Minderjarige vry op seksklag

Saak van die rol geskrap

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 30 Mei 2012. 13h50. Die klagtes teen ‘n minderjarige seun wat daarvan aangekla is dat hy ‘n seksvideo van minderjarige leerders van die Hoërskool Oudtshoorn op sy selfoon gemaak het, het in duie gestort toe landdros René Gerber die saak Maandag van die rol geskrap het.

Die kind is onder andere aangekla van die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie nadat hy in 2011 ‘n video-opname op sy selfoon gemaak het van drie seuns wat by die De Jager-sportkompleks omgang met ‘n 15-jarige skoolmeisie gehad het.

Die saak is in so ‘n ernstige lig beskou dat die klag na die Nasionale Vervolgingsgesag, en nie na die direkteur van openbare vervolging in Kaapstad nie, verwys is om te besluit of die leerder vervolg moet word.

Nadat die Nasionale Vervolgingsgesag na vyf maande nog nie ‘n besluit geneem nie, het die seun se regsverteenwoordiger, mnr Christo van der Bergh van Coetzee en Van der Bergh, die hof gevra om die saak te laat vaar.

Die tweede klag, die verspreiding van pornografiese materiaal, is na aanleiding van die leemte in wetgewing op seksuele misdrywe nie meer geldig nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Minderjarige vry op seksklag

  1. So wie het gewen en wie het verloor? Niemand behalwe die prokureur wie ‘n regmerkie in sy dagboek maak vir nog ‘n saak wat gewen is nie. Verder verval ons gemeenskap in ‘n put van verderf en verrot on regstelsel.

  2. Have we become a free for all society ?
    Ons gaan – en pluk reeds die wrang vrugte daarvan – wat jy saai sal jy maai !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s