ANC-sweep Hendrik Botha in hegtenis

Wat hierdie episode van die ANC sê

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

@OudtshoornO

Oudtshoorn. 22 Junie 2012. 14h00. Die saak is vanoggend uitgestel tot 29 Junie toe omdat vertoë aan die direkteur van openbare vervolging gerig moet word.

Die klaagster in die saak, Botha se vervreemde vrou, Petronella, wil die klagtes, en ook die interdikte teen Botha om sy vrou en seun nie aan te rand nie, terugtrek.

Die wet bepaal egter dat klagtes van gesinsgeweld net deur ‘n senior aanklaer, in hierdie geval, me Carol Coetzee; of die DOV teruggetrek kan word.

Oudtshoorn. 16 Junie 2012. 06h00. Hendrik Botha het gisteraand laat by die afskop van die munisipaliteit se sportfees opgedaag, so ‘n rukkie gemeng en toe alleen by die kroeg gaan sit en die een Glenfiddich na die ander weggeslaan.

Sover OO kon vasstel het Botha nie mand by die funksie gebliksem nie en het hy nie ‘n kapmes by hom gehad nie.

Hoe kry die ANC dit reg om sulke bullebakboelies aan te stel!?

OO het gistermiddag aam die ANC se streeksekretaris, Putco Mapitiza, geskryf –

Dear Putco

Please let me have a statement from you on the question of how the ANC can appoint a Chief Whip and a Mayco Member who has eight convictions for violence over a 20 year period!

Now this person is out on R5,000 bail for assaulting his wife and son!

Unbelievable!

How does the ANC pick ’em, my man!?

And have you nothing better!?

Ye gods and faeries!

Afrskrifte is aan vele provinsiale ANC-leiers en aan die ANC se Wes-Kaapse kommunikasie-departement gestuur. Geen reaksie is ontvang nie.

Oudtshoorn. 15 Junie 2012. 15h30. Dit is gemoedsbekákkend dat Oudtshoorn se “minister van finansies” agt geweldsveroordelings het.

Dit is gemoedsbekákkend dat Oudtshoorn se burgemeester nie eens ‘n enkele hoërskooljaar voltooi het nie – en eersdaags wéér vir diefstal aangekla gaan word (die DOV heroorweeg sy vroeëre besluit om Gordon April nie te vervolg nie); ‘n man wat self ‘n geweldsveroordeling het.

Hét die ANC niks beter nie!?

Of is die ANC juis trots daarop dat hulle vensterpoppe gehawend is?

En verwag die ANC wrágtag dat énigiemand vir die vriedômmoefmint respek moet hê!?

Ek weet ék het géén respek vir die gespuis nie – ek voel oor die ANC nés ek oor die Natte gevoel het: Idiote met ‘n attitude.

Sal Suid-Afrika óóit ‘n regering hê waarop ek trots kan wees!?

Of sal ons vir ewig met uitvaagsels en skorriemorries opgeskeep sit!?

Veralgemeen OO!?

Helaas, néé!

As iemand soos Hendrik Botha in die ANC toegelaat word; iemand soos Gordon April, dan reflekteer dit op Jacob Zuma en al die pad af tot by die laagste funksionaris.

Uitvaagsels, die hele blêddie lot.

_________________________

12h14. Steynberg begin sy uitspraak.

Botha is ‘n sleutelfiguur by munisipaliteit se funksies, maar nie bo die reg nie.

Botha haal maklik geld uit om sy oortredings by te lê.

Gesinsgeweld is ‘n ernstige probleem en die staat wil dit uitwis.

Die hof neem die klaers se indrukke in ag en dat die klag dalk die egskeidingsgeding kan beïnvloed.

Daar was moontlik ‘n inkeer by die beskuldigde, sê Steynberg.

Die hof staan borg van R5,000 toe.

12h14. Erasmus sê Botha het agt vorige geweldsveroordelings en word van ‘n ernstige klag aangekla.

Wat gaan die beskuldigde doen as hy vrygelaat word?

Erasmus laat dit aan die hof oor.

Van der Bergh sê daar is geen herhaling van gesinsgeweld nie. Die klaagster is nie bang vir oor herhaling nie.

12h011. Van der Bergh vra dat borg toegestaan word in belang van geregtigheid gegewe die klaagster se houding en die gemeenskap se belang by Botha as ‘n raadslid.

12h05. Van der Bergh ondervra Jacobs.

Mev Botha wou nie Botha se “skollievriende” in die huis toelaat nie.

Mev Botha is beledig en met die dood gedreig.

Nóg mev Botha, nóg Botha junior is beseer.

Botha het aan Jacobs gesê hy het nie vorige veroordelings nie.

Jacobs sê Botha sal nie vlug nie, maar kan nie sê dat hy mev Botha nie weer sal bedreig nie.

11h50. Erasmus roep die ondersoekbeampte, sersant Jacobs.

Jacobs sê sy kom al sedert Desember aan met die Bothas.

Mev Botha het voorgekom asof sy raadop was.

Botha junior sou gesê het dat Botha met ‘n panga na hom gekap het.

Mev Botha het Jacobs Dinsdagmiddag gebel om die klagtes terug te trek omdat Botha gesê het hy sal hulle nie weer pla nie.

11h48. Van der Bergh roep Johannes Stoffels, die speaker van die raad.

Stoffels sê die raad kan nie funksioneer sonder Botha nie.

Erasmus staan op…

Wat beteken die ondersteuning van die raadsled in die hof? Hoe voel Stoffels oor gesinsgeweld?

Stoffels sê hy ondersteun Botha omdat Botha ‘n raadslid is.

11h40. Van der Bergh roep mev Botha om te getuig.

Mev Botha wil die klagtes terugtrek; die interdikte laat terugtrek; en die egskeiding is geskik; en sy gaan haar onderhoudseis laat vaar.

Erasmus konfronteer mev Botha met haar beëdigde verklaring voor die ondersoekbeampte.

Volgens dié verklaring is sy met die dood gedreig. Die beskuldigde gaan nou kwater wees as ooit, want hy was in aanhouding vir ‘n week. Wat gaan nou gebeur as hy vrygelaat word?

Mev Botha ontken dat sy in gevaar is.

Erasmus sê dat as mev Botha die interdik terugtrek, kan Botha sy belofte breek en haar pla.

Sy was nooit bang nie, sê mev Botha.

Erasmus sê sy het dus die regsproses gebruik om ‘n egskeidingskikking te beding.

Op 29 Februarie vra mev Botha ‘n beskermingsbevel; op 31 April ook haar seun, sê Steynberg. En Botha rand ook mense in die gemeenskap aan.

Van der Berg sê dat interdikte in plek kan bly.

11h28. Erasmus wil weet of die gemeenskap gesinsgeweld goedkeur.

Beskou Botha gesinsgeweld as ‘n enstige misdryf?

Ja, sê Botha, hy het nie voorheen nie; hy besef dit nou en hy sal dit nooit, nooit weer doen nie.

Erasmus is onbeïndruk.

Botha belowe dit sal nooit weer “in sy lewe” gebeur nie.

Steynberg wil weet wat die hoogste boete is wat Botha al opgelê is.

Botha weet nie.

Die aanklaer verskaf syfers van ongeveer R400.

11h28. Botha word deur die aanklaer, mnr Johan Erasmus, ondervra.

11h25. Botha sê die magsbalans in die raad sal verval as hy nie beskikbaar is nie. Landdros Steynberg wil weet of daar hoegenaamd enige basis in die munisipaliteit is op die oomblik. Die gallery giggel, veral die mense rondom OO.

11h20. Botha se vorige geweldsmisdade was teen ander mense as sy vrou en seun.

Botha sê sy afwesigheid in die raad beteken dat daar geen instruksies aan die ANC/Icosa/NPP-koalisie gegee word nie.

Botha sê hy verdien R38,000 per maand en sy drie kinders by sy vrou en twee buite-egtelike kinders, en die gemeenskap trek voordeeel uit sy inkomste.

11h12. Botha word aangekla dat hy twee tydelike interdikte – teen sy vrou en sy meerderjarige seun – verbreek het. Botha kan nie onthou hoe oud sy seun is nie.

Van der Bergh vra Botha na die hangende egskeiding tussen hom en sy vrou.

Botha sê sy vrou en seun wil hom graag terug hê by die huis.

Botha getuig dat die egskeiding geskik is en dat Botha die egpaar se huis aan sy vrou sal oormaak en dat sy haar onderhoudseis sal laat vaar.

Die gevolg is dat Botha se vrou en seun die klagtes teen hom wil terugtrek en dat onderlinge struweling bygelê is.

11h12. Botha neem in die getuiebank plaas.

11h08. Botha neem sy plek in die beskuldigdebank in.

11h02. OO verneem Stoffels gaan ook vir Botha getuig! Nou wil jy meer!?

10h31. OO verneem dat die senior staatsaanklaer weier om die 2 huidige klagtes teen Botha terug te trek.

Daar word nou gepoog om die interdikte teen Botha terug te trek. Botha se vrou sal dan vir hom getuig.

Die saak sal waarskynlik teen 11h00 hervat word.

10h25. Van der Bergh en Badenhorst is terug in die hof… Verlaat albei weer die hof.

10h20. ‘n Hofbeampte lig OO in dat Van der Bergh in die hoofaanklaer se kantoor is.

10h18. Die speaker, Johannes Stoffels; die ANC-raadslid Hendrik Ruiters; en die voormalige DA-raadslede James Swiggelaar, en Mary May, is in die hof om Botha te ondersteun. Jurie Harmse het ook pas opgedaag.

10h15. Hier is Botha se vorige veroordelings, almal vir aanranding:

8 Feb 1993; 5 Spt 1995; 14 Nov 1995; 13 Spt 1996; 5 Mrt 1997; 10 Mrt 2003; 6 Feb 2005; 20 Apr 2010.

10h10. Van der Bergh het die hof verlaat en probeer tans, volgens ‘n hofbeampte, om die Botha’s se egskeiding skik om moontlike borg te probeer beding. Mev Botha wil die huis hê, waarvan Hendrik tans die helfte besit.

09h51. Christo van der Bergh kom in hof B aan. ‘n Ander saak is tans aan die gang voor landdros Steynberg.

09h45. OO sien mnr Christo van der Bergh, vir mnr Botha, en mnr Gideon Badenhorst, vir me Botha, in druk gesprek in die gang.

09h25. Botha het inderdaad agt bewysbare vorige veroordelings en sy kans op borg is volgens regskenners gering.

09h15. Botha verskyn tans in die mosiehof. Sy vrou wil die klagtes terugtrek, maar die staat het ‘n spesialis-aanklaer ingebring wat die terugtrekking weier.

09h05. Die aanklaer is siek en mnr Johan Erasmus, streekhofaanklaer wat ook in die Noël Pietersen-saak opgetree het, neem waar.

08h10. OO verneem dat die aanklaer ongretig is om die saak teen Botha te onttrek.

OO is verbysterd dat ‘n ANC-raadslid – ‘n áá-en-séé raadslid! – ‘n huishoudelike geweldsaak wil laat terugtrek… Is die ANC dan nie allervreesliks gekant teen huishoudelike geweld nie!?

Oudtshoorn. 12 Junie 2012. 13h05. OO verneem dat Botha se vrou en kind die klagtes teen hom gaan terugtrek.

Om ‘n klag terug te trek moet die klaer die ondersoekbeampte nader en ‘n tersaaklike verklaring aflê. Volgens kaptein Louis Visser van die SAPD is die ondersoekbeampte nog nie in hierdie verband genader nie.

Die ondersoekbeampte moet die klaer se nuwe verklaring aan die aanklaer voorlê vir oorweging.

Dit is nie ‘n uitgemaakte saak dat die aanklaer ‘n saak sommer so sal laat vaar nie, veral nie as die klag ‘n geweldsmisdaad is nie. Die aanklaer moet oorweeg of intimidasie dalk die terugtrekking kon beïnvloed.

So… die saak duur voort. Die saak van Oudtshoorn se “minister van finansies” wat sy gesin klaarblyklik, volgens die klagtes, so aangerand het dat hy in aanhouding bly.

Intussen het OO ook bevestig dat die agt “veroordelings” in die hof openbaar sal word. Die aanvanklike polisie-data maak nie onderskeid tussen sake wat hangend is, en teruggetrek is en skuldigbevindings nie. Dié besonderhede sal tydens die borgaansoek bekend word.

Oudtshoorn. 12 Junie 2012. 09h25. Landdros Johannes Steynberg het pas gelas dat Botha in aanhouding bly tot Vrydag wanneer ‘n formele borgaansoek voor die hof gebring sal word.

OO verneem dat Botha agt vorige veroordelings het en iemand na aan die saak het aan OO gesê dat Botha se probleme “baie ernstig” is.

Die vraag ontstaan nou onwillekeurig – behalwe as ‘n mens ‘n ANC-lid is – hóé in die naam van alles wat wonderlik is word iemand soos hendrik Botha ‘n kandidaat vir ‘n plaaslike regering… Hoe word só iemand verkiés!?

Botha het, voordat hy ‘n ANC-kandidaat geword het, probeer om ‘n DA-kandidaat te wees. Die DA het hom geweier.

Dat die ANC, en bepaald die ANC van Oudtshoorn, ons pragtige dorp regeer is ondenkbaar!

Berge val op ons; heuwels bedek ons!

Oudtshoorn. 11 Junie 2012. 11h15. OO verneem dat Botha môre slegs sal verskyn om ‘n datum vir ‘n formele borgaansoek vas te stel.

Die staat gaan borgtog teenstaan omdat Botha vorige geweldsveroordelings het en ‘n beskermingsbevel veronagsaam het.

Botha word in die Oudtshoorn Gevangenis aangehou.

Oudtshoorn. 11 Junie 2012. 09h08. Landdros Johannes Steynberg het pas gelas dat Botha in aanhouding bly tot sy borgaansoek môre.

Oudtshoorn. 10 Junie 2012. 21h52. Die ANC se hoofsweep en burgemeesterskomitee-lid vir finansies, Hendrik Botha, is vanmiddag om 12h00 in hegtenis geneem op ‘n klag van poging tot moord nadat hy sy seun ernstig aangerand het.

Botha se destydse aanstelling as sweep, in die plek van die bekwame Nondumiso Gunguluza, het as ‘n verrassing gekom.

OO verneem dat Botha vanjaar nog nie ‘n enkele hoofsweepvergadering, wat weekliks gehou word, bygewoon het nie

Botha se kennis van finansies word allerweë deur veral DA-raadslede bevraagteken en sy burko-aanstelling word toegeskryf aan Botha se noue verhouding met die burgemeester, eerder as aan bepaalde vermoë.

Botha word in die polisieselle aangehou nadat hy vroeër vandag kortstondig in die hospitaal opgeneem vir diabetes-verwante klagtes.

Botha sal na verwagting Maandagoggend in die hof op Oudtshoorn verskyn.

Botha is ‘n proporsionele raadslid van die ANC.

Burko-lede word deur die burgemeester aangestel. Botha se geweldadigheid maak hom ‘n verdagte aanstelling vir die belangrike amp van burko-lid vir finansies.

Botha se aanstelling reflekteer sleg op burgemeester Gordon April, wat sélf ‘n rekord van geweld het:

Op 15 Oktober 1996 is Gordon skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is ‘n opgeskorte vonnis opgelê: R400 of 6 maande, opgeskort vir 4 jaar.

Op 13 Oktober 2010 het Gordon in C-hof hier op Oudtshoorn voor landdros Mia Venter verskyn op ‘n aanklag van aanranding met opset om ernstig te beseer.

Me J Lewis het die klagte teen Gordon gemaak nadat hy haar na bewering op 27 April 2009 eers teen die regterarm en daarna teen die kop met klippe gegooi het. Die hof het gehoor dat Lewis deel was van ‘n ANC-optog wat verskeie OD-lede geïntimideer het. Die klipgooiery het plaasgevind vóórdat Gordon ‘n Damaskus-ervaring gehad het en tot die ANC se idiotologie (sic) bekeer is. Vóór dié bekering is Gordon verdink dat hy die ondersteuners van die party waarvan hy nou burgemeester is, onder die klippe gesteek het.

Gordon is op 24 November 2010 onskuldig bevind op die klagtes wat Lewis aanhangig gemaak het.

OO verklaar graag dat mnr Christo van der Bergh, van Coetzee en Van der Bergh, Gordon verdedig het, en soos almal op Oudtshoorn en omgewing weet, as jy Christo van der Bergh in jou hoek het, hardloop jy met ‘n onaantasbare voorsprong op die veld…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

18 thoughts on “ANC-sweep Hendrik Botha in hegtenis

  1. `n Ou wat vandag nog glo in die dissiplinere prosesse van die ANC-nee dan hoef ons nie verder te soek na `n Ou met kakhuis mentaliteit nie!!! As die ANC dan gevange gehou word deur `n graad 4 klong en `n klong wat
    `n Krimineel is,ag nee man ,van watter dissiplinere prosesse praat jy,die hele bekakendheid van ANC raadslede op Beroerdplein hoort agter tralies.

  2. SKANDE OP SKANDE

    Ons vier tans Jeugmaand EN Kinderbeskermingsmaand waar die klem val op die jeug en geweld teen kinders waartydens alle politici en gemeenskappe hulle daartoe verbind het om, onder andere, gesinsgeweld ten strengste te veroordeel. Einde verlede week is daar borg toegestaan aan ‘n ANC raadslid van Oudtshoorn, Hendrik Botha vir ‘n saak van gesinsgeweld en erger nog, poging tot moord.

    Dis ‘n skreiende skande dat van die redes wat aangevoer is vir borgskap die feit is dat hy ‘n raadslid is en dat selfs die NPP Speaker van die Raad vir hom getuig het. As ons dit erns het met hierdie tipe oortredings dan moet ons dit veroordeel en daarteen optree en oortreders geen borg toelaat om sodoende ‘n sterk sein vir alle sulke oortreders te stuur dat dit nie geduld sal word nie.

    Die afwesigheid van die ANC se vroueliga en jeugliga tydens hierdie saak spreek boekdele veral in ag genome dat ander ANC raadslede ook daar was om hulle kollega te ondersteun – teen sy aanhouding vir dié gesinsgeweld. Die Speaker en hierdie raadslede moet asseblief aan ons almal verduidelik hoe hulle die een oomblik van die verhoë af teen gesinsgeweld betoog en wanneer een van hulle eie raadslede aangekla word dan is dit skielik aanvaarbaar omdat hy ‘n raadslid is. Laat ‘n mens wonder of die reg verskillend is vir politici as vir Jan Publiek?

    Ons as inwoners van Oudtshoorn is KEELVOL vir die wyse waarop ANC raadslede en hulle aangestelde cronies die dorp se beeld so beswadder en ‘n mens hoef net die koerant te sien om dit te besef. Raak ontslae van hierdie elemente!

    Wonder net of hierdie raadslede ook die volgende paar dae tydens die beplande jeugdag programme gaan optree en hulle kollega se optrede gaan goed praat of gaan hulle vir die toekomstige leiers van more wys hoe daar daadwerklik opgetree gaan word teen enige oortreders van geweld teen vrouens en kinders.

    Viva ons jeug, viva ons toekoms en “down” met hierdie optredes en “out” met hierdie lede!

    Belê in ons toekoms!

    Francois Brill
    Oudtshoorn

  3. Ja toe spring die man met die Ou toilet(OT)-mentaliteit uit. Ja dis my tyd van LoL. Julle twee is eenders. “kyk waar kry ek die beste pakket( julle woorde). Is op die sousmissiel van die land. Jy dra maar nou net ‘n blou hempie. Ek het nie geweet julle het kontak nie. Ja ek drink rustig voort. My wynboek is ten minste nie R8000 pm nie. Jy het ook vergeet van die R100 000 vaste belegging wat ek gevat het. Ja Kawa is my wettige neef. Ja OT mentaliteit. Kry maar die forensiese ouditverslag by die pienkgebou. Daar waar julle so skinder. Julle verswyg die verslag.

    Ja gee maar jou naam OT. Ek gaan nie weer reageer nie. LoooooL.
    Ek hoop nie die ANC ondersteun die hoop nie. Gee maar morele ondersteuning, ens. Maar die ANC sal hul interne dissiplinêre prosesse laat loop, dan sal baie mense respek kry. Groete . Nou la

  4. Mense, lyk my in die àà-en-sie is veroordelings gelyk aan grade?Gemoedsversteurend en onaanvaarbaar!

  5. Sadruid die arme vrou sal seker nie anders kan,want Hendrik opereer soos `n mafiaboss daar in Dysselsdorp. Onthou die klong was nie verniet destyds in die SAKK nie.Hy manipuleer veral die jeugdiges wat onder sy invloed is.Die klong maak feitlik nooit sy eie hande vuil nie,maar gebruik ander om dit vir hom te doen,maar soos die gesegde lui: elke hond kry sy dag;en `n vark `n langnaweek.

  6. Hoe ek oor die gereg voel, is dat as sy die saak trug trek moet sy vir die koste verantwoordlik gehou word. Ek lees ook dat sy die regslui kon misbruik vir n skikings ooreenkoms. n Tendens wat almeer voorkom. Vir haar kan ek net inlig, as hy uitkom gaan sy dalk moet verhuis!

  7. Die teenwoordigheid van die ANC Raadslede, Swiegelaar en Mary May by die hof om Botha te ondersteun is nie miskien juis om Me Botha stilswyend te intemideer nie. Vra net !!!!!

  8. Edmund – Hoe val die geraamtes nou uit die kas – Shame on you Vicky, wys jou net mense wat in glashuise woon moet nie klippe gooi nie, lyk my daar is meer as een comrade met ‘n meesters graad

  9. Eish,ou Joss,hoe kan die pot die ketel verwyt? Ou Vic moet oppas dat hy ook nie binne die afsienbare toekoms sy oranje oorpak gaan aantrek nie.Betreurenswaardig ou Joss dat ou Vicky nou op sy eie Comrades trap, want hy en sy vriend Wilton Kawa het “on the house” (op skoolgelde) `n dop gemaak.Ou Hendrik (skapie) was eintlik die een wat hom ontmasker het.Vicky kan graag hier verduidelik waarom die SOE sy kantoor by Dysselsdorp Sek geraid het,en hy om verstaanbare redes daar bedank het.Hy moet graag verduidelik waarom hy `n dag voor Kersfees vir die skool goed uit Durban aangekoop het en die ondersoekspan nie die Company kon opspoor nie.Hierdie is maar nog `n druppel in die emmer,dit wat hy aangevang het lees soos `n riller!!
    Die beginselose plaasklong is niks beter as Hendrik Botha nie.Hier word nog nie eens gepraat van tenders wat hy so bekook het tot sy eie voordeel nie, Hy skroom nie om sy eie Comrades uit te verkoop nie.
    Genoeg van die gewetenlose verkragter van sy eie gewete.

  10. Klagtes gaan terugtrek? Hoeveel geld het die ANC en Gordon die vrou en kind gaan aanbied?

  11. Vicky by die ANC tel al hierdie dinge in die guns van Hendrik Botha en word gesien as ‘n Meestersgraad

  12. Eish, Ou Vicky dit is nou ‘n behoorlike bekvol. Wys nou net vir jou hoekom hy die Hoofsweep van die ANC is, wys jou net wat is die ANC se kriteria vir ‘n suksesvolle Raadslid !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  13. Hendrick is ‘n groot skollie en skelm. Waar is die geld van Kaizer Chiefs (R25000) wat hulle in die Eden Cup ‘n paar jaar gelede gewen het? Wie ry ook taxi met ‘n bakkie. Wie ry die skape aan uit Koutie wat wegraak?

  14. Dis wanneer bendes en rampokkers regeringsinstansies en ander belangrikke posisies oorneem, dat die einde naby is. Dis n oer oue probleem, en weliswaar deur Botha, Cele, Selebi en baie ander sg “leiers” bevestig word.

    Dis juis omdat OO dit so aanhoudend uitwys dat hul OO teiken, die raadsaal verbied, petrolbomme gooi en geweldadig raad. Vra maar vir April !

  15. Hy kan seker via teleconference deelneem aan Raadsvergaderings, of hoe ?

  16. Kan Botha uit die tronk stem vir items wat op die Raadsvergaderings dien of gaan Raadsvergaderings nie meer plaasvind solank hy uitstedig ( tronkverlof) is nie.!!!!!!!!!!!

  17. Hendrik is die chief whip van die 26`s bende – hy verteenwoordig hulle in die Raad.

  18. Lyk my dit word nou algemeen? Geweld is die norm vir van die vriedim moefmint?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s