Iemand lieg

Iemand wat jóú toekoms beïnvloed

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 25 April 2012. 06h05. Tydens die afgelope Saterdag se gesprek tussen Theuns Botha, Anton Bredell en meelopers aan die een kant en verskeie plaaslike belangegroepe aan die ander kant, het Bredell, volgens verskeie mense wat die vergadering bygewoon het, ‘n dokument “rondgeswaai” en verklaar dat dit die SOE-verslag is maar dat hy die inligting nie bekend kan maak nie.

Bredell het die belangegroepe gevra om aanspraak te maak op die inhoud met ‘n amptelike versoek in terme van die wet op bevordering van toegang tot inligting.

OO het by twee verskillende senior amptenare van die SOE, op afsonderlike geleenthede – Maandagaand telefonies en Dinsdagoggend op skrif – die versekering gekry dat die verslag nog nie voltooi is nie en dat die verslag dus nog aan niemand voorsien is nie. Wanneer die verslag voltooi is, lui die skriftelike antwoord, sal dit slégs aan die president voorsien word.

Iemand lieg. Punt.

Gegewe die DA en Bredell en Botha se rekord van verbreekte beloftes en ondernemings op Oudtshoorn (klik hier) en gegewe die absolute afwesigheid van redes waarom die SOE-amptenare die afhandeling van die verslag valslik sal ontken, is daar ‘n baie groot waarskynlikheid dat Bredell nog nie die verslag ontvang het nie.

OO het gister om 10h19 aan Botha en Bredell geskryf:

Theuns en Anton

Bevestig of ontken asseblief afsonderlik dat die finale SOE-verslag oor Oudtshoorn in julle besit is.

My berig oor die stand van die SOE-ondersoek word môre, Woensdagoggend, om 07h00 gepubliseer.

Geen reaksie is ontvang nie. Verrassend, nè!?

Daar is baie maniere hoe Botha en Bredell hulle uit hierdie verdagte situasie kan loswikkel.

Hulle kan voorgee dat Bredell na die interim SOE-verslag, van Junie verlede jaar, verwys het. OO het ‘n kopie van daardie verslag gekry en bekend gemaak, tot groot frustrasie van die raad, die amptenary, die SOE en die provinsiale regering.

Bredell en Botha kan voorgee dat daar na die Linda Potgieter-verslag verwys is, waarvan OO ook ‘n kopie het en die inligting al bekend gemaak het.

Een van die DA se akoliete, ‘n party-naprater, het voorgestel dat daar dalk verwys is na ‘n brief, of ‘n vooraf-opsomming rakende die finale verslag.

‘n Plaaslike DA-raadslid het gesê dat Bredell wel die verslag het, maar dat dit nie algemeen bekend is nie. Dis ‘n geheim! En, het die raadslid gesê, OO moet versigtig wees oor hoe hierdie saak hanteer word… asseblief.

Daar is nog ‘n ander manier vir Bredell en Botha om hierdie “ligte mistykie” te verduidelik:

Baie jare gelede het ‘n gans ánder Botha, MC, die destydse minister van “Bantoesake” die mense van Port St Johns plegtig belowe dat die dorp nie by die Transkei ingelyf sou word nie. Maar uiteindelik ís Port St Johns toe wel by die Transkei ingelyf.

Toe MC hieroor gekonfronteer is, was sy berugte woorde: “I didn’t mean ‘promise’ in the ordinary sense of the word.” (Finance Week, 17 Maart 1983.)

Ja boet.

Die feit, my lankmoedige lesers, is dat die mense wat voorgee om ons belange voorop te stel nie openhartig is met ons nie.

Hoe kan hulle vertrou word?

Kyk, OO koop nou eenmaal nie slangolie en politieke beloftes nie.

As die DA; as die provinsie; as die ANC; as die regering iets wóú doen om Oudtshoorn se massiewe wanadministrasie uit te wis, sou hulle dit lánkal gedoen het.

Die mense van Oudtshoorn is op hulleself aangewese.

Hoe gouer ons met dié realiteit vrede maak, hoe beter.

Hoe gouer iemand, of ‘n groep, regsaksie teen raadslede, amptenare en ministers neem, hoe beter.

En maak seker dat die magsbalans in die raad so spoedig moontlik in die hande van politiek onafhanlike verteenwoordigers kom.

Hierdie soort “misverstande” en ongemaklikhede kan maklik voorkom word as politici die media toelaat om eerstehands te verneem wat gebeur.

Die DA se optrede Saterdag herinner sterk aan die ANC se magtige pogings om inligting te beperk.

Daar is geen verskil tussen die pot en die ketel se kleure nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

12 thoughts on “Iemand lieg

  1. Strains of Watergate and something to do with “peaches”.

    Make a difference to the “pear” that graced our town last Saturday?

  2. Lizanne en OO. As die ander party (die Agbare Minister) die audio bande het, het julle duidelik nogie gehoor van die bande wat verdwyn het nie!

  3. Dankie Lizanne!

    Raait, laat ons hoor hoe Bredell en Botha – én Zille! – hulle uit dié een loswikkel.

  4. Minister Bredell het defnitief gese dis die finale verslag – die gesprek is op audio band opgeneem indien minister Bredell die teendeel wil bewys is hy welkom om die audioband se data aan die Mense van Oudthoorn te verskaf

  5. AI tog die DAceivers, Kul nog, probeer nog die wol oor ander se oe trek, en dan wonder hul hoekom ondersteuning stadig minder word.

  6. OO, met my ervaring is dit n feit en staan soos n paal bo water – enigiets wat enige politici ooit beweer, belowe of voorgee, laat dit ALTYD ONAFHANKLIK ONDERSOEK en plaas hul dan onmiddelik op terme omdat meerendeels gevind sal word dat dit nie so is soos wat hul doelbewus misleidend voorgegee, belowe of beweer het nie – PUNT

    Plaas beide Bedell en Theuns op terme, o.a oor hul nuutste bewering – staaf die besit van die FINALE SOE VERSLAG of bedank, jul is op TERME vir die soveelste keer, here uit die Kaap.

    Ook n ideale geleentheid vir Zille om in te gryp, skoon te maak, onbevoegdes af te dank en aan alle ODNers om verskoning te vra en TERSELFDERTYD n nuwe reddingsplan en strategie uiteen te sit (bygese,sonder Theuns en Bredell aangesien hul geloofwaardigheid lankal verdag en bevraagteken word !)

    Doen Zille dit nie, sou dit weereens onomwonde bewys dat sy eerder aan die opposisie onderdanig bly deur aan hul ondersteuners verskoning te vra oor “refugees” wat nooit so bedoel was nie terwyl haar eie kiesers op ODN sedert 2007 deur die DA beduiwel word en haar eie “gewese” ondersteuners steeds nie n amptelike verskoning werdig is nie.

    Ironies ne ? Spreek boekdele oor die DA as Zille nie nou OM VERSKONING vra vir alle ODN inwoners nie, ne !. “Helen, my sincere advice, while the iron is hot, strike. People are very forgiving. If you miss this chance to apologise TO YOUR OWN SUPPORTERS in ODN, i am afraid, your credibility will finally be undermined, all by yourself !! It now oils down to arrogant “Leadership” vs Statesmanship, you choose Mrs Zille !!”

  7. OO- die probleem is dat Zille en die DA nie fokus op Oudtshoorn en sy probleme nie. Vir hulle gaan dit om politieke steun te werf in ander dele van die land waar die DA nog nie aan bewind is nie. Sien Zille maak staat op die onmin wat daar tans heers in die ANC en sy alliansie venote en hoop dit gaan vir hulle van voordeel wees in die volgende verkiesing, ongelukkig hou hulle nie in die oog dat die DA besig is om steun te verloor in die dorpe waar hulle alreeds die meederheid stem het nie aangesien die kiesers teleurgestel is in die diens en verkragting van die DA se verkiesings belofte,wat die kiesers van die DA ontvang nie.Oudtshoorn en sy mense is teleurgestel in die DA en hier gaan hulle wragtig met die volgende verkiesing ‘n verrassing kry. Laat Bredell en Botha maar aangaan met hul kat en muis spelletjies, ons sal wel sien wie gaan met wie speel by die stembus.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s