Kannalanders keelvol

Optog om memorandum aan Bredell te oorhandig

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 14 Mei 2012. 10h35 Die Kannalanders, onder leiding van gemeenskapsleiers Bob Reynecke; Hennie Smit; en Joslyn Johnson, oorhandig vanoggend ‘n griefskrif aan die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell.

Mense van Bergsig in Calitzdorp; van Zoar en van Ladismith neem aan die optog deel wat by die Parmelatfabfriek begin en na die munisipale geboue lei.

OO kan maar net wonder waarom Bredell persoonlik op Ladismith opdaag terwyl hy Oudtshoorn se kiesers en inwoners soos die pes vermy en slegs in- en uitsluip vir klandestine vergaderings met mense van sý keuse.

Die griefskrif spreek onreelmatige aanstellings in Kannaland in – Morné Hoogbaard; Kelvin Vollenhoven; Nigel Delo. Boonop het Hoogbaard nou ook die afgedankte bestuurder regsdienste van Eden, Enrico Campher, wat oor sy regskwalifikasies gelieg het, as konsultant in Kannaland aangestel.

Volgens Johnson spreek die memorandum onreelmatige tenders ook aan. Spysenieringstenders word volgens Johnson gereeld aan die speaker se ma, Bettie Ruiters toegeken terwyl ander soortgelyke ondernemings nooit ‘n kans kry nie.

Verkiesingsbeloftes van huise en werk en elektrisiteit word nie nagekom nie. OO het met die mense se verbreekte verkiesingsbeloftes absolute vréde. Wie Jerfrey Donson en Icosa se verkiesingsbeloftes glo kan maar net hulle eie onnoselheid blammeer as die beloftes op niks uitloop nie.

Voorts is daar ongelukkigheid oor sowat R80,000 wat bewillig is vir Vryheidsdagfeesvieringe. Verskeie inwoners bevraagteken die aanwending van die geld en vermoed dat bepaalde raadslede en amptenare van hierdie geld ontvang het. OO kan bevestig dat niemand met wie OO gepraat het enige bewys van sulke wanaandwending verskaf het nie, maar dat die vermoedens sterk uitgespreek is.

In ‘n uiters insiggewende verwikkeling, wat Oudtshoorn ten nouste raak, sal twee verteenwoordigers van die Openbare Beskermer se kantoor Donderdag en Vrydag in die geselskap van kaptein Linders van die plaaslike SAPD die Dekker-verslag se bevindings bekyk met die oog op ‘n nuwe ondersoek.

OO het tydens die aanstellingsproses van Francois Human as direkteur korporatiewe dienste beide die burgemeester, Gordon April, en die DA se verteenwoordiger op die komitee, Diane de Jager, gekonfronteer omdat die Dekker-verslag se bevindinge geïgnoreer is.

OO het só oor die verslag se invloed op Human se aanstelling geskryf:

If the report was considered, provide justification for Human’s appointment with reference to the findings of the report and subsequent disciplinary hearing:

1. That Human shut his eyes to continuing malpractice;
2. That disciplinary action against Human was recommended for non-compliance with statutory obligations;
3. That Human (and several senior managers repoprting to Human) were to be suspended… pending the finalisation of the proposed disciplinary hearings;
4. That Human was held accountable for the alienation of municipal land.

On July 23 2004, Human, and two senior managers reporting to Human – Deputy Municipal Manager Reggie Timmie and Treasurer Hennie Nel – were in fact suspended, and Human later “encouraged” to depart, by the then Local Government and Housing MEC, Marius Fransman, after they allegedly mismanaged municipal funds.

The subsequent displinary hearing cost Kannaland R37,834.15.

Francois Human is nié geskik om die direkteur korporatiewe dienste op Oudtshoorn te wees nie!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Kannalanders keelvol

  1. Ag hul kon ook by kersvader, die paashaas, en tandemuis gaan kla het, dalk sou hul dan teen krismis iets gekry het al was dit n choclate eier of n muntstuke in hul skoene!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s