Brokkies en voorsmake

Iets wat was en iets wat kom

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 5 Mei 2012. 07h35. Navorsing het OO die afgelope week baie besig gehou en verskeie stories is nog nie gereed vir publikasie nie.

Maar eers ‘n paar stories wat geskryf kón geword het, maar nou nie juis só nuuswaardig was nie… alhoewel tog belangrik in die sin dat dit ander stories onderskryf.

Die eenbare* “Uitvoerende Verleentheid van die Groter Oudtshoorn“, Gordon April, wie se ketting so twee weke gelede op die Oudtshoorn Courant se voorblad getrek is, moet lig slaap. OO verneem gesaghebbend dat die DOV, wat vroeër geweier het om Sy Voorbarigheid te vervolg moontlik nou ánder gedagtes kan hê.

Selfs die provinsiale regering het vlugtig uit sy verlamming ontwaak en na die besonderhede van die saak gevra: Die provinsiale direkteur van munisipale regeringsake, Seraj Johaar, het die inligting van bronne op Oudtshoorn aangevra.

Nou blyk dit dat die DOV nie so gretig is om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik sodat AfriForum Sy Onnoselheid privaat kan vervolg nie, want die DOV wil nie dosyne eiers op sy gesig hê as AfriForum suksesvol is nie. Die DOV neig nou glo om sy vorige besluit te herroep en Sy Deurmekaarheid tog maar te vervolg.

Die ANC-koukus is glo bekommerd oor die verwagte uitkoms van die Allen Paulse v Oudtshoorn Local Municipality-hofsaak. Die ANC meen die raad kan dié saak, waarin Paulse vra dat die aanstellings van die munisipale bestuurder, Thandekile Mnyimba, en die direkteur korporatiewe dienste, Francois Human, tersyde gestel word, verloor. Dan moet die aanstellingsproses van meet af aan begin.

Die ANC het glo ‘n beginselbesluit geneem om só ‘n uitspraak te appelleer, maar Icosa en die NPP is, na OO verneem, nie bereid om ‘n appèl-besluit te ondersteun nie. OO vertrou Icosa nie sover as wat die Uniegebou gegooi kan word nie, maar daar is ten minste ‘n intelligensie en strategiese ingesteldheid by bepaalde mense in die NPP teenwoordig. OO het vandeesweek ‘n gemoedelike gesprek met die NPP-leier, Badih Chaaban, gehad en hom oor dié moontlike bôggerôppie ingelig. Chaaban het onderneem om die aangeleentheid te bekyk.

The Daily Voice het vandeesweek berig dat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, sy onberispelike beeld van onmiddelike ingrype teen korrupsie en wanadministrasie deeglik gestand gedoen het toe hy onverwyld ‘n ondersoek gelas het na bewerings dat daar pornografie op ‘n DA-raadslid van Swellendam se raadsrekenaar gevind is. Dié energie hou volkome stéék met Bredell se politieke bronstigheid.

Maar oor die Sokopo-kontrak op Oudtshoorn het die minister nog nie ‘n vinger verroer nie. OO wonder of iemand eers in die pad, knap voor Beroerdplein se hoofingang in Voortrekkerweg, gesteek moet word, voordat Bredell hierlanges sal ingryp.

OO berig in die week wat voorlê oor die vliegskool op Oudtshoorn en hoe die raad en die amptenary hierdie potensieël enorme ekonomiese inspuiting vir Oudtshoorn soos die vrotsleg onkapabeles wat hulle is bestuur; oor nóg ‘n verregaande Deon Lott-bestuursproses op Bitou; oor die Paulse-uitspraak wat vroegweek verwag word; oor die omkoopsaak op George en Bredell se volhoubare flatervrot gesukkel met dié saak; oor prestasiebonusse in Eden. En… oor selfs nóg ‘n bedrogsaak teen Noël Pietersen, waarin onse Gordon en die voormalige ANC-raadslid, Wilton Kawa, medebeskuldigdes is.

Geniet die naweek!

* “Eenbaar”: Op die skaal wat tot “agbaar” lei…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Brokkies en voorsmake

  1. Jack jou arme ou drommel. Jy het nie ‘n breinsel nie! Laat dit met jou goed gaan!

  2. En wat van die nasate van Koegelenberg, McCombi, Murray, Maritz en daai pervert van Swellendam en Theuns, Zille, Memory Booysen, Godfrey Louw en Wessie vd Westhuisen et al ek wonder wat gaan hulle eendag gaan dink!

  3. OO, geniet die naweek !! Geniet die naweek !! Is jy ernstig ?
    Hoe is dit moontlik om die naweek te geniet as jou naam beginne met Bredell, April , Pietersen, Sokopo,Kawa, Mnyimba,Lott, agtogge raadslede,daai gennote en Kie se ouers ens ens ?

    Wonder steeds wat hul nasate eendag van hul gaan dink ?

    Nag ou grotes !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s