Sonder weerga op Oudtshoorn

‘n Huldeblyk aan die onderburgemeester, mnr Vlancio Donson

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 1 Junie 2012. 18h45. Oudtshoorn moet Icosa en sy kinderverkragter-president, Jeffrey Donson, baie dankbaar wees dat hy sy seun gegee het om as onderburgemeester te dien.

Sonder mnr Vlancio Donson sou Oudtshoorn se beeld baie skade gelei het.

Mnr Donson jnr se blote teenwoordigheid in die omgewing van die agbare uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, raadsheer Gordon April, verander die burgemeester in ‘n man van bogemiddelde intellek.

Mnr Donson jnr se sonnige sosio-politieke persona verhef April. Mnr Donson is vir April wat Sancho Panza vir Don Quixote is; wat Tonto vir die Lone Ranger is; wat Obelix vir Asterix is; wat Chewbacca vir Han Solo is; wat Baldrick vir Blackadder is; ja, voorwaar, wat Donkey vir Shrek is.

Oudtshoorn se onderburgemeester het Vrydag in die Oudtshoorn Courant andermaal sy formidabele intellek en vlymskerp politiek parate aanslag, getemper met die merkwaardige tydsberekening waarmee hy sy opponente in die raad met reëlmaat in die sand en klip laat byt, ten toon gestel:

Sulke administratiewe skerpsinnigheid en verbysterende debatsvermoë kan Oudtshoorn mos net ten voordeel strek!

OO het mnr Donson juis Vrydagmiddag per sms gelukgewens met sy witwarm reaksie in die Courant: “Onderburgemeester Donson, die intelligensie wat agter u kenmerkend deurdagte reaksie op mnr Prins se brief in die Oudtshoorn Courant skuil raak ‘n mens diep!”

Wanneer OO die voorreg het om die gewydheid van die raad in sitting ag te slaan, is dit meestal mnr Donson se vermoë om ‘n debat te fokus en tot ‘n punt te bring wat beïndruk:

Na vele 5-minuuttoesprake deur DA lede waartydens mnr Donson se ANC-kollegas meestal met onbeswaarde waddevok-uitdrukkings sit, kan Donson die fokus tjop-tjop herstel met iets soos “ek stel voor ons aanvaar die verslag soos hy is”.

En siédaar!

Die verslag word aanvaar.

OO is gemoedsverstreel en het daardie warm wollerige gevoel soos net die teenwoordigheid van ‘n wag soos mnr Donson op die muur kan bring. En emmers vol afgekeurde stookwyn.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Sonder weerga op Oudtshoorn

  1. Ja Boet – but you can’t sit on our Council and decide for Oudtshoorn while you live and have loyalties in another town.

    Oudtshoorn is not an ANC / ICOSA cadre dumping ground and self-enrichment “project” – Bugger off!

  2. OO, dink jy dat die skerp agbare Onder-Burgemeester van die Groter Oudtshoorn wat meer op die stoep van Ladismith se gebou as op Beroerdplein s’n verskyn, darem weet wat in die verslae wat hy so geredelik wil goedkeur, staan? Of is dit maar net nog ‘n geval van waddevoktheid wat die hele spul nog in die sand en klip gaan laat duik?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s