Gordon and Clyde

Avontuurlike onnoselheid

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 24 Mei 2012. 05h30. Dat Clyde Avontuur die standerd-vierklong van Dysselsdorp verteenwoordig in Sy Onnoselheid (let op die hoofletters) se kwartmiljoenrand-eis teen OO is verstandsverstommend aangesien Avontuur direk bevoordeel is deur Gordon se onnoselheid…

Dit was op Gordon se wagbeurt dat daai dominee Watsenaam – Noëlie Pietersen – ‘n kontrak aan Khara Hais Construction, ‘n onderneming van Avontuur se ouers, toegeken het. Pietersen en die Avontuurs word nou vervolg vir bedrog van R500,000 wat verband hou met dié kontrak. (Klik hier vir die storie.)

Is dit ‘n slím burgemeester, of ‘n onnósel burgemeester op wie se wagbeurt sulke verregaande wanadministrasie plaasvind!?

Dit was op Gordon se wagbeurt dat Mpho Mogale, per geleentheid Oudtshoorn se waarnemende munisipale bestuurder, R313,267.99 aan Avontuur betaal het terwyl Avontuur die raad R622,640.39 geskuld het – en stééds skuld! (Klik hier vir die storie.)

OO verneem nou dat die polisie-ondersoek daarop wys dat die R313,267.99, gedeeltelik of ten volle, op sterkte van duplikáát fakture betaal is!

Die DOV oorweeg tans die vervolging van Avontuur en Mogale. Die DOV moet maar weet dat OO soos ‘n uitslag op hom sal wees as hy nie sy jop doen nie.

Is dit ‘n slím burgemeester, of ‘n onnósel burgemeester op wie se wagbeurt sulke verregaande wanadministrasie plaasvind!?

Avontuur word, ten minste tydelik, deur die standerd-vierklong van Dysselsdorp se onnoselheid verryk en dan aanvaar hy Gordon se opdrag om OO te dagvaar omdat OO rapporteer wat Avontuur, en elke ander inwoner van Oudtshoorn heimlik reeds weet: Dat die standerd-vierklong van Dysselsdorp Onnosel is. Met ‘n hoofletter.

Clyde, Gordon, kom nou boys…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on “Gordon and Clyde

  1. Partners in crime ?????? “SLIM” want ons mag nie onnosel gebruik nie , of mag ons ??

  2. barrow vir R500 000 en jy vir R250 000. wie is volgende vir R125 000 ? gee my ‘n bod ?

  3. avontuurlistige mannetjie. waa het hy geswot ? seker saam met pieterse by wes-kaap

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s