Raadsvergadering – en OO is ín!

Wat sal die kabouters vandag aanvang?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 31 Mei 2012. 10h00.

11h20: OO sal môre ‘n volledige analise van die begroting publiseer.

11h16: Die bespreking begin…

Chris MacPherson sê die DA ondersteun die burgemeester (Gordon) se sentiment: Om armoede te verlig.

MacPherson bedank die amptenary, veral die HFB, Deon Daantjie Lott, en sy personeel, vir ‘n “goed gedetailleerde” begroting.

11h15: Mense, maar Gordon het baie miljoene uitgelaat. Nou’s hy klaar. Of nie. Ja, tóg.

Die pantheons help ons.

11h12: Met rukke en stote het Gordon nou sy spiets klaar probeer lees. Ai, jai, jai, jai, jai.

Wag, nou wil Gordon iets sê waarvan hy vergeet het – hy lees nou verder. Ai, jai, jai, jai, jai.

11h00: Die burgemeester, wat tot ‘n dag of wat gelede nog in die hospitaal was met water op die… longe, lees ‘n toesprakie voor. Dit gaan maar swáár. Hy wil blykbaar die begroting aanvaar hê. So sê hy.

10h55: Uit die gallery vra mense nou ook “antwoorde”, maar die speaker sê hulle kan nie uit die gallery vra nie.

Die onderburgemeester stel voor dat die IDP, na al die uitwysings van flaters en foute, aanvaar word.

Jurie Harmse sekondeer.

Getalle is al wat tel; insig tel nie.

10h43: Verskeie DA-raadslede wys op talle tekortkominge in die IDP.

10h38: Julia le Roux wys daarop dat sommige raadslede nie eers hulle e-posboodskappe lees nie – die raad se sagtewareprogram, Collaborator, dui dit aan.

Le Roux haal uit die raadsdokumente aan dat “bedrog van honderde duisende rand” aan die raad bekend is.

Die raad is onverantwoordelik, sê Le Roux.

Daar is geen anti-korrupsie beleid in plek nie – “Halleluja”, sê Le Roux, “nou weet ons hoe die geld verdwyn.”

10h34: Pierre Nel en Wessie van der Westhuizen wys op die feit dat die IDP op baie plekke bloot uit ander rade se dokumente en uit vorige dokumente “copied and pasted” is!

“Dis ‘n verleentheid”, sê Van der Westhuizen, “daar is blaaie wat uit Stellenbosch se IDP gehaal isb”

10h18: Die speaker is nie wel nie en Charlie Wagenaar word tot voorsitter van die vergadering verkies.

10h08: Ewa Fortuin open met gebed.

10:06: OO is sonder probleme deur die hoofingang, in die geselskap van die Eden raadslid, Johann Koegelenberg, en die AfriForum-voorsitter, George Kersop.

Die raadsvergadering het nog nie begin nie – die ANC is mos ien tjaarts.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Raadsvergadering – en OO is ín!

  1. Het April water op die longe gehad.!!!! Dit is seker die water wat by die sand en klip moes kom wat Gordon gesluk het!!!!!

  2. “OO in ”

    Vra jouself af, is dit omdat hul besef dat hul al die tyd onkonstitusioneel opgetree het teenoor OO ,of dalk ewe skielik besef dat dit beter is om OO aan hul goeie kant te he – of is dit dalk n sekuriteitsglipsie, so onkonstitusioneel as wat dit is ?

    Die begin van die einde vir al hierdie ‘slim kabouters ” en trogvreters nader vinnig !

  3. Viva the Constitution!

    To hell with self-serving tyrants and dictators!

    PS Why is our “Paarl” speaker not present – Maybe he has a touch of guilt about his unlawful seat in our town Council, while he lives “miles away” in another town?

    Has this issue been raised and debated in Council – if not why not – the IEC and the law makes these Calitsdorp “uitlanders” an outrage and insult to the residents and ratepayers of our town!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s