Bredell en Botha se jongste verskoning

“Ons luister na probleme, nie na mense nie”

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 2 Mei 2012. 09h30. “Ons luister na probleme, nie na mense nie.”

Of iets in dier voge.

Kyk, Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en provinsiale sekretaris van die DA; en Theuns Botha, die DA se leier in die Wes-Kaap en die party se hoof van regeringsake, het al agter vréémde goed weggekruip:

Hofuitsprake wat van meet af aan verdoem was; adviseurs; prosesse – dís ‘n gunsteling ene, prosesse; vrot advies; wette… Net om Oudtshoorn nié hoef te help nie. (Want die DA wil nie met die ANC “baklei” nie; die DA wil “beïnvloed” en vlerksleep, veral by Groot Geeste, soos selfs Trevor Manuel – meer hieroor later.)

Maar dít vat die koek: “Ons luister na probleme, nie na mense nie.”

Hoe gaan hulle wéét van probleme as hulle nie na mense luister nie, wonder OO.

Bredell en Botha gaan vandeesweek nog móét luister.

Dis allermins ‘n dreigement.

Dis ‘n belofte.

Dít sê OO nou onomwonde: daar is twee groot krisisse wat dreig. OO hou die inligting terug omdat dit werklik beter is vir Oudtshoorn om owerhede geleentheid te gee om regstellings te maak en groter probleme te voorkom.

Maar die “minister van plaaslike regering” in die Wes-Kaap sal bepaalde dele van sy anatomie teen Vrydag in die spreekwoordelike rat moet kry.

Want raai, daai anatomiese deel van OO is nou vól!

Veral nadat Bredell die bal verlede week al wéér laat val het toe hy versuim het om ‘n onderneming wat hy op 21 April tydens die “Groot Gesprek” gegee het gestand te doen.

Hou dop!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Bredell en Botha se jongste verskoning

  1. Mense se jou van probleme, mense warsku jou van probleme, mense wys vir jou probleme uit, en mense skryf oor probleme. Ek het nog nooit n probleem sien self aanmelt nie, en trouens ek glo as n probleem by Bredell se deur aanklop sal hy onder sy lessenaar inkruip en maak soos n vrot vel.

  2. Bredell, ek vra jou vir die hoeveelste maal, WANNEER GAAN JY BEDANK of wag jy eers vir Hannes ?

    Raai raai, hoe langer jy OO ignoreer en onkapabelheid op ODN wetend toelaat hoe meer gaan jou ‘sondes’ jou ry en inhaal ou mater – dit gaan geensins weggaan nie, maar bly opbou in intensiteit en aanhou uitbrei en jou en die DA net verder verdoem !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s