Die vriedómfaaitirs van Verwardplein

Vuisvoos en verslae. Foei.

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 9 Junie 2012. 10h40. Die ANC-kabaal wat Oudtshoorn probeer regeer het wáárágtiglik nie ‘n koekieng klóé nie.

Dis eintlik hartseer om die allerbeklaaglikste verstandsverbysterende en gemoedsverswarende gesukkel te moet aanskou.

Nadat die Oudtshoorn-ANC die traaiparthyt vriêdómmoefmint se gesogte Goue Drol-toekenning (met eerbare vermelding) vir die hantering van die Noël Pietersen-fiasko verwerf het; het die Oudtshoorn-ANC homself so wrágtag oortref en die Mnyimba-aanstelling nog meer dramaties opgekof. (Ag nee, my lankmoedige lesers – moet nou nie goed lees wat OO nié skryf nie!)

Oorweeg bietjie die ANC se skouspelagtige gesukkel die afgelope week.

Op Dinsdag verneem die ANC dat die hooggeregshof meen dat die ANC se aanstelling van kader Thandekile Mbnyimba as munisipale bestuurder nietig is – omdat Mnyimba nie die vereiste vaardighede en ondervinding het nie.

OO het dit al láásjaar al (twee al’s) vir die ANC gesê.

Wat doen die kabaal?

Die kabaal besluit om teen die uitspraak te appelleer.

Nou kyk, ‘n appél van dié aard werk só:

Die ontevrede party – in hierdie geval die ANC-raad – moet ‘n aansoek voor die hooggeregshof bring om toestemming te vra om te appelleer. As die hof toestemming gee kan die ontevrede party appelleer. As die hof toesteming weier, kan die ontevrede party ‘n hoër hof nader om toestemming tot appèl te kry.

In ‘n appèlverhoor mag geen nuwe getuienis aangebied word nie. Die hoër hof wat die appèl aanhoor moet presies dieselfde getuienis wat die laer hof oorweeg het gebruik om moontlik tot ‘n verskillende besluit kom.

Die hooggeregshof het bevind dat Mnyimba nie die nodige vaardighede en ondervinding het om Oudtshoorn se munisipale bestuurder te wees nie. Dis nou Junie 2012. In Julie 2012, of in Julie 2013, of in Julie 2030 sal Mnyimba steeds volgens die getuienis voor die hof in Mei 2012 nié die nodige vaardighede en ondervinding op 1 Junie 2012 hê nie – selfs al het Mnyimba intussen járe se addisionele ondervinding en die vaardighede van Steve Jobs bekom.

En as die ANC-raad die appèl verlóór, dan moet Nondumiso Gunguluza; Hendrik Ruiters; Jeremia Goliath; Erik Ngalo; Gordon April; Lea Stalmeester; Jurie Harmse; Charlie Wagenaar; Hendrik Botha; Gertrude Phillips; Carmichael Ngalo; Vlancio Donson; en Johannes Stoffels, wat gestem het om Mnyimba aan te stel, al die belastingbetalers se vermorsde geld op Mnyimba – van aanstellingskoste tot salaris en voordele, tot regskoste – uit hulle se éie sakke terugbetaal.

Intussen weier die ANC om ‘n raadsvergadering oor die appèl te belê.

Hoekom?

Want die ANC is nie seker of hy op die steun van die NPP kan staatmaak om hierdie waansinnige appèl te loods nie. Daarom berus die ANC hom op die burgemeester se sg gedelegeerde mag om die besluit te neem om te appelleer. Die ANC is te bang om ‘n raadsvergadering te hou want die brose koalisie met die NPP is aan die verbrokkel. Op Icosa en die twee Donsons kan die ANC altyd staatmaak, nes ‘n koei altyd kan weet die gatvlieë is teenwoordig.

Nee, nee, nee! OO sal mos nou nóóit sê pappie Donson en seunie Vlancio is gatvlieë nie! Hel, hoe kén jy OO!? OO meen maar net die getrouheid van die Donsons is… aanhoudend.

OO meen dis hoogtyd dat Badih Chaaban, die NPP-leier; en Ron Lottering, die de facto plaaslike NPP-leier hul ware kleure wys en die ANC-kabaal tot orde dwing.

Misskien was Chaaban se geroesemoes verlede Mei en Junie oor “skoon regering” maar net warm lug?

Kan Chaaban die mense van Oudtshoorn sê of hy meer as louerige lug is, en of hy substansie aan sy uitsprake kan gee? Kan Chaaban se plaaslike luitenant, Ron Lottering, die nuut-aangestelde direkteur gemeenskapsdienste, ons sê?

Hoe lyk dit Ron… Badih!?

Nota
Vir OO daaglikse nuwe lesers – Verwardplein is ‘n woordspeling op die munisipale adres: na al die jare stééds “Verwoerdplein”.
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Die vriedómfaaitirs van Verwardplein

  1. OO, met n Standerd 4 kwalifikasie gaan hul bg verduideliking nie snap nie, nie nou nie, nie more of selfs volgende jaar nie, aldus jou gebruik van die woord ‘kabaal’. Gespuis sou net so goed en beskrywend wees

    Ek stel voor OO lesers gaan slaan ‘barbaars’ na, dis oppad !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s