Chris MacPherson uit die raad gejaag!

ANC-speaker beveel DA-sweep om die raadsaal te verlaat!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Mei 2012. 14h35. Die DA-sweep, Chris MacPherson het vanoggend daarop aangedring dat die kwartaalverslag van die direkteur finansies, Deon Lott, slegs aanvaar word as die notules waarvolgens die verslag opgetrek is ook goedgekeur word.

Die speaker, die NPP se Johannes Stoffels, het MacPherson se ordepunt geweier onder luide uitroepe van die onderburgemeester (of “visepresident”) Velancio Donson, en toe MacPherson weier om bes te gee het Stoffels hom aangesê om die raadsaal te verlaat.

MacPherson het geweier en “sekuriteit” is ingeroep. MacPherson het die raadsaal toe op eie stoom verlaat.

Die raad het in komitee besluit om die uitbetaling aan die voormalige direkteur korporatiewe dienste, Thembani Gutas, na die burko terug te verwys. Die DA se voorstel is destyds aanvaar dat Gutas slegs die balans van die bedrag wat die raad aan hom toegeken het en die bedrag wat hy die raad skuld, sou ontvang. Hy is egter die volle skikkingsbedrag betaal sonder dat enige aftrekkings vir skuld gemaak is.

Die raad het gehoor dat beide CShell en Lemon and Lime, wat onlangs hofsake teen die raad verloor het, teen die uitsprake gaan appelleer. Die sake gaan oorstaan tot ‘n volgende raadsvergadering.

Die aansoeke vir die pos van direkteur gemeenskapsdienste het glo reeds op 5 April gesluit. Die ANC het aanbeveel dat die burko as aanstellingskomitee dien – ‘n voorstel wat deur die DA teengestaan is.

Ron Lottering sal in die pos bly waarneem totdat ‘n aanstelling gedoen word.

Geen langlys is aan die raad voorgelê nie.

Die raadsvergadering is gekenmerk deur mosies om bepaalde burko-besluite te bekragtig sonder om die besluite te debatteer. Die ANC het gestem om die besluite goed te keur; die DA daarteen.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Chris MacPherson uit die raad gejaag!

  1. Electra – Kyk dit werk nou so, Stoffels en April dink hulle is die ” Hoof” van die Raad en ook van die dorp maar eintlik is die ANC die nek wat die hoof draai soos wat dit hulle pas.

  2. The Speaker is a NPP member in the ANC Coalition, appointed by the ANC, therefore the ANC Speaker.

  3. “ANC-Speaker beveel DA-Sweep om die raadsaal te verlaat” and a few lines down “Die speaker, die NPP se Johnannes Stoffels”. OO you pride yourself on speaking the truth, just like it is – please explain the discrepancy. Which one is it?

  4. @ grottemannetjie

    Oudtshoorn is a three ring circus, 1 for the council clowns, 1 for the Cape Harlequins, and the 3 for the court jester’s!.

  5. Lest we forget who is doing the eviction and laying down of the law in OUR COUNCIL CHAMBER:-

    “Donson and Stoffels are not even resident in Oudtshoorn and should not even be members of the Council, let alone hold senior positions above their lowly stratum.

    Complaints, ito the Electoral Act 73 of 1998, as amended by Act 27 of 2000, were filed with the SAPD on 22 September (CAS 794/9/2011, Oudtshoorn) against the Oudtshoorn Executive Deputy Mayor, Mr. Velancio Donson; and the Speaker, Mr. Johannes Stoffels.

    Neither the Deputy Mayor, nor the Speaker is ordinarily resident in Oudtshoorn.

    The SAPD is reluctant and the NPA averse to pursue the matter.

    Several sections (including, but not limited to 7(3)(a); 8(3); 87(3)(a)&(b)) of the Electoral Act are breached and that the initial remedy is for the Deputy Mayor and the Speaker to be removed forthwith.

    Furthermore several sections of the Constitution; the Municipal Electoral Act 27 of 2000; and the Municipal Structures Act 117 of 1998 are being infracted by Icosa (Donson) and the NPP (Stoffels)”

  6. Werklik tyd dat julle ouens in Oudtshoorn ophou “rates and taxes” betaal en maar liewer net sirkus kaartjies koop!!
    Hel, die land lag hulle pap, dis nou die wat nie in soortgelyke gemors is nie!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s