Noël Pietersen spook steeds

Magtag! Nóú moet dit darem einde kry!

News with intent!

Your advertising is only as good as the people who see it – repeatedly! You want to do business with OO readers – people with money and control of corporate budgets. Click here

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 29 May 2012. 13h40. Die skade aan Oudtshoorn se beurs kan dalk nog, onder ‘n ander regering as die tragiese spul wat tans op Verwardplein regering-regering speel, herstel word. Maar die skade aan Oudtshoorn se psige is onberekenbaar.

Daai “Minister of Religion by training and Municipal Manager of Oudtshoorn”, soos Dooms Pietersen graag na homself verwys het, se drag slae in die appèlhof op 10 Mei is eintlik baie meer as ‘n blote snotklap.

Appèlregters Ian Farlam en Nonkosi Mhlantla het nie net Pietersen se appèl teen die interimbevel van regter Patrick Gamble van die Wes-Kaapse hooggeregshof op 17 September 2010 met koste van die hand gewys nie… Nel se regspan het nie eens stukke geliasseer nie!

Advokaat Gary Oliver, op instruksie van Nic Barrow, het Nel adviseer dat Pietersen se aansoek so gebrekkig is dat dit opsigself van die hand gewys sou word selfs sonder argumente van Nel.

Dit was dan inderdaad ook die geval.

En in die proses het Nel Pietersen ‘n hele klomp bokke gespaar.

OO-lesers sal onthou dat regter Yekiso op 19 Augustus 2010 gelas het dat die Wes-Kaapse hooggeregshof op 1 September sou beslis oor die die ANC-raad se R1.5m-uitbetaling aan Pietersen. Pietersen het op 1 September (regter Bozalek) en op 17 September (regter Gamble) bloutjies geloop toe die hof volgehou het dat hy nié die skikkingsbedrag kan ontvang alvorens die hof Pietersen se heraanstelling op 23 Februarie 2011 oorweeg het nie.

Op 8 Junie 2011 lewer regter Nathan Erasmus uiteindelik uitspraak in die munisipaliteit se guns.

Die appèl word eersdaags in die appèlhof aangehoor en dit blyk al hoe meer dat Pietersen ook met hierdie appèl in die stof gaan byt.

In ‘n tipies allerbeklaaglikste uitoefening van oordeel deur Oudtshoorn se gefragmenteerde en intellektueel bedenklike regering, veg die raad steeds voort – selfs nadat die raad sélf Pietersen stert tussen die bene, maar mét ‘n tas vol geld, verjaag het.

Die verstandsbenemende en gemoedsverswarende feite is dít:

Die raad spandeer meer as R2m om Pietersen te laat ondersoek en voor ‘n tribunaal te daag. Pietersen word uiteindelik op 25 Februarie 2009 op staande voet afgedank.

Op 4 Augustus 2010 stel Gordon April se ANC-raad Pietersen weer as munisipale bestuurder aan. Op dieselfde dag bevestig die bevelvoerder handelsmisdaad op George skriftelik dat die dagvaarding om “verdagte Mnr Pietersen” te vervolg afgewag word. Pietersen sou uiteindelik op 15 Februarie 2012 skuldig bevind word aan bedrog.

Pietersen noem hierdie swaksinnige besluit ‘n week later op ‘n mediakonferensie ‘n “arbitrasieskikking”.

Barrow bevraagteken die “skikking op die sterkste moontlike manier aan beide Fairbridges, die raad se regsverteenwoordigers in die Pietersen-saak, en advokaat Dirk van der Merwe, wat deur Fairbridges opdrag gegee is.

In ‘n brief van 11 Augustus 2010 aan me Wilma Brink, streeksekretaris van die Suid-Afrikaanse Bedingingsraad, bevestig Barrow dat sy kliënte hierdie “absurde” skikking as ‘n “miskenning van die Reg en die belange van die belastingbetalers van Oudtshoorn” beskou en dat hy opdrag het om die saak “tot op die been te ondersoek en enige ongerymdheid deur wie ook al aan die kaak te stel”.

Pierre Nel bring op 19 Augustus 2010 ‘n aansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om die uitbetaling te staak.

Op 8 Junie 2011 lewer regter Nathan Erasmus uiteindelik uitspraak en bevind in die munisipaliteit se guns. Die raad betaal Pietersen die R1.5m nadat die raad honderde duisende spandeer het om die besluit in die hof te verdedig.

Maar 111 dae later betaal dieselfde raad Pietersen sowat R1m om van hom ontslae te raak!

R2m om van Pietersen ontslae te raak. R1.5 om Pietersen weer aan te stel. R1m om die besluit te verdedig. R1m om weer van Pietersen ontslae te raak.

En dan wonder mense waarom OO die burgemeester en die raad se intellektuele vermoëns bevraagteken!

Kan die raad nie nou maar einde kry met hierdie belaglike Pietersen-grap nie!?

Genoeg is darem wrágtag genóég!

Skryf af die regskoste. Maak toe die boek! Kry einde! Magtag.

Click here to receive updates.

Advertise on OO!

Click here to return to the title page.

3 thoughts on “Noël Pietersen spook steeds

  1. allan boesak word ambasedeer en pieterse volg hom op as moderator ? wat het al 2 in gemeen ?

  2. investigative public jy het reg, verwat moet ons aanhou betaal vir hul ” SIMMIGHIED” selfs n hedendagse graad 6 klong sal wonder oor die vermoring!

  3. OO, hulle snap dit nie
    Maar hul sal dit wragtig vinnig snap as daardie rekening vir hul eie sak is.

    Kyk of Nick iets hieraan kan doen soos die BBV in n “Negotiorum gestio” geval en sodoende amptenare en die raadslede so vas te vat

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s