Mnyimba onwettig op kantoor

“Munisipale bestuurder” moet gee pad!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 6 Junie 2012. 14h45. Bygewerk om 16h15. Thandekile Mnyimba is so wragtag nog op kantoor!

Die ANC se absolute minagting van die reg is asembenemend.

Daar is ‘n hooggeregshof-uitspraak wat bevestig dat Mnyimba se aanstelling as munisipale bestuurder nietig is – klik hier.

Mnyimba moet sy kantoor ontruim – Mnyimba moes al Vrydag sy kantoor ontruim het, as die ANC énige respek vir die Grondwet, waaroor die liberysjinmoefmint so hoog opgee, gehad het.

Iemand moet Mnyimba van betreding gaan aankla!

En iemand hét!

Chris MacPherson en Pierre Nel het om 14h41 ‘n klag van betreding teen Mnyimba gelê.

Nic Barrow het om 14h15 namens AfriForum ‘n brief aan Mnyimba beteken om sy kantoor te ontruim of môreoggend verwyder te word indien hy nie gehoor gee nie.

En… Nic Barrow het om14h30 ook ‘n bedrogklag teen Mnyimba gelê omdat Mnyimba op 26 April aan die appèlhof voorgegee het dat hy gemagtig sou gewees het om die raad te verbind om die appèl teen te staan van Pierre Nel, teen die uitspraak van regter Nathan Erasmus wat die raad gemagtig het om R1.5m aan Noël Pietersen te betaal.

Mnyimba het geen sulke magtiging gehad nie.

Mnyimba se turf sít.

Dit bring ons by die vraag: Wie is Oudtshoorn se munisipale bestuurder?

Interessante ene dié!

Die laaste raadsaangestelde munisipale bestuurder is Ron Lottering, tans die direkteur gemeenskapsdienste.

Lottering is in Desember tot einde Januarie 2012 aangestel om waar te neem nadat Mpho Mogale ons genadiglik verlaat het.

Mnyimba het egter toe uit die bloute reeds begin Januarie opgedaag en oorgeneem. Sommer so – klik hier.

Ron Lottering is die waarnemende munisipale bestuurder… Of het iemand ‘n beter idee?

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Mnyimba onwettig op kantoor

  1. Se hulle OO, se hulle. Die vermetelheid van die klonge. Nou gaan nog een se turf sit en hou die polisie fyn dop. Hul het n verpligting om op te tree of hulself sit aan die verkeerde kant v/d gereg en kan self krimineel aangekla word.

    Mooi skoot Nick. Hoe stil is al hierdie trogvreters van alle oorde nie nou nie !!!!!!!!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s