OO is onafhanklik

En onverskrokke! As jy wil weet waar OO staan; lees OO!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 23 Mei 2012. 10h10. Ek, Drewan Baird, eienaar en uitgewer van OudtshoornOnline, is nie ‘n lid van die DA nie.

Ek, Drewan Baird, eienaar en uitgewer van OudtshoornOnline, is nie ‘n lid van die ANC nie.

Ek, Drewan Baird, eienaar en uitgewer van OudtshoornOnline, is nie ‘n lid van die Oudtshoorn Belastingbetalersvereniging nie.

Ek, Drewan Baird, eienaar en uitgewer van OudtshoornOnline, is nie ‘n lid van die Oudtshoorn Burgerlike Beweging nie.

Ek, Drewan Baird, eienaar en uitgewer van OudtshoornOnline, is nie ‘n lid van AfriForum nie.

OO wys korrupsie en wanadministrasie uit – wie ook al daaraan skuldig is; en OO wys lamsakkigheid van politici en amptenare wat veronderstel is om korrupsie en wanadministrasie aan te spreek en te verhoed, uit.

OO spreek korrupsie en wanadministrasie aan. Nou en dan iets anders.

Nou, iets oor die vliegskool-sage.

‘n “Sage” is iets soos ‘n storie deur fantasie uitgebrei.

Daarom: Iets oor die vliegskool-sage.

Van meet af aan is OO se standpunt dat die vliegskool nie net ‘n welkome ekonomiese geleentheid is nie; maar ‘n krities belangrike inisiatief wat baie moontlik Oudtshoorn se ekonomie op die herstelpad kan plaas.

OO het nog net twee berigte oor die vliegskool gepubliseer, beide in Engels sodat al die deelnemers aan die debat aan OO se standpunt blootgestel kan word:

Op 8 Mei – It’s time to clear the air – berig OO: “We need TFASA, to be sure. We need TFASA for a long time. The TFASA initiative may very well be the economic lifeline Oudtshoorn needs”.

Op 9 Mei – The Flight School must stay; public participation is mandatory – berig OO oor ‘n vergadering tussen die sakekamer en senior munisipale amptenare: “OO has learned that both parties claim that the meeting was a success and that future colaboration between the Chamber and the Municipality is forseen.”

Dat daar tans beweer word dat OO teen die vliegskool se teenwoordigheid gekant is, is kwaadwillige sopstories. Dis leuenagtig en van alle waarheid onbloot. Dis verstandsverstommend dat intelligente mense hulle fiksheid probeer verbeter by jumping to conclusions!

Dat daar pogings is om OO te ondermyn is alombekend en ‘n funksie van OO se feitelike tussen die oë aanslag.

Oudtshoorn word deur onkapabeles regeer. Dié doodskrisis het ons aandag nodig; verspotte ouvroustories durf nie aandag van hierdie doodskrisis aflei nie.

Die vliegskool-verwarring is júis ‘n direkte gevolg van Oudtshoorn se onkapabele munisipale bestuur en die huidige Babelse verwarring oor dié inisiatief kan net so op Verwardplein se brood gesmeer word!

Nee, jy mag nie glo wat jy wil nie; vergewis jouself van die feite. Of bly stil.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “OO is onafhanklik

  1. Dear Ed

    Just keep on reporting the truth, without fear or favour – any deviation from that approach becomes yet another conspiracy adding more “sticky” strands to the complex web of corruption woven in our Municipality and the better part of the national administration.

  2. Sadruid, elke keer as die spul “leiers”daar op ODN misinformasie saai, OO wil dagvaar of watse streke ookal uithaal, dan publiseer OO dit, prokureursbrief met spelfoute en al asook al ,die optrede van n sekere agbare burgermeesterjie, nou nie van ODN nie, maar enetjie wat totaal onnosele nonsens aanjaag, dag na dag wat opgevolg word met die vraag, is so n outjie nou onnosel of nie ? Ek wonder op watse dorpie hierdie ongeruimdhede gedoog word ? Enige publiek wat dit sou toelaat moet uiters onnosel wees !!!!

    Dis nou wat mens noem; BOOMERANG IN YOUR FACE WITH INTEREST !
    OO, hou so aan, binnekort gaan daar geen wegkruipplek wees vir diesulkes nie, net n donker sel by Pollsmoor
    Sterkte !!

  3. Politics is a dirty game, and many will try to divert the medias and yours to be precise away from their underhanded dealings, and even better if they can blame you for it as well! Dink nie dit is n grap nie , maar dalk is die datum verkeerd?

  4. Willie, Glen, IP

    I appreciate your unsolicited comments.

    I ask no more than a fair consideration of the often distressing facts I am compelled to publish!

    Critics such as you are in fact the very people I wish to reach!

  5. Even I, one of your critics, know that you’re not only, not against the flight school, but are very positive about it’s acquisition/retention.
    It’s a very dirty world in which you are entertaining us!!

  6. OO, hierdie misinformasie is maar seker weer n poging van die onkapabeles en “onnoseles”
    Whats new ?

    Sterkte, so IN DIE KORRUPTES SE GESIGGE, AL DIE TYD EN SO AANHOUDEND, TODAT HULLE PADGEE of tronk toe gaan of beide – PUNT !

  7. Dear Mr Baird,

    I just received a call to respond to this email. Be assured that the perception that OO is against the flightschool is not coming from us.

    In fact I just read your reports and found your reporting direct, but fair and reasonable.

    Best,

    Willem Marais

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s