Rom rom, Zille kom

Kom die DA-leier uitéindelik gesig wys!?

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Drewan Baird. Oudtshoorn. 6 Mei 2012. 08h30. Ek het snuf in die neus gekry toe ek die DA-raadslede, en ‘n bestuurslid of twee, gisteroggend, uitgevat in blou, onder ‘n tentjie, voor Pick n Pay gewaar het.

Hulle het glo digby die honderd mense “gewerf” gister.

Hoe sê die Woord nou weer – oor die armes van gees?

Laataand gisteraand beginne twee en twee vir my toe alte veel op vier trek. En toe bel ek maar vir my ou vrind, Daantjie Dinamiet, wat gereelderig hier op OO ietsie en ‘n ander te sê het.

Hy was darem nog wakker, skuins voor middernag. En sy stem ryk van sagte, verouderde Merlot.

“Ja”, sê Daantjie, “só hoor ék ôk… Ma’ wáá de dónir kom jý daaraan!?”

Ek maak dit my besigheid om te weet wat die mense doen wat Oudtshoorn in die rug steek.

So, my lankmoedige lesers, dit lyk of Godzille Oudtshoorn toe kom.

Sy moet haar maar vetsmeer. Dit sal meer kos as as ‘n blou t-hemp, ‘n paar isiXhoza woorde en ‘n dansie om haar party se gemoedsbekakkende reputasie (klik hier) op Oudtshoorn te probeer Pollyfilla.

Zille sal, byvoorbeeld, moet verduidelik hoekom ek weer vir die DA moet stem as die ek en die meeste mense op Oudtshoorn die DA en sy koalisievennoot rééds die meeste stemme besorg het en die DA bloot wéier om te regeer!

Miskien kies Zille om uiteindelik tog nié te kom nie. Wie weet?

Zille het nie op my twitter-navraag gereageer nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Rom rom, Zille kom

  1. ‘n Onafhanklike party moet nou die lig sien. Maar ai sal ons dit kan regkry om ons ou volkie se koppe te swaai, gaan al vir honderde jare maar swaar. As hulle nie draadsitters is nie, haak hulle so vas aan ‘n party. Hulle is meer bekommerd oor die honde, vliegtuie en die ballon wat raas in die lugruim as die bedrog in die Munisipaliteit. Nie eers te praat van die fracking wat onder ons neuse ons gaan plaasvind nie. Dan wil hulle kla as alles eers skeefgeloop het.

  2. OO, isiXhosa, nee dis isiZhille want dus nooit die DA-hulle of Zille-hulle se mistykies wat ODN gruwelooslik help opdons nie, altyd iemand anders soos OO, Nick en andere se fout. Dis nou ooglopend dat die gereelde DA mistykies op ODN nou in kraters verander het en dat selfs n kunsmatige suikerlagie van Pollyzille of Brodeltox dit nie meer sal kan fieks of op patch nie – die hele land weet dit al !

    Seker nog net die kunsmatige opgeblase ego’tjies wat oorbly wat nou vinnig onder n 100 bar sal moet sak voordat hul ernstig in die sand gaan vasval en om te oorleef en te Cope, dalk nog deur laasgenoemde uitgesleep sal moet word, wie weet ?

  3. JdV, netjiese opmerking! En my verskoning vir die vlatir!

    He-he… Pollyzilla: dit kan ‘n gans nuwe politieke tendenswoord word!

  4. Drewan jy spel gewoonlik onberispelik maar dis Pollyzilla, nie Pollyfilla.

    JdV

  5. Dink sy was te verbaas? Of dit of hul soek na molle en spreekwoordelike volstruise?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s