Die ANC-raad dien die ANC, nie Oudtshoorn nie

Die Mnyimba-fiasko bewys dit

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Junie 2012. 10h35. As die ANC Oudtshoorn se beswil op die hart gedra het sou die ANC Thandekile Mnyimba laat gaan het.

Dit was van meet af aan so duidelik soos weerlig oor Volmoed dat Mnyimba nie die vaardighede het om Oudtshoorn se munisipale bestuurder te wees nie.

Mnyimba was inderdaad die swakste kandidaat op die kortlys – klik hier.

Mnyimba was egter die kaders se gunsteling, kom wat wou – title.

Die hooggeregshof het bevestig dat Mnyimba ongeskik is – klik hier.

Hier is ‘n eenvoudige toets om te bepaal of die ANC Oudtshoorn se belange eerste stel, of die ANC se belange: Laat Mnyimba in sy luukse Audi viertrek klim en Oos ry, waar kaders van sý bepaalde onkapabelheid maklik geholpe raak.

Eenvoudig.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Die ANC-raad dien die ANC, nie Oudtshoorn nie

  1. Lizanne die ergste is dat die Agbare Burgermeester verder die verwaandheid het on te sê ” die begroting is nietemin een vir die armste van die armste” terwyl hulle besig is om die geld wat juis gebruik moet word vir dienslewering en om armoede te verlig, kwistig vermors word op regskostes, skeidingspakette en verversings tydens en na raadsvergaderings. Kyk mens na die meubels , kantoor toerusting en rekenaars kan gesien word dat net die beste jaarliks aangekoop word en sommige jaarliks net vervang word om die begroting te spandeer voor die einde van die finansiële jaar. Lekker as mens met die belastingbetalers se geld werk !!!!

  2. Absoluut Joss die Munisipale Amptenare se salarisse word tyans befonds uit die Grotte se koffers – soos bevestig aan my deur sekere hoogere mense in ons dorp

  3. Hoe verwaand kan die ANC en Gorden April wees om in ‘n persverklaring in die Hoorn van 7 Junie 2012 die huidige ekonomiese toestande die skuld te gee om die begroting te balanseer sonder om tariefverhogings in te stel nie. Wie is verantwoordelik vir die vrugtelose uitgawes van derduisende rande en selfs miljoene rande ten opsigte van die Pietersen en Mnyimba sage. Sou dit nodig gewees het vir ‘n lening van R 27,2 miljoen as hierdie vrugtelose uitgawes wat pakkette, regskostes asook onwettige betalings aan Avontuur en Genote nie deur die Raad ten koste van die belastingbetaler gedoen is nie. Hoekom erken die Burgemeester en sy ANC kader nie openlik dat hulle verantwoordelik is vir die swak ekonomiese toestand waarin die munisipaliteit verkeer nie. Wil hulle nou verdere regskostes aangaan om te appeleer teen ‘n uitspraak wat die belastingbetaler, Oudtshoorn en die gemeenskap nog meer geld gaan kos.!!!!!!!!!!

  4. Die tyd het aangebreek dat Nic Barrow met die samewerking van Afriforum, DA en ander organisasies wat die belange van Oudtshoorn en sy mense op die hart dra, om ‘n amptelike kennisgewing op alle Raadslede te beteken,wat vir die Mnyimba aanstelling en vermorsing van belastingbetaller geld verantwoordelik is en waarin hulle skriftelik meegedeel word dat hulle persoonlik finansieël verantwoordelik gehou gaan word vir alle vrugtelose uitgawes wat betref die aanstelling van Mnyimba, regskostes en enige siviele eise asook skeidingspakkette wat mag voortspruit uit die Mnyimba fiasko.

  5. die man beantwoord nie n enkele brief of bevestig enige vergaderings nie hy is uit en uit net in sy kantoor om n salaris te verdien

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s