ANC will Sokopo-kontrak tersyde stel!

Die ANC is so deurmekaar so groentesop in ‘n tuimeldroër

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 10 Mei 2012. 10h35. Dis om van te lag; dis om van te huil.

Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-leier; en sy kornuite, soos Putco Mapitiza en Major Sokopo, die ANC se streeksekretaris en -tesourier; en Gordon April, die graad sesklong wat burgemeester-burgemeester speel op Oudtshoorn, het gesorg dat Thandekile Mnyimba as munisipale bestuurder aangestel word.

Mnyimba se aanstelling is die onderwerp van ‘n hooggeregshofgeding – die uitspraak word nou enige dag verwag en selfs die ANC blyk te meen dat die aansoeker, Allen Paulse, die saak gaan wen.

Dit was Mnyimba wat Sokopo se firma, Major General Trading, eensydig aangestel het om BTW-herwinning te doen – klik hier.

Na die bohaai wat OO hieroor opgeskop het, het ‘n Kaapstadse ANC-leier wat sterk bande met Oudtshoorn het en wat gereeld op OO kommentaar lewer, die plaaslike ANC-koukus laat aanspreek.

OO verneem dat die ANC die DA daarna genader het om ‘n mosie te ondersteun om Sokopo se aanstelling tersyde te stel.

Dít kan nou nie juis die verhoudings tussen die burgemeester en sy burko; tussen die burko en die ANC-koukus; en tussen die ANC en Mnyimba goed doen nie.

Die ANC weet kennelik nie herwaarts of derwaarts nie. Die ANC is absoluut onbevoeg om Oudtshoorn te regeer.

Maar laat ons nou maar erken: of dit nou die ANC, óf die DA is wat regeer, die bevele uit Kaapstad is wat plaaslik geïmplementeer word. Oudtshoorn word nie deur mense van Oudtshoorn regeer nie.

Daarom, my lankmoedige lesers, moet die magsbalans op Oudtshoorn uiteindelik in die hande van party-politieke onafhanklike raadslede wees.

Ons word links en regs bedônir.

O, en oor Mnyimba… Daar klim nou lelike monsters uit die kas op Jansenville. Sulke groenes met vreeslike swart moesies.

En die moesies is in ‘n patroon wat vreeslik trek op ‘n paar kringe wat oorvleuel.

Hou OO maar dop. En onthou van die kringe.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “ANC will Sokopo-kontrak tersyde stel!

  1. Bring it on OO
    Mnyimba ???????
    Lott ????????????
    April?????????????
    Sekopo ????????????
    Fransman ?????????????
    Visser ?????????????????
    Bredell ????????????????????

    Geen Polyzilla gan gogenoemde krake OOIT herstel nie
    Krap skoon die wond en etter NOU
    Clean out or clear out politicians !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s