Koegelenberg, McCombie; Murray onskuldig!

Ontslag toegestaan

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 11 Junie 2012. 14h30. Johann Koegelenberg, Henri McCombi en Patrick Murray se aansoek om ontslag is pas deur die hof toegestaan.

Hulle het verlede Maandag onskuldig gepleit op ‘n klag dat hulle ‘n voormalige persoonlike assistent in die speaker se kantoor, Deon Nomdoe, met R20,000 omgekoop het om te sorg dat die DA in 2009 beheer oor die Eden-disdtriksmunisipaliteit verkry.

Die ANC het groot gewag gemaak van hierdie saak.

Streeklanddros Eugenia Jacobs het bevind dat die staat se getuies so swak en ongeloofwaardig was dat geen saak teen die beskuldigdes uit te maak is nie.

Jacobs het elf weersprekings van kardinale belang in die getuienis van Anthony Ewerts en Deon Nomdoe uitgewys en gesê dat ongeag die beskuldigdes se getuienis, die hof hulle nie skuldig sal kan bevind nie.

Die drie se prokureur, Christo van der Bergh, van Coetzee & Van der Bergh op Oudtshoorn, het aan OO gesê die saak was ‘n “joke”.

“Ek het van die begin af gesê die saak is niks meer as ‘n heksejag nie”, het Van der Bergh bygevoeg.

Die uitslag is vir die beskuldigdes selfs beter as ‘n vryspraak, want die hof het in werklikheid bevind dat die saak nooit werklik merite gehad het nie.

Christo Vermaak van die George Herald het verlede week die agtergrond van hierdie saak só berig:

Een stem in die ampsdraersverkiesing op 30 Julie 2009 sou bepaal wie die regerende party van die dag sou wees met ‘n koalisiesamestelling van 16 teenoor 14. Alles het daarop gedui dat ‘n ANC-koalisie bestaande uit die ANC, Icosa en die NPP die drie top poste in die raad met 16 stemme in hul guns sou inneem.

Die DA en Eden-forum sou volgens ontleders met 14 stemme tevrede moes wees.

Die uitslag van die stemme het egter alle oë laat rek toe die DA-koalisie die 16 stemme verower het en die vraag het ontstaan: “Wie het die ANC verraai en was daar geld betrokke?

Die 2009 Icosa-raadslid, Anthony Ewerts het verlede Maandag voor streeklanddros Eugenia Jacobs ontken dat hy die een was wat die ANC verraai het. Hy beweer egter dat R20 000 vir hom aangebied is om sy stem in die guns van die DA te ‘drop’. Volgens Ewerts het Nomdoe hom die dag voor die omstrede raadsvergadering op sy selfoon geskakel en gevra om sy stem vir R20 000 te ‘drop’.

“As geheime bewys dat dit wel ek was wat in die guns van die DA gestem het om ‘n speaker, burgemeester en onderburgemeester uit hul geledere aan bewind te kry, moes ek ‘n kruisie in die vorm van ‘n omgekeerde vigsteken op my stembrief aanbring,” het Ewerts beweer. “Ek het nie in die guns van die DA gestem nie en na afloop van die verkiesing het Nomdoe na my gekom en gesê ek het ‘n kans laat verbygaan en dat hulle (die DA) presies weet wie vir hulle gestem het.”

Nomdoe het op sy beurt getuig dat die eerste gesprek oor die beweerde omkopery nooit deur middel van ‘n telefoongesprek plaasgevind het nie. Hy het getuig dat hy grappenderwys in ‘n persoonlike gesprek aan Ewerts gevra het wat hy sou wou hê om vir die DA te stem. Nomdoe het verder getuig dat hy (Ewerts) aan hom gesê het hulle kan gesels, waarna hy (Nomdoe) aan McCombi melding gemaak het van die omkoopgrap.

Nomdoe het in sy getuienis ook vir Murray en Koegelenberg betrek oor hoe daar toe later R20 000 in ‘n banksakkie en ‘n koevert aan hom oorhandig is om aan ‘die ou’ (Ewerts) te gee as omkoopgeld.

Die prokureur vir die verdediging, Christo van der Bergh het Nomdoe tydens kruisondervraging in só ‘n mate uitmekaargetrek dat Nomdoe op ‘n stadium gesê het hy kan nie onthou wat drie jaar gelede gebeur het nie. Hy het selfs erken dat hy sy werk as persoonlike assistent van die speaker sou verloor indien die DA nie meer aan bewind was nie. Van der Bergh het toe aan Nomdoe gesê: “Hierdie (die R20 000 omkopery) was u eie inisiatief om u eie werk te red.”

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Koegelenberg, McCombie; Murray onskuldig!

  1. ‘n ontslag uit die hof beteken veel meer as net dit. Dis asof die doodsveroordelde/s vrygespreek is, nou wil die klaers kom bek skoonmaak? Siesa mfundo

  2. Baie vreemd hoor- Piet Van Der Hoven het groot geraas gemaak oor hierdie saak……maar was nie eers vandag daar om uitspraak te hoor nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s