Gordon eis R250,000 van OO

Die politici se obsessie met OO is eintlik lagwekkend

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 22 Mei 2012. 14h07. Ek het nog nooit gereken dat OO ‘n magtige lid van die media is nie.

Op Oudtshoorn is daar twee puik weeklikse koerante en Die Suid-Kaap Burger en die Son bedien die behoudende en die senasionele daagliks met onderskeiding.

OO lewer kommentaar – nuus met méning. En mening beteken natuurlik sienswyse en opinie; sowel as durf.

En jy kan kiés om OO te lees, of te ignoreer.

Maar die politici – van Helen Zille tot by Gordon April – is eindeloos behep met OO. Hulle léés OO glad nie, gehoor! Maar hulle weet presiés wat OO berig – en hulle weet dit sodra dit berig word.

Gordon is nou vreeslik teer oor iets wat OO kwytgeraak het.

Jonathan Shapiro, die wêreld se voorste spotprentkunstenaar, Zapiro, het vanoggend op e-tv gesê dat kuns en prosa en digkuns en joernalistiek juis veronderstel is om die grense te verskuif – of iets in dier voge.

En, het Shapiro gesê, politici is uitgelewer aan skerp kritiek.

Dit nadat die gewraakte Zuma-plakaat van Brett Murray vroeër vandag geskend is.

Ek het gister ‘n brief ontvang van Gordon April se prokureurs, Avontuur en Genote, waarin April R250,000 eis omdat hy glo “skade gely het in sy goeie naam, eer en reputasie in hierdie bedrag” toe OO op 5 Mei na die burgemeester verwys het as “Sy Onnoselheid”.

Ek weet nie waaroor die bohaai is nie, want ek het hoofletters gebruik.

Hier is Avontuur se brief, wat ook sommer my reaksie is:

Ek meen dat as joernalistiek nie aktivisme is nie, is dit maar net stenografie.

Nou, ietsie oor “onnoselheid”.

Stel jou voor, ‘n burgemeester… nie noodwendig Oudtshoorn se burgemeester nie – énige burgemeester, en sy raad.

Dié burgemeester sien toe dat ‘n amptenaar wat 20 maande vroeër eenparig op staande voet deur die raad, waarvan die burgemeester self lid was, afgedank is, heraangestel word en dat R1.5m aan die amptenaar bewillig word. Dié burgemeester sien toe dat die raad bykans R1m spandeer om die uitbetaling in die hooggeregshof te verdedig. Dié burgemeester sien toe dat die R1.5m aan die amptenaar uitbetaal word. Dié burgemeester sien toe dat die amptenaar 111 dae later nog sowat R1m uitbetaal word om sy dienste te beëindig.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar is nie ‘n ouditkomitee nie. Die laaste ouditkomitee se mandaat het in September 2010 verstryk.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die raad hét nie ‘n dienslewerings- en begrotingsimplementeringsplan (Engels: SDBIP) nie. Daar is dus nie spráke dat die korrelasie tussen die geïntegreerde ontwikkelingsplan (Engels:IDP) en die begroting énigsens gemeet kan word nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Nie eens één énkele departement onder die burgemeester se voogdyskap kon sy sleutelprestasie-aanwysers (Engels: KPI) kon nakom nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Publieke deelname is onmoontlik want daar is géén manier hoe die uitkomstes van openbare voorstelle wat in die IDP vervat is in die begroting gemeet kan word nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar is geen bygewerkte IQMS (Integrated Quality Management System) sedert 2008 nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar is nie ‘n organogram goedgekeur nie en alle aanstellings wat nie op gronde van ‘n goedgekeurde organogram gemaak word nie is eenvoudig onwettig en die koste – R1,348,920! – verspil.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar is geen bygewerkte delegasieregister nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die raad het nie ‘n goedgekeurde bate en laste-register nie en weet dus nie werklik wat Oudtshoorn besit, en wat Oudtshoorn skuld nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar is ‘n R26.1m kontantvloei-tekort.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Kapitaalprojekte is met byna 50% gesnoei. Die raad wil ‘n R40m-lening by ‘n kommersiële bank beding om kapitaalprojekte te finansier. R5m tor R7m per jaar is nodig om die lening te delg… en vóór die lening is daar rééds ‘n R26m kontantvloei-tekort.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die raad het nog nie die finansiële jaarstate vir 2008/09; 2009/10; en 2010/11 goedgekeur nie. Die state vir 2010/11 is nog nie eens voltooi nie. Dit beteken dat die 2011/12-begroting opgetrek is sonder inagneming van vorige jaar se finansiële rekords.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Verskeie ongemagtigde betalings van sowat R1.5m is eenvoudig deur die raad “gemagtig”.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die aanstellings van die munisipale bestuurder en die direkteur korporatiewe dienste word in die hooggeregshof betwis.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

‘n Amptenaar het R150,000 wederregtelik oor ‘n tydperk van 6 maande ontvang om dat die finansiële bestuurstelsels dit nie uitgewys het nie.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Ten minste vier bedrogsake teen amptenare en raadslede – MAS 35, 36, 37 & 38/8/2011 – word deur die valke ondersoek.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die begrote omset vir 2012/13 is 7.2% hoër as die vorige jaar; die oorskot is 53% laer.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Die begrote omset vir 2013/14 is 18.4% hoër as vir 2012/13; die oorskot is 36% laer.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Kontantreserwes het oor die afgelope 4 jaar met 85.5% verminder, en daar word beweer dat die kontantreserwes nou uitgeput is.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Daar word beweer – op sterkte van oorweldigende prima facie getuienis – dat die burgemeester sand en klip van die raad vir eie gebruik gevat het.

Is dié burgemeester slim, of onnosel?

Oordeel self.

Onthou, dis nou nie noodwendig Oudtshoorn se burgemeester waarna verwwys word nie – dis énige burgemeester en enige ooreenkoms met Oudtshoorn se burgemeester is nie iets wat op OO se brood gesmeer kan word nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Gordon eis R250,000 van OO

  1. Nee John dis eerder n geval van onnosel mense wat hom instem en ondersteun , nes daai klomp idiote in Kannaland wat telkemale vir Donson instem ten spyte van sy bedrog en diefstal wat al toeka deur die Dekker verslag uit gewys was . Maar nouja daar is nie pille vir onnoselheid nie !!!

  2. Of kan dit wees dat dit ‘n leë dreigement is nes Hardy, of OO wil gesmoor word? Lyk my OO is ‘n bedreiging?

  3. Kortweg lyk dit my of die geleerde manne betaling soek en agterkom hul sal dit maar nie van Gordon kry nie en dit is geen Aprill grap nie. Nou skut hul die boom en hoop vir n meevallertjie.

  4. Ek wonder al hoe meer oor daardie “slim” advies wat April se prokureursvir hom uitdis. Die publiek het reeds lankal n opinie omtrent April, maar wie gaan nou ooit weer daardie “slim” prokureurs wil gebruik TENSY dit hul plan vanaf die begin was… hul weet Gordontjie het nie n kat se kans om te slaag, maar gaan hy vir Gordon n rekening stuur ? Cant loose either way, SLIM !!

  5. Slaap gerus OO!

    Dis sal net ‘n baie onosel burgermeester wees wat jou sal wil aanvat dat hy nie onnosel is nie as daar so n rekord van onnoselheid teen hom opgestapel is.

    En dan sal enige hof vir hom sê hy is onnosel!

    En so onnosel sal hy sekerlik nie wil wees nie.

    Miskien is dit ‘n onnosel prokureur wat vir sy onnosel kliënt adviseer om so ‘n onnosele aksie te begin.

    Maar miskien is die onnosel burgermeester slim genoeg om net al die onnoselheid op sy onnosele raadslede en amptenare te blameer.

    En dan is hy glad nie so onnosel nie!

    He he he!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s