Het Pietersen betaal!?

Die antwoord hou ernstige nadelige gevolge in vir die veroordeelde dominee

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 18 Mei 2012. 06h20. Nadat Nic Barrow vandeesweek getuiedagvaardigings aan Gordon April; die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba; en Deon Lott, die direkteur finansies, beteken het, is daar gister in ingeligte kringe kommer uitgespreek oor die munisipaliteit se reaksie.

Barrow probeer vasstel of die R17,542 belastingbetalersgeld wat Noël Pietersen gesteel het, inderdaad aan die raad terugbetaal is.

Pietersen is op 15 Mei in die Oudtshoorn streekhof skuldig bevind aan bedrog oor dié R17,542 en sy appél moet voor 15 November in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Regskenners en gemeenskapsleiers het gister, na OO se berig oor die dagvaardigings, kommer uitgespreek dat die munisipale breinstrust (!?) moontlik bewyse van betaling kan bewimpel en fabriseer.

Indien die geld inderdaad nié terugbetaal is nie, kan dit ernstige nadelige gevolge vir Pietersen se appél inhou aangesien die streekhof tydens Pietersen se verhoor ingelig is dat Pietersen die geld wel terugbetaal het.

Barrow het op 3 Mei aan Pietersen se prokureur geskryf oor die betaling:

Ezechiel Beddy & Associate Attorneys
Groeneweide Park
George
6530

DRINGEND

Geagte Mnr Beddy,

INSAKE: STAAT TEEN / NM PIETERSEN

Bogemelde aangeleentheid verwys.

Ek en verskeie ander belanghebbendes (insluitend die Staatsaanklaer) het op verskeie geleenthede probeer vasstel of u kliënt, Pietersen, die geld wat hy gesteel het om die regskostes teen my in die Siviele saak te betaal, wel terug betaal het.

Hy het ook so onder Eed getuig.

Indien ek nie voor more om 14h00 aanvaarbare bewyse van betaling ontvang nie, gaan ek die saak by die Polisie aanmeld. U sal deeglik bewus wees dat hierdie aangeleentheid ‘n impak op Pietersen se Appèl sal hê.

OO verneem dat die staatsaanklaer by verskeie geleenthede by die munisipaliteit probeer vasstel het of Pietersen die geld terugbetaal het, maar sonder sukses.

Barrow het op navraag aan OO gesê dat hy twee telefoon-boodskappe vir Beddy gelaat het om te verneem of die geld terugbetaal is. Beddy het die oproepe nie beantwoord nie.

Indien die streekhof onder ‘n wanindruk gebring is oor die terugbetaling kan dit ‘n ernstige nadelige invloed vir Pietersen se appél inhou.

Maar bid jou dít aan: Die munisipale bestuurder van Oudtshoorn, die dorp se hoogste amptenaar met wye uitvoerende magte, steel R17,542 van belastingbetalers en die raad weier om op belastingbetalers se vrae oor terugbetaling te reageer!

Kan daar nog by énige inwoner van Oudtshoorn énige twyfel bestaan dat die ANC nié Oudtshoorn se mense se belange dien nie!?

Die ANC het Pietersen R1.5m betaal om hom in sy amp te herstel nadat dieselfde ANC ‘n vroeëre raadsbesluit eenparig gesteun het om Pietersen op staande voet te ontslaan.

Die ANC-raad spandeer daarna honderde duisende rande om die R1.5m-uitbetaling in die hooggeregshof te verdedig… En betaal Pietersen letterlik weke na die uitbetaling ‘n ékstra R1.2m om sy kantoor te ontrúim!

En dan maak hierdie narre daarop aanspraak dat hulle oordeel uitgeoefen het oor die Pietersen-besluite – that they applied their minds.

The appication of minds speaks volumes on the minds, methinks!

En steeds weier die ANC-kabaal om aan belastingbetalers te bevestig dat Pietersen, nadat hy miljoene aan belastingbetalersgeld ontvang het, die eina-bedraggie van RR17,542 – wat Pietersen gesteel het – terugbetaal het.

Verstandsverstommend!

Gemoedsversteurend!

Allerbeklaaglik!

En absolute en afdoende bewys dat die ANC Oudtshoorn volhoubaar bedônir.

Oor die moontlike vervalsing van ‘n betalingsbewys wil OO die ongewone stap neem en die “breinstrust” vriendelik waarsku: Ene Nicholas John Barrow gaan April, Mnyimba en Lott onder kruisverhoor neem… Moet nou nie in die gode se oë spuug nie, toe. Want julle gaan k… bars.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “Het Pietersen betaal!?

  1. zuma het vir pieterse gepardon met 18 maande so hy het nog 10 maande credit vir toekomstige skuldig bevindings

  2. Het die Raadslede al betaal vir die uitstaande geld (selfoon) wat hulle vir die belastingbetaler skuld al die afgelope paar jaar, of is hierdie skuld afgeskryf!!!!!!!

  3. Hoe klink ‘n singende dominee met sy hand in die kollekte bord van die skatkis van Oudtshoorn, terwyl Barrow die kitaar slaan.

  4. sadruid as Pietersen sing gaan daar baie amptenare en Raadslede hang, feit is dat Pietersen baie mense beskerm want hy weet as die bom bars is daar geen einde nie en dit is hoekom hy ruimskoots vergoed is om stil te bly.

  5. Lizanne- Seker by die Bergoord waar die Imbuzo gehou gaan word dit is mos President April se geliefkose plekkie.

  6. Mogale, wat Nokeng tsa Taemane se deure toebestuur het, is die nasionale minister van plaaslike regering se gesant om na probleem-munisipaliteite in die Wes-Kaap om te sien.

    Wat Bredell daaroor te sê het, vra OO nie eens nie.

    Only in the ANC does promotion follow on fuck-up.

  7. Volgens inligting vanoggend ontvang gaan Mnr Mpho Mogale vandag en more se Burgemesters Imbuzo bywoon iewers in die swartberge, vir wat?

  8. Will the penny ever drop for these thieves ? NOOOOOOOOOOOOOO!!!
    Not until someone is safely behind bars !
    Sterkte en baie dankie OO en Nick, Oudshoorn skuld jul baie.

  9. Ek wonder net as Dooms begin sing wie gaan tjank? Want dit lyk my of die belasting betalers gebruik word om namens ander te betaal om hom stil te hou.

  10. Ek dink die verskuldigde bedraggie het die ANC vir die Dominee afslag gegee as ‘n trou geskenk. April en Kawa behoort te weet

  11. OO – Dink julle nou regtig President Gordon April sal homself verwerdig om aan julle antwoorde te gee oor die skamelike bedraggie van R 17 542.00 wat die dominee moes terug betaal aan die belastingbetalers van Oudtshoorn. April skrik nie eers vir die Hof nie so wat maak jy, Barrow en selfs die Minister anders. !!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s