Die Mnyimba-krisis is van orkaansterkte

Dit góns in die ANC-koalisie

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 7 Junie 2012. 15h55. OO het pas verneem dat Duncan Korabie Prokureurs Allen Paulse se prokureurs (Faure & Faure) kennis gegee het dat die Munisipaliteit Oudtshoorn teen die Paulse-uitspraak gaan appelleer.

Pas voordat OO van hierdie verwikkeling verneem het, het ‘n leser bevestig dat Deon Lott slegs as munisipale bestuurder waarneem vir vandag en môre.

OO vermoed dus dat Thandekile Mnyimba Maandag in sy amp herstel sal word hangende die appèlproses.

Hoe gaan Mnyimba se kwalifikasies en ondervinding ánders lyk in appèl as in die hofsaak wat hy verloor het!?

Die ANC-kaders mórs belastingbetalersgeld!

Oudtshoorn. 7 Junie 2012. 06h45. ‘n Mens kry die arme ANC eintlik jammer.

Die versukkelde ANC is deur Vrydag se Allen Paulse-uitspraak uitgewys en ontbloot as ‘n organisassie wat nie verantwoordelike besluite kan neem nie.

Ons weet dit darem nou al lankal, so die uitwysing is nou nie juis ‘n verrassing nie, maar eerder ‘n tydige aanduiding dat die ANC nie met die bestuur en die regering van Oudtshoorn vertrou kan word nie.

Hierdie ANC-raadslede wat Mnyimba aangestel het, in opdrag van hulle politieke meesters, is meestal dieselfde ANC wat toegesien het hoe die destydse DA/OD-regering bykans R2m spandeer het om van Noël Pietersen ontslae te raak – en dieselfde ANC wat die besluit om Pietersen op staande voet af te dank volmondig ondersteun het!

Maar dis ook dieselfde ANC wat bykans R2m spandeer het om Pietersen weer aan te stel, in Augustus 2010; Pietersen R1.5m betaal het om terug te kom; en Pietersen dae later R1.2m betaal het om liefs te gaan!

Praat van deurmekáár!

Op die oomblik is die ANC-koalisie heeltemal verdeeld oor wat om oor die Paulse-uitspraak te doen.

Advokaat Shaheed Patel, oor wie se kop die verdoemende Kapp-verslag soos ‘n hoëveldse donderwolk hang, adviseer die kabaal.

OO verneem gesaghebbend dat Patel meen dat die Mnyimba-probleem in limbo is hangende ‘n besluit om die uitspraak dat Mnyimba se aanstelling nietig is te appelleer.

Die koalisie-vennoot, die NPP, is nie bereid om ‘n appélbesluit te ondersteun nie.

Verskeie ANC-raadslede is net bereid om ‘n appélbesluit te ondersteun indien Luthulihuis hulle opdrag gee en waarborg dat hulle koste volledig gedek sal wees indien hulle in hulle privaathoedanigheid vir verliese wat uit die Mnyimba-saak voortspruit gedagvaar word.

Dit is feitlik ‘n uitgemaakte saak dat die ANC nie die appèl-besluit voor die raad sal bring indien die NPP die besluit teenstaan nie.

Die ANC berus homself tans op die gedelegeerde magte van die burgemeester om ‘n besluit oor ‘n appèl al dan nie, te neem.

Die meriete van ‘n appél eis ook die aandag op: Regter André Blignaut het bevind dat Mnyimba nie die nodige kwalifikasies en ondervinding het om Oudtshoorn se munisipale bestuurder te wees nie. Die hof het hom nie uitgespreek oor politieke inmening of ander prosedurele asspekte nie.

Die vraag ontstaan nou hoe ‘n ander hof – en daar moet nog aansoek gedoen word om te appelleer – kan bevind dat Mnyimba inderdaad die nodige kwalifikasies en ondervinding het om Oudtshoorn se munisipale bestuurder te wees.

As Mnyimba nie die nodige kwalifikasies en ondervinding het nie, dan het hy dit nie – en hy sal dit ook nie teen die tyd dat ‘n appél geloods word hê nie.

Nes in die Pietersen-nagmerrie, is die ANC besig om miljoene belastingbetalersgeld te vermors.

Die vermorsing moet gestaak word.

OO verneem dat ‘n aansoek om ‘n interdik, soortgelyk aan die onlangse Mdluli-bevel, wat die raad sal verbied om Mnyimba as munisipale bestuurder te gebruik, baie moontlik sal volg op ‘n appél-aansoek. OO het ook verneem dat patel só ‘n aansoek voorsien en daarteen gewaarsku het.

Intussen is Mnyimba gister deur AfriForum gewaarsku om nie vandag sy kantoor te betree nie. OO sal dié situasie monitor en verwikkelinge gereeld rapporteer.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Die Mnyimba-krisis is van orkaansterkte

  1. Mnyimba is in al sy glorie terug in die gange van die Munisipaliteit. Hy gaan voort asof daar nooit n hofuitspraak is wat hom onbevoeg verklaar het om MM te wees nie. Die ANC se provinsiale kantoor se telefoonlyne is geknip weens wanbetaling en die balju het die meubels kom haal. Blykbaar moet Mnyimba nog vinning n paar deviations doen vir Fezile – hulle sodat die rekeninge betaal kan word.

  2. Kan mens vir die wat gestem vir die regskoste eers moet opdok en dan trug betaal as hul suksesvol was nie? Kan die gemeenskap orgenesasies nie die hof nader as vriende van die hof nie.

  3. Patel en die misrabele ANC weet hul het nie n voet om op te staan. “Bring it on cadres, you are use to egg on your face and missmanagment as your crede and MOTTO, as that is all you lot seem to be doing well in recent years – missmanage !! ”

    Ek glo stellig Nick en die Belastingbetalers sal aansoek doen dat hierdie vermorsde belastinggelde direk van Patel en die Raadslede se sakke sal kom. Dis die enigste manier om die verrotting te stop\
    ACCOUNTABILITY !! En dit het niks te make met “the ability to count” vir ons ongeskoolde vrinne nie.
    Dit beteken jy gaan betaal uit eie sak as jy swak, ondeursigtige, ongegronde of onbevoegde besluite neem, iets waarmee die ANC totaal vertroud is

    Die inwoners eis goeie deursigtige eerlike dienslewering, niks meer of minder nie, ‘yet another bridge too far for the ANC , i pray!!

  4. ..en ook saam met hom behoort “slap handjies” Bredell te gaan. Rome brand en Bredell, met al die gedelegeerde mag om in te gryp, sit grynsend en toekyk, of is dit annerkant toe kyk, soos ons uit sy bestuurstyl (as mens dit enigsins bestuur kan noem )lankal al agtergekom het. Theuns wil loop, Zille spartel vir n geskikte opvolger sodat sy self die “heat in the kitchen” kan vermy, of hoe ? Leierloos van bo tot onder, ODN ingesluit, maar hul soek net elke maand hul pay cheques !!!!!!!! Noem mens dit Belastingrowery ??

  5. Hopenlik vat hy daai ongeskikte, useless “want to be ” PA/sekretaresse ook saam.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s