Voorsitter van DA se Oos-streek by beweerde arrestasie betrek

Vals motor-registrasies; swart sakke; ‘n dronk motorbestuurder; en ‘n agtersitplek…

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 1 Mei 2012. 09h25. ‘n Voormalige redakteur van die Oudtshoorn Courant en tans politieke beriggewer van die George Herald, Christo Vermaak, berig vanoggend dat die onder-voorsitter van die DA se Oos-streek, en onder-burgeneester van George, Daniël Maritz homself midde-in ‘n beweerde arrestasie vir dronkbestuur en bedrog bevind.

(Klik hier vir die volledige berig.)

Oudtshoorn maak deel uit van die DA se Oos-streek.

Die provinsiale verkeersdepartement het Sondagoggend omstreeks 04h00 ‘n motor in Yorkstraat van die pad getrek toe dit opgemerk is dat die nommerplate met swart sakke bedek is.

Met nadere ondersoek is gevind dat ‘n ander lisensieskyf op die ruit geplak is as wat aan die motor behoort en dat die motor se registrasienommer ‘MARITZ WP’ is.

Na bewering behoort die motor aan Maritz, wat volgens betroubare bronne op die agtersitplek van sy motor gelê het ten tye van die voorval. Die lisensieskyf wat nie aan die betrokke motor behoort nie, is volgens Gerhald Becker, verkeershoof van die provinsiale verkeer in die Suid-Kaap, ‘n ander George gerigestreerde motor wat ook aan Maritz behoort.

Becker het bevestig dat die bestuurder van die motor aangekla word vir dronkbestuur en ook bedrog. “Die eienaar van die motor kan ook ‘n klag van bedrog in die gesig staar,” het Becker gesê.

Maritz het aan die George Herald gesê die hele storie is ‘n politieke komplot teen hom. “Ek het my motor aan ‘n Jerome-ou geleen. Ek weet nie wat hy gedoen het nie en het ook nie ‘n idee waar hy gekuier het nie. Mense soek iets teen my. Ek was by my huis ten tye van die voorval. Ek wil nie negatiewe goed van my in die koerant hê nie want dit gaan my toekoms belemmer,” het Maritz aan die George Herald gesê.

Maritz se weergawe word weerspreek deur betroubare bronne wat bevestig het dat hy wél in die motor was ten tye van die voorval en ook daarna by die polisiestasie was. Die bronne het bevestig dat hy deur familie of vriende van die polisiestasie af weggeneem is.

Verkeershoof Becker het óók bevestig dat die eienaar van die motor wél ‘n passasier in sy eie motor was toe dit van die pad getrek is en dat hy wel ook daarna by die George-polisiestasie was.

Ten opsigte van die verkeerde lisensieskyf het Maritz ‘n handelaar die skuld gegee wat sy twee motors se lisensies verkeerdelik opgesit het. Hierdie bekentenis is duidelik ‘n bewys dat Maritz wel die eienaar van die motor is wat afgetrek is en dan ook die ‘eienaar’ is waarna Becker verwys as die een wat wel binne die motor was ten tye van die voorval.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Voorsitter van DA se Oos-streek by beweerde arrestasie betrek

  1. Ou Maritz het seker dronk agter in sy kar getiep en dit nogal 4 uur op ‘n Sondagoggend en hy is nogal ‘n pastoor ook. Ek gaan hierdie saak fyn dophou. Hy moet eenvoudig aangeklae word van bedrog daar is geen ander manier nie! HKGK!

  2. Lesers moet kennis neem dat in die eerste week in Junie kom daar vier senior DAceivers (Koegelenberg, Murray, MC Combi EN Henry Jones) voor in George……..en nou sal die drommel ook net dalk by hulle aansluit……Wat gaan aan in GEORGE?????

  3. SADRUID: Skerp gese…..
    Nou ja om die motorhandelaar nou te blameer…..dis nie baie bright nie. Seker maar al uitweg. Die gehoor wag in spanning om te hoor wat die squeeky clean “Dame wat dans” sal se hierop. Maar dan is die Kaapstad Burgie ook stil deesdae. Al wat sy gese het dat sy sal getuig in die Arms deal,maar bly still oor die dat sy geimpliseer is met tender/verkryging bedrog/inmenging in Swellendam……Nou ja, dit is die kaliber leierskap……

  4. Lyk my die ou wiln sekere regter na doen! hoop net hy besef wat die na gevolg gaan wees, of DAcieve hy hom self!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s