‘n Beter staatsdiens

Die voorvereiste vir ‘n Suid-Afrika wat kan werk

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 15 Mei 2012. 08h05. ‘n Wyse oud-raadslid herinner my gereeld daaraan dat ‘n dorp heel skaflik bestuur kan word met goeie amptenare, selfs al is die raad maar twakkerig.

Oudtshoorn se bestuurspan bestaan uit Thandekile Mnyimba, Francois Human, Deon Lott, Ron Lottering en Zukiswa Ntile.

Oudtshoorn se korporatiewe gesondheidstoestand is alombekend.

In ‘n lesersbrief in Rapport die afgelope Sondag skryf ene Antonie van Wyk oor die suksesse van die Franse staatsdiens.

In Frankryk is werk in die staatsdiens so gesog dat ’n universiteitsgraad nie voldoende is om ’n hoë pos daarin te bekom nie. Studente wat die beste op universiteit vaar, kan aansoek doen om verder aan die “Grande École” te gaan studeer, waarna jy dan aansoek mag doen om ’n middelbestuurspos in die staat. Selfs in dié stadium is jy nie verseker van ’n pos nie, want net die beste uit die aansoekers word gekeur. As jy hier uitval, moet jy maar jou potjie in die private sektor gaan krap as sakeman, dokter, prokureur of as wat jy ook al opgelei is.

Nou kan ’n mens jou afvra of hierdie vlak van gehalte en kundigheid werklik nodig is in die staatsdiens. Die feit is Frankryk het ’n uiters doeltreffende staatsdiens wat deur Europa, ook deur die Swede en die Duitsers, bewonder en beny word. Dit is oneindig wensliker as ’n staatsdiens (soos ons eie) waar kandidate op grond van familiebande en dergelike redes aangestel word en waar funksionele geletterdheid in baie gevalle nie eens ’n vereiste vir ’n senior pos is nie!

Baie van die uitvoerende hoofde van groot instellings in Frankryk (soos Air France) is oudstudente van die “Grande École”. Ook is baie van die uitvoerende hoofde van groot instellings in Brittanje (soos British Petroleum), oudstudente van Oxford en Cambridge en baie van die uitvoerende hoofde van Amerikaanse instellings is oudstudente van Harvard en Yale.

Of hierdie verskynsel beskou kan word as “kader-ontplooiing” in die sin waarin Suid-Afrikaners die term verstaan, moet u maar self oordeel.

Ek sou egter wat wou gee om daardie vorm van ontplooiing in Suid-Afrika te kon hê!

Verlede Oktober het Erik Holm in Beeld oor die Franse staatsdiens geskryf:

Die beroepskanale in ons staatsdiens is oorgeneem van die Britse stelsel, want dié het dit natuurlik in al hul kolonies ingestel.

Dié kanale is tegnies, vakkundig en administratief.

Hierdie indeling het ook posgevat in die industrie, die sakewêreld en alle semi-staatsinstellings.

Die oorsprong van die Engelse stelsel kan ’n mens terugvoer na die antieke Romeine.

Dié het met drie kastes gewerk: slawe, burgers en patrisiërs.

In die vroeë Engeland was dit arbeiders, gildenaars en adelstand.

Ná die nywerheidsrevolusie het hulle begin praat van tegniese werkers (blue collar), vakmanne (white collar) en administrateurs of eienaars (capitalists).

Die indeling van dié stelsel het ’n diepgewortelde implikasie van rang­orde (en selfs van aangebore kaste-rangorde).

Van tegnies na vakkundig kan jy net vorder as jy jouself geweldig verbeter deur studie en ambisie.

Van vakman na administrateur vorder jy beswaarlik sonder die regte familiestamboom en allermins as jy nie kan afleer om iets konstruktiefs met jou hande te doen nie.

Alle besluitnemingsgesag berus by die administratiewe garde – van die klerk tot by die bestuurder is húlle diegene wat die mag het. Heel bo sit ’n regering wat (per definisie) super-klerke moet wees.

As ’n mens aan hierdie loopbaan­indeling gewoond geraak het, kom dit as ’n verrassing dat nie alle kulture hierdie indeling volg nie.

Die Franse staatsdiens het byvoorbeeld ’n heel ander siening van loopbaankanale.

Enersyds is dit sekerlik omdat die Franse tydens húl revolusie hul hele adelstand ’n kop korter gemaak het ter wille van gelykheid en broeder­­skap.

Andersyds is hulle ook minder tegnies en meer humanisties begaafd as die Engelse.

In elk geval is hul loopbaanklassifikasie eerder op menslike talente en eienskappe as op die funk­sionele behoeftes van die nywerheidstaat gegrond.

Die Franse onderskei drie loopbaan-rigtings: Die konseptualiseerders is diegene wat kreatief dink, beplan en bestuur.

Die uitvoerders is die entrepreneurs, doeners en bouers.

En die ondersteuners is diegene wie se talent en vreugde daarin lê om andere te help en te onderskraag in hul projekte.

Hier is ook geen rangorde geïmpliseer nie – ’n topondersteuner kan byvoorbeeld dalk eindig as minister en baie meer verdien as ’n konseptualiseerder wat ’n restaurant se spyskaarte uitdink.

Sodra jy mense se funksies begin sien in terme van verskillende talente, word jy ook bewus van hul onderlinge afhanklikheid in ’n stelsel (eerder as hul mag oor mekaar).

’n Stelsel met fantastiese konseptualiseerders en idees sit immers hopeloos verlam sonder doeners wat die insigte in aksie kan omskep.

Die doeners moet op die een of ander wyse die helpers oortuig om te help, eerder as om te onttrek (of nog erger, te saboteer).

Doeners en helpers is insgelyks gedoem om hul duime te draai sonder die visie van die konseptualiseerders.

Só reguleer die verskillende spesialiste mekaar se optrede op ’n wyse waar aksie net geneem word wat tot voordeel van die gemenebes lei.

En inderdaad is dít hoe alle stelsels in die natuur hulself regeer of reguleer.

Nie een spesie in ’n ekostelsel het regeringsmag oor die ander nie. In ’n miernes is daar geen kaste wat die sweep klap oor die ander nie.

Tog is daar noodwendig samewerking.

Dit lyk my die Franse loopbaangids is nie net meer menslik nie, maar ook meer natuurlik! 

Oudtshoorn…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “‘n Beter staatsdiens

  1. OO, its clear Steven did not read OR UNDERSTAND the first 4 comments.
    It is precisely because of the Stevens of this world that we are in the mess we are. Less than ONE YEAR from now Steven might see the damageand destruction he and his ANC cronies have caused the greater SA and future generations.

  2. Yet another vetgat walking around Oudtshoorn streets with his sweatty face!

  3. Die Franse regering het so goed gevaar met sy staatsdiens dat hy nou politieke mag afgestaan het aan die sosialiste !! Ironies.

  4. As die Franse stelsel in hierdie land geimplimenteer moet word sal daar skaars n staatsdiens wees. Afrika mentaliteit is die inding anders is SA uit. Met feitlik alles word ander lande se wette en reels nagejaag, maar behalwe met indiensnemings en plaas van “onkundiges” want kundiges bestaan nie in hierdie land nie, in bestuursposte aan te stel. En dan kom die self verryking. Dit is bo aan die lys of soos Engelsman sal se, deel van die percs.

  5. OO pragtig gestel
    Vraag; Kry die administrateurs en raadslede op ODN hierdie boodskap, of is hul gelukkig om te sien hoe hul eiehandige daaglikse optrede ODN op n afwaartse spiraal van verwoesting lei ?

    Kry hulle dit, of is hul doelbewus net plein oneerlik, gee nie om, slegs aangewese op selfverryking, ongeag die skade en uiteindelike prys wat die belastingbetaler uiteindelik SAL MOET BETAAL ?

  6. In Oudtshoorn word die denkers, organiseerders, helpers en werklike spesialiste opsetlik uitgehou sodat die eenogiges met hul eie “cowboy and crooks” speletjies kan voortgaan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s