OO al 5 maal met lastereise gedreig

Die waarheid maak seer, gehoor!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 25 Mei 2012. 06h45. Vyf maal is OO al gedreig met siviele eise en selfs kriminele vervolging oor berigte en inligting wat tussen die oë tref.

Van die dreigemente het nog niks gekom nie.

1. 28 Februarie 2011. Ian Kenned, ‘n advokaat wat die ANC-raad konsulteer dreig met ‘n laster-eis van R500,000. Klik hier.

OO het berig dat Kenned vir bedrog aangekla is op Stellenbosch… En dit het later aan die lig gekom dat daar twéé sulke klagtes aanhangig gemaak is.

OO het om verskoning gevra dat hy berig het daar was net één bedrogklag.

2. 20 April 2011. Die uitgewer van Die Hoorn, Schalk le Roux dreig om OO siviel en strafregtelik aan te kla vir lasterlike bewerings teenoor die besigheidskamer en sy bestuur in die algemeen. Klik hier.

Die saak word gou-gou gemoedelik laat vaar en daar blyk nie veel skade aan die verhouding tussen OO en Le Roux te wees nie.

3. 9 Maart 2012. Die standerd-vierklong van Dysselsdorp se prokureur, Gerhardus (Hardy) Mills, dreig met R1.5m! Klik hier en hier.

4. 19 April 2012. Die standerd-vierklong van Dysselsdorp dagvaar OO in die gelykheidshof vir R50,000 omdat OO die standerd-vierklong van Dysselsdorp “die standerd-vierklong van Dysselsdorp” noem. Klik hier.

5. Die standerd-vierklong van Dysselsdorp dreig met ‘n R250,000-eis omdat OO hom “Sy Onnoselheid” noem. Klik hier.

Die standerd-vierklong van Dysselsdorp is blykbaar nie gepla dat OO hom ook “Die eenbare ‘Uitvoerende Verleentheid van die Groter Oudtshoorn'” en “Sy Voorbarigheid” noem nie.

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “OO al 5 maal met lastereise gedreig

  1. OO, so raak en so waar !
    Puik, puik.
    Hou asb aan om alle korrupsie en onkapabelheid te ontbloot en vir wie die skoen pas, laat hul dit maar aantrek.
    Wat n beter erkenning van skuld sal mens nie kry nie ~

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s