Oudtshoorn se toekoms is in jóú hande

Wérk! Dit kos dóén!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Junie 2012. 10h30. Baie mense op Oudtshoorn woon in mooi, groot huise met lugverkoeling en warm vloere; ‘n swembad; lopende en warm water en spoeltoilette (natuurlik!); het ‘n luukse sedan en ‘n viertrek, en dalk ‘n boot, en selfs ‘n morotfiets; hou vakansie in ‘n eie strandhuis. Hulle kan braai wanneer hulle wil en Blue Label drink as hulle wil. En as hulle die luuksheid van hulle wonings verlaat skiet niemand op hulle nie.

Hierdie mense het min om oor te kla en word feitlik nie geraak deur geldmorsery op enige van die drie regeringsvlakke nie – en veral nie deur wanadministrasie en bedrog en diefstal in hulle plaaslike regering nie.

Dit is ook Oudtshoorn se vloek.

Want daar is báie, báie, báie mense op Oudtshoorn wat honger en koud gaan slaap in gehuggies wat nie teen wind en weer bestand is nie en wat nie soggens werk toe gaan nie omdat daar nie werk vir hulle ís nie…

Dit is hierdie mense wat die enorme impak van die raad se versengende vermorsing aan die bas voel… maar om die een of ander rede steeds die ANC ondersteun.

Dit help nie om hierdie mense te kritiseer nie. Hulle het nie die oordeelsvaardighede om gewoonte-politici se slangolie te takseer vir wat dit is nie: bloedige leuenagtigheid in diens van eiegewin en partymagsug.

Hierdie mense, van Rose Valley (wat ‘n wanhopige naam – dit raak my aan die hart dat die inwoners van wat voorheen as ons eie “Riemvasmaak” bekend was hulle toekoms so kan vertrou… en dit stuit my teen die bors dat die raad wat hierdie mense se droom moet probeer akkommodeer dit nie eens amper wíl doen nie) sien nooit eens die viertrekkers van naby nie.

So… waarom vertrou die Roosvalleiers die kaders?

Veral in die lig daarvan dat die “suksesvolle” kaders inderdaad ten minste van tyd tot tyd gesig wys.

OO verneem dat ‘n plaaslike diensklub wel nou ingryp om die lewensomstandighede van Oudtshoorn se onbevoorregtes te probeer verlig. Dankie!

Maar ek wil by ‘n punt uitkom: Die sowat R7m wat op die Noël Pietersen-fiasko vermors is (tja… tel maar op); en die sowat R1m wat reeds op die Mnyimba-aanstelling vermors is kon 80 huise gebou het; kon massiewe ekonomiese aansporing bewerk het.

Dit is nodig, my lankmoedige lesers, dat jý en jý en jý betrókke raak om die stemvee wat elke verkiesing bedrieg word om ANC te stem tot ander insigte te wýs! Ja, jý!

Niemand gaan Oudtshoorn kom “uitred” van ‘n onbekwame kaderregering nie. Jý moet inspring en sorg dat ‘n ánder regering aan bewind kom.

En die verandering kan net begin as daar meelewing is.

‘n Ander regering gaan OO-lesers se lewensomstandighede nie merkbaar verbeter nie.

Maar ‘n ander regering gaan die mense van Rose Valley en Rosebank en van die Vaalhuisies se lewens merkwáárdig verbeter. As jy dan nie wil inspring vir eie voordeel nie; raak betrokke om jou medemense van Oudtshoorn se lewens merkbaar te verbeter… maak seker die ANC regeer Oudtshoorn nie weer nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Oudtshoorn se toekoms is in jóú hande

  1. OO, continue to name and shame the “onbevoedgde ODN gepeupel” – Rose Valley wil weet !

  2. sunday times 10 june “South African nurses found guilty of offences such as fraud, assaulting patients and giving them the wrong medicines, are, for the first time, being named and shamed. ” somthing lik ethis for municpalities ?

  3. oo jy preek vir die gelowiges . majoritie rule en die wat wil het majoritie se vote nodig en majority lees net geprinte media

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s