Waarnemende Munisipale Bestuurder Deon Daantjie Lott

Berge val op ons; heuwels bedek ons!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 7 Junie 2012. 13h05. Hoe’t die plaasdominee nou weer oor die oordeelsdag gesê: Daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van tanne. En wie nie tanne het nie sal ge-suplaai word!

Deon Daantjie Lott is Oudtshoorn se waarnemende munisipale bestuurder. Of altans, hy het naam so geteken op ‘n kennisgewing gister.

Die enigste verblydende aspek van hierdie waansinnige aanstelling is dat die ANC-kabaal ten minste gehoor gegee het aan AfriForum se dreigement dat as Thandekile Mnyimba – die amptenaar wat deur die hooggeregshof geweeg en lig bevind is (aáaáaáái… ek mis darem só om te preek!) nie verwyder word as munispale bestuurder nie, sal dit vír die kaders gedoen word.

Maar Déón Dáántjie Lótt!?

Aaaaaai, jai, jai, jai, jai, jai, jai. Jai, jái, jai, jai!

Dís die vent wat Plettenbergbaai saam met Lonwabo Ngoqo in sy kanon in bestuur het. Klik hier.

Ons raak ontslae van Thandekile Mnyimba. En dan kry ons Déón Dáántjie Lótt.

Iewers hou die gode ‘n moerse paartie op Olimpus. En hulle lag hulle agterente af vir ons hier op Oudtshoorn.

Déón Dáántjie Lótt!?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Waarnemende Munisipale Bestuurder Deon Daantjie Lott

  1. OO miskien moet jy vir ons uitvind hoeveel geld het die belastingbetalers van Oudtshoorn die afgelope paar jaar spandeer aan hofonkostes net om onbevoegde en verkeerde aanstellings in die munisipaliteit van ontslae te raak.

  2. OO, ek is bly jy het die woord keffers met blaf blaf blaf opgevolg anders sal ‘hooggere geleerdes’ op ODN dit weer n “Spies” interpretasie gee.en n ouderdomsbeperking gee
    Dis so duidelik soos daglig, met Lott se aanstelling dat die koeel finaal deur die kerk is en dat die ANC nie meer weet watter kant toe nie en hul fonteintjie van sg leiers en bevoegdes totaal opgedroog het.

    As dit nie n bekentenis is nie, wat is ?

    LoTT se lot is ook net om die draai en ek waarborg hy gaan nie hou nie, dalk eersdaags self weer bedank om moeilike tye te probeer ontkom. Helaas, te min te laat

    Barnard, Visser en Bredell is ook tog nog ooooo so still ! (a DA Trade mark !! – wat net hul bekke vol lee beloftes voor n verkiesing rek en dan dissaper ‘ in a puff of smoke’ vir 5 jaar !!!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s