Nog n bedrogklag teen Noël Pietersen

Plaaslike prokureur se ouers betrek

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 3 Mei 2012. 09h45.
Die vervolging van Noël Pietersen en die ouers van ‘n plaaslike prokureur, Clyde Avontuur (sien die berig hieronder) spruit uit die toekenning van ‘n kontrak aan Khara Hais Construction, handeldrywend as EA Construction. EA is die voorletters van Estel Avontuur, Clyde Avontuur se vader.

EA Construction is by wyse van twee afwykings aangestel om ‘n opname te maak van waterlekkasies by 2,000 huise op Dysselsdorp en De Rust. Pietersen het die afwyskings van die standaard verskaffingsbeleid, wat deur Greg Baartman opgetrek is, op 24 Maart en 20 April 2011 goedgekeur.

Die SOE het bevind, in ‘n verslag in OO se besit, dat die afwykings nie voldoen aan a36 van die wet op munisipale finansiële bestuur (Engels: MFMA) nie:

– Die aangeleentheid is nie uitsonderlik nie;
– Die diens is nie gespesialiseerd nie;
– Daar is verskeie alternatiewe diensverskaffers.

Die opname is klaarblyklik gedoen sonder ddie medewete van die direkteeur siviele ingenieursdiense, en die hoof tegniese dienste. Indien die bevindings vaan die opname nie aan die verantwoordelike direkteur gerapporteer is nie, was die uitgawe vrugteloos.

Daar is nie vir die opname begroot nie en dit blyk, volgens die SOE-verslag, dat Pietersen die betaling uit ‘n kapitaalprojek se begroting gedoen het. Die geld was bedoel om asbespype te vervang. Dit is onregmatig om ‘n operasionele uitgawe uit ‘n kapitaalbegroting te befonds.

Oudtshoorn. 2 Mei 2012. 09h50. Die DOV (direkteur van openbare vervolging) in Kaapstad het bevestig dat Noël Pietersen, die voormalige munisipale bestuurder wat vroeër vanjaar in die streekhof skuldig bevind is aan bedrog, vervolg gaan word op nog ‘n bedrogklag van R500,000.

Die ouers van ‘n prokureur wat noue bande met Pietersen het, is mede-beskuldigdes in die saak.

Die DPMO (direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke) het ook die klag bevestig.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

11 thoughts on “Nog n bedrogklag teen Noël Pietersen

  1. Sover ek weet is die SOE verslag nog nie deur die President bekend gemaak nie. As die media alreeds die verslag het, of dele daarvan het sonder dat die President die verslag en bevindinge bekend gemaak het, dui dit op iets sinister.

  2. Raai raai, hoeveel DA’s loop hof op die oomblik?
    4 in die streek en die uurglas loop nog….

    Koegelenberg, Murray, Mc Combi (Eden) EN Henry Jones (George)

  3. stevie , hoeveel van oudtshoorn municipality is nou al tronk toe ?. julle bly n hulppelose klomp

  4. Wel is dit die rede is vir die bedrogklagte teen die kontrakteur dan moet alle kontrakteurs wat sodanig aangestel is by al die ander munisipaliteite aangekla word vir bedrog! Gaan kyk maar by Eden, George, Bitou (Didata) en andere. Nou ja toe! Hier gaan ‘n moerse klomp mense tronk toe!

  5. Nee meneer, dit is duidelik dat jy nie die uitspraak van De Kock die kommissaris gelees het nie. Hoe kon die kommissaris bepaal dat hy ‘n bonus kon gekry het as hy nie geevalueer was nie. Die kommissaris het slegs bepaal dat hy terugwerkend betaal word ten opsigte van sy salaris. Jy moet ook in gedagte hou dat hy (Louw) vir 2009/2010 geevalueer is maar daar is bevind dat hy nie kwalifiseer vir ‘n bonus nie. Louw het appel aangeteken en die MEC het deurmiddel van ‘n mediator bevind dat hy nie kwalifiseer nie. Maar ons laat maar die aangeleentheid oor aan die howe van ons land aangesien daar eersdaags sodanige klag by die polisie gemaak gaan word. Ek is ook meegedeel dat hy in 2011 aanspraak gemaak het op ‘n bedrag van R 150 000.00 vir kompensasie vir onwettige skorsing. Dit is ook bedrog en die aangeleentheid sal verder gevoer word deur ons howe. Hou hierdie spasie dop oor die volgende twee weke.Jack ek wonder of jy nie self Louw is nie want hy hou hom vreeslik onskuldig en opreg maar agter sy onskuldige gesiggie skuil daar iets vreesliks en boos. Dit is nie wonder Stellenbosch Munisipaliteit wil hom nie aanstel nie ten spyte van die feit datTheuns Botha na hom verwys het as een van die beste munisipale bestuurders in die land. Nou ja toe!

  6. Steven – ongelukkig kan ek nie met jou saam stem dat Godfrey Louw se eis van ‘n prestasie bonus bedrog is nie aangesien die Bediningsraad bevind het dat ” The Council deliberated that Mr. Louw’s suspension by the ANC-led Eden District Municipality was unjust and he was fully reinstated and will return to work ” In die lig van hierdie besluit van die Bedingingsraad is Mnr Louw geregtig op sy prestasie bonus wat hy verloor het aangesien sy ontslag ” unjust and unlawfull” was en hy derhalwe onregmatig in ‘n posisie geplaas was waar hy nie sy presrasie bonus kon verdien nie..

  7. En wat van Godfrey Louw wat ‘n prestasie bonus eis vir ‘n jaar wat hy nie ‘n amptenaar was by Eden nie? Dit is ook bedrog en Wessie, Koegelenberg et al stem saam daarmee!

  8. Dis maar die begin hierdie vir Pietersen en diesulkes wat soortgelyke mannewales aangejaag het waarvan OO reeds breedvoerig rapporteer het. Ek hoop hul slaap almal lekker. Ek het destyds gemeld dat Pollsmoor nie n lekka plek is nie, maar sy arrogansie het voortgeduur, en nou……………….. lekker slaap ou grote !

    Wonder wanneer Bredell hieroor en ALLE ANDER SAKE gaan reageer of BEDANK !!!!

  9. Ed

    Whose hard earned cash has “gone west” this time – Hope its not more from our depleted town coffers?

    ……or maybe that’s why there’s nothing left!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s