‘n Nuwe OO

Van vandag af aan…

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Drewan Baird. Oudtshoorn. 26 Mei 2012. 10h30. Ek het Marita van der Vyfer* al verskeie male aangehaal: “Daar is immers ‘n punt waar ‘n positiewe houding in onverskoonbare onnoselheid verander, wanneer hoopvolheid niks meer as stiksienigheid word nie.”

Daarom doen OO van vandag af nie weer ‘n beroep op die ANC; die DA; die provinsiale, óf die nasionale regering, om op Oudtshoorn in te gryp nie.

As enige van hierdie partye Oudtshoorn wou help sou ten minste een van hulle dit al gedoen het. Punt.

Die ANC is ‘n versoolde vryheidsbeweging wat alles weet van opruiing en die manipulasie van sosio-politieke liggelowiges, maar jammerlik faal om eerbare intensies uit te voer tot voordeel van die juiste mense wat die party klaarblyklik ten alle koste sal bly ondersteun.

En solank die ANC se stemvee by die trog van leë beloftes bly vreet, sal die ANC absolute beheer hê… soos die Nasionale Party van die Apartheidsomies met die bolkeiltjies absolute beheer gehandhaaf het.

Dié ANC-realiteit rig die DA.

Want die DA kan net groei as die DA die ANC se ondersteuners kan oortuig om die DA te steun. Die ander kleintjies is reeds in die DA-kamp, of, ten minste, in die kollektief anti-ANC.

Dit is meestal maar die geld wat die klein partytjies van die regering ontvang en wat die leierkaders van die klein partytjies se salarisse betaal, wat die kleintjies laat t-hemde druk om vir nog ‘n verkiesing te probeer bestaan.

Dis nie die DA se ondersteuners nie; dis nie die ondersteuners van die anti-ANC kollektief nie, maar die DA se énigste vóédingsbron – ANC-ondersteuners, wat die DA se strategie en taktiek rig:

1. Die DA kan nie bekostig om ANC-ondersteuners te vervreem nie;
2. Die DA moet vir ANC-ondersteuners wys dat die DA, en nie die ANC nie, ‘n meer volledige mandjie vryheidsvoordele kan verskaf as die ANC wat daardie vryheid bewerkstellig het.

En die DA kan dít net doen as die DA kan wys watter regte, voordele en voorregte mense het wat in ‘n DA-provinsie; in ‘n DA-metro; in ‘n DA-munisipaliteit woon en werk en speel en kinders grootmaak en na siekes en oues en armes en verslaafdes omsien.

‘n Paar munisipaliteite het uiteindelik die Kaapstadse Metro deliver. Die metro het uiteindelik die Wes-Kaap deliver. Die Wes-Kaap moet nou Gauteng en die Oos-Kaap deliver. En dan… die land.

Niks anders is vir die DA oorweegbaar tersaaklik nie.

Dié strategie is reeds meetbaar suksesvol en daarom sal die DA nie van hierdie pad afdraai nie.

Waar laat dit Oudtshoorn?

Want OO gaan oor Oudtshoorn.

Dit laat Oudtshoorn uitgelewer aan die kiesers van Oudtshoorn. Maar die probleem met kiesers is dat die meeste van hulle stemvee is – van Dysselsdorp tot Riemvasmaak met die nuwe beledigende en onsensitiewe naam tot Toekomsrus tot Bridgton tot die industriële gebied tot die sakekern tot die groen woonbuurte tot Lategansvlei en Volmoed.

Die armste van die arm inwoners van Oudtshoorn val geredelik vir die ANC se belofte van ‘n beter môre.

En van die rykste inwoners van Oudtshoorn weier om hulle verskanste lekkerleef-bubble te prik ten einde te protesteer teen die agteruitgang en plundering van infrastruktuur en middele.

En almal tussen die twee uiterstes kies die een of die ander kant.

En Oudtshoorn sterf stadig. Soos ‘n sieke wie se lewensdrup leeggeloop het terwyl die dokters en die nurste in die besemkas kafoefel.

OO sal nie eens weer ‘n brief stuur aan ‘n politieke leier nie. Dis eenvoudig nie die moeite werd om elektrone so onnodig te agiteer nie. Daar sal in elk geval niks van kom nie… hulle het nie die mag nie; hulle het nie die wil nie; hulle het nie die waagmoed nie; hulle het nie die energie nie; hulle het nie die strategiese aanslag nie; hulle het nie die gewete nie. Hulle het nie die knaters nie.

Daar is ‘n enkele uitsondering en OO sal in gesprek met dié individu bly. Dis dit.

Hoe gaan Oudtshoorn gered word?

Want redding is nodig, soos elkeen wat OO lees terdeë besef.

Só maak mens:

‘n Leierskader moet geskep word. Mense wat nie die raad en die munisipaliteit se vertragingstegnieke om verantwoordelik regstegnies korrek op te tree sal gedoog nie. Mense wat die politieke rampokkers op Oudtshoorn strategies met wortel en stok sal pak om die raad en die amptenary; om die administrasie, skoon te maak.

As jy só ‘n inwoner is, laat weet my – klik hier.

* 1999. Van der Vyfer, Marita. Wegkomkans. Tafelberg-Uitgewers. Kaapstad. 129.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “‘n Nuwe OO

  1. Se hulle oo, se hulle !

    Pragtig gestel Lizanne

    Raak ontslae van disfunsionle individue en diesulkes wat disfunksionaliteit in Munisipaliteite dupliseer.

    Die individu en ONAFHANKLIKES gaan veel meer stukrag aan ODN gee as wat beide die ANC of DA ooit kon droom om te doen !

    STERKTE

  2. Residents, a force to be reckoned with!

    Knowledge of our Rights in terms of the Municipal laws and by-laws as set out to protect our democratic rights and unity is power, they enable us to make informed decisions and act, rather than accept a one sided opinion from a Municipality totally ignorant of legal process and deceiving the public through false media statements.

    As residents we can no longer allow politicians and certain civic organisations manipulating our dysfunctional mal-administered Municipality for their own benefit? Can we the residents continue to allow our rights to be undermined, or are we jeopardising the very essence of our constitutional rights by remaining ignorant; fearful and indifferent?

    It is our responsibility and right as the residents of Oudtshoorn to make it known to our Municipal custodians that they cannot get away with pulling the wool over our eyes any longer. To do this we must familiarise and educate ourselves as to our rights through active participation in non-profit civic community organisations like the Oudtshoorn Rate Payers Association (ORPA) and Afriforum and adopt and enforce a policy of zero tolerance towards mal-administration and corruption.

    It is the intention and policy of the Oudtshoorn Rate Payers Association (ORPA) to support responsible and transparent development and economic growth in Oudtshoorn. However, in our charter we firmly resolve ourselves to urgently, resolutely and effectively act to save local government in Oudtshoorn from further dysfunction and decay. Therefore, ORPA cannot turn a blind eye to any individual, business or civil servant that exploits our currently dysfunctional Municipality.

    It is imperative that all Municipal Civil Servants; Councillors and Ward Committee members conduct themselves in accordance with the Municipal Systems Act; Municipal Financial Management Act and any other Law that has been written to ensure good clean and honest governance!

    Therefore, regardless of our individual opinions; beliefs and political views it is imperative that we unite and assert our right to open, clean, honest, transparent, responsible, accessible and responsive governance in accordance with the mandate that we have given our elected representatives.

    ORPA herewith invites all residents and rate-payers of Oudtshoorn with questions and recommendations and those who would like to get involved to please contact the Chairperson on:

    P O Box 810; Oudtshoorn; 6620 – Tel & Fax: (044) 272 0189 Cell: 082 880 2297 – Email: oudtshoornrpa@gmail.com

    The Oudtshoorn Ratepayers’ Association (ORPA) is a civic association established and mandated to represent the interests and concerns of ratepayers in the Greater Oudtshoorn municipal area. Our fundamental and overarching objective is that municipal governance in Oudtshoorn be clean, open, fair, just, responsible, responsive, transparent and accessible. We do not have partisan political interests and do not seek public or political office. Rather, we wish only to see that our elected representatives, of whatever political party or persuasion, carry out the programmes, policies and functions as mandated by the electorate in accordance with the law and established principles of good governance. In short, we leave policy to the politicians and the ordinary political process – we wish only to see that government is honest and just.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s