Verskoning aan Anton Bredell

OO is jammer! OO het glo verkeerd verstaan!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 24 April 2012. 11h05. OO skuld die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, ‘n helse verskoning.

In vandag se Burger, op bladsy 8, in die berig “Oudtshoorn se probleme gepak”, word Bredell aangehaal dat hy sedert sy besoek aan die Munisipaliteit Oudtshoorn op 1 November verlede jaar baie korrespondensie van rolspelers op Oudtshoorn ontvang het. Uit dié korrespondensie het dit duidelik geblyk dat die rolspelers nie die rol van die provinsie verstaan nie.

OO is perdalkies nie ‘n “rolspeler” in die oge van die minsiter nie, maar OO het ook verskeie briewe aan die minister geskryf sedert 1 November en moet daarom aanvaar dat die minister meen dat ook OO nie die rol van die provinsie verstaan nie.

Dat OO die minister met sy onkunde (OO se onkunde!) gepla het, hou die redakteur nagte wakker.

OO bied ‘n helse verskoning aan vir dié vermorsing van die minister se kosbare tyd.

Bredell het sy verklaring van 1 November bevestig toe hy Saterdag, volgens Die Burger, sou gesê het dat die Oudtshoorn-munisipaliteit sy kernfunksies “nie sleg nie” verrig. Die aanbieding van die Absa KKNK sou ‘n voorbeeld wees van hierdie “nie sleg nie” verrigting.

Maar tydens die vergadering, en Die Burger berig dít nie, het Bredell gesê dat die volgende funksies op Oudtshoorn problematies is: Water; riool; strate en stormwater; en stadsbeplanning.

Elektrisiteitsvoorsiening en vullisverwydering is blykbaar in orde. (Die minister is kennelik salig onbewus van die stand van elektrisiteitsvoorsiening op Oudtshoorn.)

Die Oudtshoorn-munisipaliteit verrig sy kernfunksies “nie sleg nie”!?

Met net vullisverwydering wat bo verdenking is?

Noujatoe.

Hier is OO se “begrip” van hoe Bredell móét werk…

Die minister moet 30 dae gegun word ondersoeke na alle klagtes van wanadministrasie te begin. Indien Bredell nie optree nie moet hy krimineel aangekla word vir die verbreking van a.106 van die stelselswet wat bepaal dat indien die minister vermoed dat wanadministrasie plaasvind, hy moet optree. Punt.

Let wel: “Vermoed” en “moet”.

Vermoed, ww. 1. ‘n Voorgevoel, suspisie hê; as waarskynlik ag; meen; raai; verwag; veronderstel. 2. Bedag wees op, verwag.

Die minister hoef dus nie eens prima facie bewyse te hê voordat hy optree nie.

Moet, s.nw. Dwang; noodsaaklikheid: Dit kan nie anders nie, dis ‘n moet.

Die minister het dus nie ‘n keuse nie. Die stelselswet sê nie die minister kan, indien hy so voel, oorweeg om op te tree nie. Die wet sê hy móét optree.

Eenvoudig, nè!?

Móérse eenvoudig!

Sover OO aangaan, behoort een of meer van die “gemeenskapsorganisasies” wat Saterdag met die minister ontmoet het Bredell op terme plaas om binne 30 dae sy plig na te kom of kriminele klagtes te verwag. Punt.

Van die ANC; van die DA; van die ANC nasionale regering; van die DA provinsiale regering het OO genoeg gehad. Hulle is nikswerd vir Oudtshoorn.

Oudtshoorn se probleme sal slegs moontlik opgelos kan word as kriminele sake teen amptenare en raadslede en ministers gemaak word as hulle nie hulle wetlike verpligtinge nakom nie, en as onafhanklike raadslede die magsbalans in die raad hou.

Dis duidelik dat niks anders sal werk nie.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “Verskoning aan Anton Bredell

  1. Kul jou hier, kuljou daar,en sien daar ” nie te sleg nie” vir die DAcievers! dalk weet ons net nie wat hy wil doen nie, of dalk weet hy self nie!

  2. Minister Bredell kan ek maar my belasting en dienste rekening in die toekoms ook maar nie te sleg betaal vir die ” nie te sleg” diens wat die inwoners van Oudtshoorn Munisipaliteit kry nie. Stem saam plaas die minister op terme om sy werk te doen en op te tree op Oudtshoorn of laat hom die gevolge dra in terme van die Stelselwet. Nie te sleg is nie goed genoeg vir die belastingbetalers van Oudtshoorn nie. As my motor se wiele beskadig word deur die slaggate in Oudtshoorn se paaie is ” nie te sleg” nie goed genoeg nie.

  3. Hoe de joos kan Oudtshoorn Munisipaliteit se ” kern funksies ” nie sleg wees nie, as daar nie geld is om die kern funksies te verrig nie. Hoe kan die minister verwag dat Oudtshoorn Munisipaliteit sy kern funksies verrig as die munisipaliteit gekenmerk word met wanadministrasie, korrupsie en vermorsing van die belastingbetalers se geld.Hoe kan die munisipaliteit sy kern funksies verrig as derduisende rande vermors word op skeidingspakkette en onnodige regskostes om ontslae te raak van onbevoegde personeel. ASSEBLIEF !!!!! Mnr die agbare Minister probeer weer !!!!!!!!!

  4. OO,….volgens Bredell …”Oudtshoorn-munisipaliteit sy kernfunksies “nie sleg nie” verrig”
    Ek neem aan waarmee jy oordeel, jy geoordeel behoort te word.
    Sou graag wou sien wat Bredell se prestasie verslag en sy werksetiek as Provinsiale Minister se ?
    Plaas die man op TERME, hy kry duidelik nie die boodskap nie, PUNT !!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s