Raad vervang Mubesko; MeyerOtto

Kontrakte nie hernu nie

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 9 Mei 2012. 14h55. Drié jaar gelede, op 11 Maart 2009, het OO berig dat ‘n konsortium – Mubesko en MeyerOtto – aangestel is om Oudtshoorn se “finansiële Guernica” uit te sorteer – klik hier.

Die konsortium het baie geld gekos – miljóéne – omdat vrotsleg amptenare nie hulle werk gedoen het nie en die konsultante die gemors moes kom regmaak.

En die konsortium hét Oudtshoorn se finansiële rekordhouding reggeruk!

Verlede week het die munisipale bestuurder besluit om die konsortium se kontrak nie te hernu nie.

Die konsortium werk nou op ‘n maand-tot-maand-basis totdat die oudit van die 2010/11-jaarstate voltooi is.

OO verneem gesaghebbend dat die direkteur finansies, Deon Lott, nie die besluit van die munisipale bestuurder ondersteun nie.

Die MB het onlangs Major Sokopo se firma aangestel om BTW-herwinning te doen (klik hier) en daar word nou gevrees dat ‘n soortgelyke kader-firma in die konsortium se plek aangestel gaan word… Al die werk vir daardie miljoene in fooie aan die konsortium kan letterlik binne één boekjaar ongedaan gemaak word.

Die ANC kan eenvoudig nie met die dorpsregering vertrou word nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

8 thoughts on “Raad vervang Mubesko; MeyerOtto

  1. Steven, wats jou naam nou weer ?
    Is dit Steven of Stephen ?
    Doomsie reken hy weet van jou, ver langs n neef of iets

  2. Steven

    Synde KwB van die toneel verdwyn het – op dieselfde tyd dat Dooms Pietersen skuldig bevind is – is jy nou loshande die kakpraatkoning op OO.

  3. Tot watter mate het Meyer Otto die finansiele gemors reggeruk as die munisipaliteit nogsteeds probleme ondervind? Meyer Otto is seker ‘n DA kader maatskappy wat nie hul werk na behore kon uitvoer nie. Hulle is wel bekend daarvoor dat hulle munisipaliteite stroop.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s