Nog ‘n hooggeregshofuitspraak, nog ‘n amptenaar onder die oog gebring

En OO dag provinsie “monitor” Oudtshoorn

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

By: TwitterButtons.com

Oudtshoorn. 29 April 2012. 09h55. Die kômmin vanielje-belaglikheid van onlangse regeringsuitsprake oor die “regte pad” waarop Oudtshoorn glo sou wees is ándermaal bevestig deur ‘n hooggeregshofuitspraak van 30 Maart.

OO het gister berig oor die Wavelengths-uitspraak wat die ongeskiktheid van Oudtshoorn se direkteur finansies met ‘n dik rooi veltpen onderstreep en het ook gister uiteindelik die uitspraak van regter Robert Henney in die saak CShell 271 (Pty) Ltd v Odn Mun; en Odn Mun v CShell, Sandra Afrika, en Johnny Forbes onder oë gekry…

In dié saak word Jaco Eastes behoorlik gekatkiseer en onder die voorslag gekry.

Regter Henney het die CShell-aansoek om die munisipaliteit se kansellasie van die grondtransaksie vir erf 5366, ‘n gedeelte van erf 1 – die driehoek waar die inryteater jare gelede was, tersyde te stel, met koste van die hand gewys.

Die uitspraak kan verreikende gevolge vir Oudtshoorn hê (sien hieronder*).

Eastes, die munisipaliteit se hoof beplanning en ontwikkeling, wat deur sy voormalige hoof, Walter Hendricks, probeer skors is, maar deur Anton Bredell en Johan Visser se munisipale Dream Team – April, Mnyimba en kornuite – in sy amp herstel is, loop vieslik deur onder Henney se klophammer.

Eastes het 11 tenders in opdrag van die destydse munisipale bestuurder, Mervyn May, oorweeg.

Op 14 Augustus 2006 beveel Eastes aan dat die grond aan Sandra Afrika se Newco verkoop word, op grond van vier oorwegings: Prys; BBBEE-status; sosiale bydra; en die meriete van die ontwikkelingsvoorstel.

Die tenderkomitee aanvaar Eastes se aanbeveling eenparing en die transaksie word op 2 September deur die raad goedgekeur.

Maar die transaksie is goedgekeur sonder inagneming van a14 van die wet op munisipale finansiële bestuur (Engels: MFMA). Die munisipale bestuurder; Eastes; en die raad het die transaksie wederregtelik bekragtig op grond van ‘n afgeskafte ordonansie.

Die huidige raad kan natuurlik nie vir hierdie fiasko verantwoordelik gehou word nie. En die laaste DA-aangestelde waarnemende munisipale bestuurder, Trevor Botha, het inderdaad hierdie probleem probeer beredder, maar: die huidige raad het Eastes se posisie bevestig.

Nes die huidige raad Oudtshoorn opgesaal het met Thandekile Mnyimba; Francois Hugo; Deon Lott; en Zukiswa Ntile.

Nou herhaal OO wéér: Oudtshoorn is nié oukei nié – soos “mense wat beter weet” beweer!

Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regring, Anton Bredell, en die DA se woordvoerder vir plaaslike regering in die nasionale raad van provinsies, Johan Visser, het die volgende oor Oudtshoorn se bestuurspan te sê:

Bredell: “… a strong basis has been established for my Department of Local Government and the Provincial Treasury to now, on an administrative level take forward the matters so identified in the spirit of good governance.” (Klik hier vir die volledige verklaring.)

Visser: “… However, (Oudtshoorn’s) top management (is) now implementing an effective turnaround strategy which will ensure stability within (this) municipality.” (Klik hier vir die volledige verklaring.)

In net meer as 30 dae ná Visser se aankondiging oor die “implimentering van ‘n suksesvolle omdraai-beleid”, is ‘n multi-miljoenrand kontrak eensydig aan Major Sokopo toegeken (die dág na Visser se “goeie nuus!); die laaste beleggingsgeld opgebruik; het die raad nie ‘n vinger verroer om Gordon April te dissiplineer oor daai sand en klip “gebruik” nie; is raadslede ‘n vergadering met die nasionale minister van behuising en senior SANW-funksionarisse belet; het die raad geen stappe teen Eastes gedoen oor sy legendariese wanbestuur nie.

Bredell se stelling is gemaak toe Mpho Mogale nog die waarnemende munisipale bestuurder was – iemand van wie Bredell naarstigtelik probeer ontslae raak het ten tyde van die ondersteunende stelling oor “good governance” op Oudtshoorn!

Liewe hemel mense, hoe op áárde kan die plaaslike DA-bestuur en -koukus Bredell se komieklike uitsprake regverdig deur halstarrig vol te hou dat daar geen teenstydighede in die minsiter en sy kollega se ondeurdagte stellings is nie!?

Terwyl Bredell verlede Saterdag tydens “Die Groot Gesprek” (DGG) sy bedenkinge uitgespreek het oor Oudtshoorn se watervoorsiening, riool, strate en stormwater, en stadsbeplanning het hy waaragtiglik daarna aan Die Burger gesê die Oudtshoorn-munisipaliteit verrig sy kernfunksies “nie sleg nie”. (Klik hier vir die volledige berig.)

In ‘n verkneukeling wat net deur ‘n muse bewimpel kon word het die Oudtshoorn Courant se berig oor Die Groot Gesprek verskyn lángs ‘n berig oor ‘n 23-uurlange kragonderbreking in die week voor die Bredell-Botha-besoek – ‘n onderbreking wat toegeskryf is aan 40-jaaroue kabels wat al vervang moes gewees het!

Dit laat ons met vullisverwydering wat suksesvol bedryf word.

Bredell weerspreek homself nié!?

En die mense wat só sê meen geen “sinvolle debat” met OO is moontlik nie!?

Dis verstandsverstommend. Gemoedsbevuilend. Allerbeklaaglik.

Nee kyk, ek is eenvoudig nie skerp genoeg om my kop om dié twak te kry nie. En twak, soos OO-lesers weet…

*Die implikasie van die CShell-uitspraak: Die kontrak vir die grond waarop die moskee staan kan ook in terme van hierdie uitspraak tersyde gestel word – maar slegs deur ‘n hof en nié deur ‘n administrateur nie.

Die verskil is dat die moskee-eienaars reeds vir die grond betaal het; reeds oordrag geneem het; en die eiendom reeds ontwikkel het. Onder dié omstandighede verwys Henney na die appélsaak Oudekraal Estates (Pty) Ltd v The City of Cape Town and Others en kan ‘n uitspraak in ‘n moontlike geding oor die moskee-transaksie moontlik tot gevolg hê dat die munisipaliteit die moskee vir die grond en die ontwikkeling uitbetaal en die grond terugneem.

Dit sal enorme sosiale probleme veroorsaak…

Hoe dit ook al sy, hierdie uitspraak wys die stommiteit van Jaco Eastes uit.

OO verneem dat CShell besluit het om te appelleer. OO wonder of dié grondjie dalk ‘n speelbal in die lughawe-saak kan word. Die vliegskool op die lughawe gaan oor die volgende dae en weke ‘n braandpunt word. OO meen selfs dit kan ‘n opgeskote krisis raak.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “Nog ‘n hooggeregshofuitspraak, nog ‘n amptenaar onder die oog gebring

  1. Yes Jack, last year De Rust was promised 150 houses, but due to a water problem we got 0, plenty of excuses thou. This year a promise 161 houses, (did houses get cheaper?, or was it a auto inflation adjustment in last years speech?), yet no change in the water shortage problem! I should think to first address the water problem, then add more pressure on the utility supply’s. Maybe I just don’t understand Oudtshoorn’s council “fuzzy logic”.

  2. sadruid- ek wil heelhartig saam met jou stem dat die DA net vingerwys en verskonings maak en wel besig is om die kiesers se moer behoorlik te koer. Ek weet nie of die DA nie beskik oor die nodige mannekrag, fondse of kundigheid om waarlik ‘n opposisie party te wees nie. Hoe kan jy verwag om welvaart te skep vir die gemeenskap en nog huise ook te bou as daar nie eers geld is om die bestaande infrastruktuur in stand te hou nie. Hoe kan jy armoede beveg is daar nie beleggers en besighede is wat belangstel om in Oudtshoorn te belê nie, Hoe kan die munisipaliteit funksioneer as miljoene rande jaarliks uitbetaal word aan skeidingspakkette en regskostes om van onbevoegde personeel onslae te raak, belastingbetalers se geld wat aangewend moes word in oudtshoorn en in die gemeenskap. Hoelank kan die handjievol belastingbetalers nog voortgaan om met hoër brandstof tariewe, belasting, water en elektrisiteit vir die dorp te sorg. (John en as ek praat van belastingbetalers praat ek van bruin, swart en wit belastingbetalers.) Die DA sal moet begin om te doen wat hulle veronderstel is om te doen, naamlik om wanadministrasie, korrupsie en swak munisipale dienste vas te vat anders gaan Oudtshoorn en sy hele gemeenskap hulle gat sien.

  3. Nee Jack, die DAcivers ken net van vingerwys en verskoonings, ja hul pluk die kiesers se mo….., terwyl hul trug sit en iets anders pluk, dis nou die soldy wat hul ontvang! Die Dacievers is soos n swak restorant wat n nuwe bestuurder gekry het maar entlik ploeter hul voort op hul ou trant. Wens daar was n manier waar op die kiessers die raadslede kon “ontkies”.

  4. investigative public – ongelukkig ken John net van een ding pluk en dit is mens se m@*r om apartheid in te gooi vir alles in die lewe, moet ander mense nou die swart, bruin en wit Raad se werk vir hulle doen. Hoekom stel niemand belang om hulle besighede op Oudtshoorn te vestig nie, omdat daar te swak beplan word deur die munisipaliteit om enige besighede te lok. Oudtshoorn is ‘n afreedorp waar almal wag vir die volgende KKNK om bietjie geld te maak uit die toeriste. Verder dra die toestand in die munisipaliteit en infrastruktuur nie juis by dat beleggers juis veel beindruk is om op Oudtshoorn te belê nie. Die politieke party moet hulle huis in orde kry en dan die munisipaliteit probeer regruk.

  5. Mooi gese OO
    John het nou wragtig sy naam krater gemaak.
    Iets moet altyd deur iemand anders gedoen word, nooit jyself nie.
    Johnny, al daaraan gedink, as jy nie self iets aan die saak doen nie, wie sal ???
    Vinger pluk ou maat !

  6. Ai, jai, jai, jai, jai!

    Ek is so gátvol vir die bliksemse onnoselheid van wit en swart en bruin. Fôkit!

    Hoekom neem die raad nie ‘n slag sélf verantwoordelikheid en raak ontslae van Eastes nie!?

    En raak ontslae van die wit Human; die swart Mnyimba; die bruin Coetzee en Baartman…

    Hel, maak net skóón, wit; swart, bruin, pers!

    Hoekom moet Nic Barrow dit doen!?

    Hoekom moet OO dit uitwys!? En stank vir dank daarvoor kry!?

    Neem verantwoordelikheid – hoekom doen jý nie iets nie, John!?

  7. OO – wat het jy verwag, kan jy nog onderstaande onthou wat gepubliseer is in die Hoorn van 7 Desember 2006 oor die betrokke amptenaar se werkverigting en onaantasbaarheid !!!! “STADSBEPLANNING by die Oudts-hoorn munisipaliteit is chaoties, het die geskorste hoof van beplanning en ontwikkeling by die Oudtshoorn munisipaliteit, mnr Anton Bekker, tydens verlede week se openbare verhoor op Oudtshoorn getuig.
    Volgens Bekker is honderde navrae in die departement van die stadsbeplanner, mnr Jaco Eastes, uitstaande en het dit al daartoe gelei dat projekte skipbreuk ly.
    Boonop is Eastes as lid van die munisipaliteit se B-span (sien berig hierbo) onaantasbaar, en kon selfs Bekker as hoof van die afdeling waaronder Eastes val, nie daarin slaag om hom aangekla te kry nie. Bekker het vertel hoe ’n dissiplinêre verhoor van Eastes wat op 14 Augustus sou plaasvind, afgelas is.
    “Tot vandag is daar geen antwoord hoekom die verhoor af is nie.” Dié departement is ’n verleentheid vir Oudtshoorn, het Bekker getuig en gesê mnr Chris Rabie, top amptenaar in die Wes-Kaap belas met stadsbeplanning, het Oudtshoorn se stadsbeplanningsafdeling bestempel as een van dié wat die meeste probleme in die provinsie oplewer.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s