April en kornuite woes ongebreideld voort

Die munisipaliteit word geláái met verdagtes!
O-n-a-a-n-v-a-a-r-b-a-a-r

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 23 Mei 2012. 14h30. Die jongste faksie-kader wat Verwardplein op die gesag van Gordon April betree het is ‘n ou bekende in ons midde, advokaat Shaheed Patel, wat geskeduleer is om vandag saam met ene advokaat Loock ‘n werkswinkel oor delegasies op Verwardplein aan te bied.

Patel het glo ook maande gelede reeds instruksies ontvang om die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, by te staan met kontraktuele aangeleenthede – soos die kontrakte en verwante dokumentasie, waaronder bouplanne, wat op die vliegskool betrekking het.

In hierdie verband het Patel ‘n inwoner aangeraai om te oorweeg om ‘n dringende interdik teen die vliegskool se bedrywighede te bekom!

Watter objektiewe oorweging verwag kan word as ‘n regskonsultant súlke uitsprake maak, is ‘n dwingende vraagstuk!

OO is in besit van ‘n 193-bladsy verslag van 12 November 2011 waarin aanbeveel word dat bepaalde optredes van Patel by die Oudtshoorn en George munisipaliteite by die “Eenheid vir Ernstige Handelsmisdaad” aangemeld word.

Die verslag is reeds maande gelede deur ‘n senior amptenaar persoonlik aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, oorhandig…

OO verneem gesaghebbend van bronne na aan beide Patel en Mnyimba dat die twee se verhouding beskryf kan word “as between brothers”.

Patel het Mnyimba in Ikwezi bygestaan en een van OO se bronne op Jansenville het vanoggend opgemerk dat Patel se betrokkenheid op Jansenville tot ‘n einde gekom het toe Mnyimba op Oudtshoorn aangestel is.

Uit ‘n bron in die Skwatsha-faksie van die Wes-Kaapse ANC verneem OO dat Patel se verhouding met die ANC versuur is en dat hy deesdae in Eden doenig is – Eden; George; Kannaland; en Oudtshoorn – waar bepaalde politieke en administratiewe funksionarisse hom nog goedgesind is.

OO maak ten sterkste beswaar oor die teenwoordigheid in die munisipaliteit van Thandekile Mnyimba; Deon Lott; Francois Human; Shaheed Patel; en Jaco Eastes.

Terloops, een van Oudtshoorn se gewese senior amptenare, Roland Butler, is op 11 Mei skuldig bevind op 6 klagtes van wanbestuur en verlede week deur die Overberg Distriksmunisipaliteit ontslaan.

Hoekom is Oudtshoorn die tiep vir vrot amptenare!?

Hoekom laat ons dit toe!?

Terwyl daar beswaarlik iets aan die teenwoordigheid van bepaalde onkapabele raadslede gedoen kan word, synde hulle deur die mense van Oudtshoorn verkies is, behoort gemeenskapsorganisasies soos die belastingbetalersvereniging en die Burgerlike Beweging egter teen bedenklike amptenare en ander funksionarisse te agiteer.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “April en kornuite woes ongebreideld voort

  1. OrganiCRIME nowadays perhaps just another word for organised crime ??

  2. Soos ek dit nou verstaan betaal ons `n vet salaris aan Mnyimba wie op sy beurt Patel betaal met ons fondse om sy handjie vas te hou. Who needs an organigram!

  3. Al wat ek kan se, ek sien swarigheid vir hierdie dorp. Die “arme drommels” wat vir hul bly stem, sal sien dat hy/sy nog laaank gaan honger en koud slaap. Daar is nie pille vir domgeid nie.

  4. Beslis en inderdaad OO
    Expose all the underhandedness and corruption until the ODN slate is completely CLEAN
    So AANHOUDEND, ONOPHOUDELIK IN HUL GESIGTE, ELKE DAG !!
    Wat is Patel en Bredell se reaksie hierop OO ?
    n Beswaarmakingsbriefie aan hierdie welvoeglike here sal van pas wees, veral hul SPOEDIGE reaksie !!
    Dalk het Bredell vir Patel n joppie innie Kaap, noudat dingetjies met die AinCEE versuur het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s