandagtig geluister.

En toe het Baird gesê dat hy April verantwoordelik sal hou vir elke sent se onkoste in hierdie saak. En die regter het steeds aandagtig geluister.

En toe het Baird bygevoeg dat hy gretig is om April se mislukkings as burgemeester in die hof te openbaar. En die regter het steeds aandagtig geluister.

Baird en April sal nou op 2 Augustus in die hof ontmoet. Hópelik. En Baird kan nie wág nie!

Baird was gister volledig voorbereid om met die saak voort te gaan. Hy het 28 individuele argumente gereed gehad. Hy kan nie wág om die standerd vierklong van Dysselsdorp in die hof te kry nie!

Magtag, April máák die saak en dan daag hy nie eens vir die verhoor óp nie! Presies hóé onnosel ís die standerd vierklong van Dysselsdorp!?

En hoe op dees áárde kan ‘n burgemeester twéé wéke lank nie deur die hooggeregshof se klerke “in die hande gekry word” om ‘n hofdatum te bevestig nie?

Baie waarskynlik omdat dié bepaalde onkapabele burgemeester níks anders doen as wegkruip nie.

Byvoorbeeld: Drié verskillende senior amptenare van die Nelson Mandela Metro het April gister deur die loop van die dag probeer kontak – dr Quinton Fortune; mnr Harold Kemp; en dr Michael Grady. April was nooit beskikbaar nie.

Terloops – hoe om inligting uit die kaders te kry: Maak asof jy so en so van sus is en die arme kaders práát. Vra maar vir dr Quinton Fortune; mnr Harold Kemp; en dr Michael Grady. Vra maar vir my. Foei, as jy dom is moet jy saffer, sê ‘n vriendin van Mevrou altoos.

Dis maar ‘n vrót burgemeester wat twéé wéke lank nie deur die hooggeregshof se klerke “in die hande gekry word” om ‘n hofdatum te bevestig nie!

Hoe op áárde kan so ‘n onbetrokke en onbereikbare burgemeester met die sake van Oudtshoorn vertrou word as hy nie eens sy éie sake – soos ‘n hofsaak wat hý aanhangig gemaak het – vertrou kan word nie!?

Berge val op ons; heuwels bedek ons.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “April; Pietersen vermy hof

  1. Ek hoor van die jongens wat weet dat die lot vat Deyssels goed is met wegkruipertjie speel. Die burgermees is seker al mooi groot (bedoelende oud) genoeg om nie meer te speel nie.

  2. ‘n mens wonder net hoekom die agbare regter se mense nie maar vir Mnr Baird kon laat weet het om ook maar by die huis te bly as hulle nie die ander agbare in die hande kon kry nie? hulle moes mos darem al die dag van te vore geweet het?

  3. April wag gister by die munisipaliteit. Skoonpa was saam met hom

  4. OO – wat gaan aan met die spul – Pietersen het gemoedsbekakking en kan nie die hof verrigting bywoon nie terwyl April dae gelede in die hospitaal was vir voggies op die longe – SHAME Vraag is kon April se mense nie die hooggeregshof se klerke ingelig het dat onse April rus in die Medi Kliniek nie en dat hulle hom daar sal kry nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s