Jessie Duarte lóói Oudtshoorn ANC!

Onbevoeg! Rigtingloos!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 24 Mei 2012. 13h35. Jessie Duarte*, die hoof van Luthuli-Huis se moniterings- en evaluasie-eenheid, het die ANC-koukus Dinsdag behoorlik uitgevreet.

Sy het die ANC-regering beskuldig van ‘n koukus binne ‘n koukus; dat die regering “onbevoeg” is; en dat daar geen teken is van ‘n strategie vir dienslewering nie.

Duarte het onderneem om haar ontevredenheid onder die aandag van die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC te bring en om die situasie te monitor.

Duarte se uitbarsting is in skrille kontras met die onlangse uitlatings van die Wes-Kaapse DA-minister van plaaslike regering, Anton Bredell, wat meen dat die ANC-regering basiese dienste “nie te sleg nie” bestuur en dat die regering op die regte pad is.

OO erken – na baie lang gesprekke en langer hartsberade en ellelange oorweging en opperste akkommodasie – dat Bredell baie waarskynlik meer skuldig is aan swak kommunikasie as aan swak bestuur, maar dit bly ‘n onweerlegbare feit dat dit wat gesê word die algemeen aanvaarde teenswoordige wysheid word en bitter moeilik ongedaan gemaak kan word.

Hoe dit ook al sy, Duarte is kennelik min beïndruk met Gordon April en sy binnekring-kabaal.

OO verneem op die beste gesag dat ‘n sterk faksie binne die Oudtshoorn-ANC van die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba; en van die burgemeester se spesiale adviseur, Vuyisa Forplay, ontslae wil raak.

Annonieme bronne bekend met die omstandighede en gebeure, het Ian Avontuur; Phillip Goliath, Hendrik Ruiters, en Carmichael Ngalo as van die ontevredenes geïdentifiseer.

Mnyimba is glo nie opgewasse om die dorp te bestuur nie – “hy het nie die skills nie” – en oor Forplay word gesê dat “hy nie ‘n clue het van local government nie”.

Nou ja toe!

As die áá-en-séé meen ‘n koukus is sleg, dan is daai koukus slég, gehoor!

Nou wonder OO, terwyl sulke helse trane uit sy bruin oge oor sy vet wangetjies biggel: Gaan die standerd-vierklong van Dysseldorp Duarte óók prosedeer?

Want Duarte het Sy Onnoselheid in sy ‘goeie naam’, ‘eer’ en ‘reputasie’ móérse skade berokken…

* Duarte resigned as spokesperson for the ANC in April 2010, over disputes with top Jacob Zuma aide and deputy director general in the Presidency, Lakela Kaunda, among others. She has in the past served as a special assistant to former president Nelson Mandela and was a member of the provincial cabinet in Gauteng. She also served as an ambassador to Mozambique.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Jessie Duarte lóói Oudtshoorn ANC!

  1. OO, while Duarte is at it, quoting OO…”Sy het die ANC-regering beskuldig van ‘n koukus binne ‘n koukus; dat die regering “onbevoeg” is; en dat daar geen teken is van ‘n strategie vir dienslewering nie. (Presies waaraan die Wekaapse leiers aan skuldig is )

    Duarte het onderneem om haar ontevredenheid onder die aandag van die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC te bring en om die situasie te monitor.”….wil sy nie sommer vir Bredell / Visser/ Fransman ook laat monitor nie ?
    Hoe maak hierdie Weskaapse regering nie nou hul naam tesame met ODN ‘leiers’ weereens krater / bollie ens ens nie

    As daar enige bevoegdes oor is, steek asb jul hanne op !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s