Nic práát met die kaders

Barrow se geduld op

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 9 Junie 2012. 14h20. Kyk, dis genoeg om enige mens na drank te dryf. Hierdie ANC-getjommel.

Dis nie dat die kaders so nalatig is nie. Hulle is eerder plein onbevoeg – daarvan getuig bykans elke enkele berig op OO. Maar hulle gedy klaarblyklik ook om met voorbedagte rade in die kollektiewe gesig van algemeen aanvaarbare bestuurs- en regbesginsels te spoeg.

Hou in gedagte dat daar nooit ‘n raadsbesluit was om Allen Paulse se aansoek, om Thandekile Mnyimba se aanstelling nietig te verklaar, teen te staan nie.

Daar is ook geen raadsbesluit om teen die uitspraak te appelleer nie.

Gordon April neem sommer die besluite wat.

Is jý bereid dat ‘n standerd vierklong met ‘n hofrekord van geweld by wyse van spreke met die dorpskas se steutels in sy broeksak rondloop!?

Die kaders moet in gedagte hou dat Mnyimba nooit die munisipale bestuurder wás nie – die hooggeregshof het beslis dat sy aanstelling ab initio ongeldig is – nietig is.

Dis presies asof Mnyimba nooit aangestel is nie.

Daarom het Barrow gister briewe in dié verband aan April en aan Mnyimba gestuur:

Barrow het vanoggend sms-boodskappe aan al die ANC/Icosa/NPP-raadslede en aan al die munisipale direkteurs en regslui gestuur:

“Raadslede en amptenare, as julle aandadig is aan ENIGE betalings aan Mnyimba van 1 Junie af, sal die geld van julle PERSOONLIK verhaal word en ‘n klag van diefstal sal teen elkeen van julle gelê word by die SAPD.”

Aan OO het Barrow vanoggend gesê: “Verstaan die dom donners nie dat die hof beslis het dat Mnyimba nie die vaardighede en ondervinding het om munisipale bestuurder te wees nie!?”

“Mnyimba moes nooit eers op ‘n kortlys gewees het nie”, het Barrow bygevoeg.

“Die ganse Mnyimba-aanstelling is ‘n bedrogspul – hoe kon selfs die ANC’s nie besef het die man is nie gekwalifiseerd vir die pos nie?”, wou Barrow weet.

“Dat die ANC nou die Paulse-uitspraak will appelleer is die laaste strooi”, het Barrow gesê en bygevoeg “ek sal sorg dat al die vermorste geld aan Oudtshoorn se belastingbetalers terugbetaal word – deur die kaders in hulle persoonlike hoedanigheid!”

Hoor, hoor!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Nic práát met die kaders

  1. Province should shut this appalling self serving “administration” down as mandated and required by the provisionsons of the Municipal Management Act.

    Our town deserves justice and a fair, law abiding and transparent Council and Municipal management team to caringly serve the community of Oudtshoorn.

  2. Ek sekondeer “investigative public” en wil amper wonder hoekom die DAcievers so stil is, (onthou amper) maar dalk is hul met n fonds insameling beplannings vergadering besig!

  3. IN HUL PERSOONLIKE HOEDANIGHEID, ELKE KADER, en wanneer hulle self bankrot is, sal die pen(nie) dalk drop.

    Bredell en Barnard is weeeeeereeeens soooooo tjoepstil ! ODN het geen dienende leiers nie- PUNT !

  4. Hoekom sou dit n hofgeding kos om te wys dat die aanstelling van die mnyimba vent onreg was wat nie aan die publiek gewys nie maar ook aan die mec van munisipale sake nie……nou nog die vermetelheid om die man nog te wil betaal is wragtag magtag onverantwoordelik van jou raad ne…..mense julle moet nou regtig end kry met vermorsting van geld wat daar nie regtig is nie…….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s