OO ‘vermóéd’ Bredell ‘móét’ waai

Saterdag se vergadering tussen Kapenaars van onsekere kapasiteite en die OBV, en AfriForum, en die OBB, en die sakekamer.

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 21 April 2012. 15h10. Nes Gordon April OO verban van ANC events – soos raadsvergaderings, verban Theuns Botha OO van DA events – soos vergaderings waar die bepaalde insette van Drewan Baird bespreek word.

Dis eintlik verbysterend.

Want dis presiés dieselfde ding: Nóg die ANC, nóg die DA wil OO insae gee in hulle se dinge!

En die dinge is maar so-so; nie juis beskermenswaardig nie: Wat die ANC doen en wat die DA nié doen nie.

En daar kom in elk geval niks van niks – sien vanoggend se berig DA rekord van beloftes.

Ongeag die feit dat OO nie toegelaat word nie, wéét OO in elk geval. Soos OO weet van Woensdag se… Nee, kom ons los dit tot volgende week.

En dis ook baie erg snaaks. Dié “verbanning”.

En, natuurlik, dis belaglik. Met ‘n goeie skeut kinderagtigheid op die koop toe.

OO sal later in detail berig oor die redes waarom Baird nie op die vergadering toegelaat is nie. Bredell en Botha sê dis oor Baird van die “media” is, maar hulle nooi Baird nie na “media” events nie… Baird is nie intelligent genoeg om sy kop om dié ene te kry nie.

Die “media”-ding is sommer twak. En OO-lesers wéét teen dié tyd al hoe ‘n láng woord ‘twak’ nou eintlik is.

Dis absoluut onduidelik met wie die OBV en AfriForum en die sakekamer en die OBB… en die DBV (ja, Hennie Davel het ook ‘n spreukbeurt gekry en OO meen dié man is een van Oudtshoorn se mees toegewyde dienaars – hy hou eenvoudig net nie op om sy belangepunte, soos dierebeskerming en parkeerveiligheid, te bevorder nie) vanoggend gepraat het: Die DA-leierskap in die Wes-Kaap, of die provinsiale regering. Of albei?

Al was OO ook al daar, sou OO steeds nie geweet het nie.

Maar ‘n klomp baie belangrike mense was hier.

Hoe dit ook al sy, die sakekamer het betoog dat die munisipaliteit ‘n omgewing moet skep waarin toerisme en georganiseerde landbou kan gedy tot voordeel van Sake Oudtshoorn en dus tot voordeel van die mense van Oudtshoorn.

Goeie punt!

Die OBB wou administrasie hê. Die “gevoel” was dat administrasie Oudtshoorn nêrens gebring het in 2007 nie…

AfriForum het die wet voorgehou en die Kapenaars genoegsaam beïndruk dat ‘n vroeëre besluit om AfriForum en die DA-leierskap om ‘n tafel te kry bekend gemaak is.

Die minister moes eintlik lánkal met dié plan vorendag gekom het. Maar Bredell het ook dié plan nie kon maak nie:

Wanneer wanadministrasie plaasvind, soos, byvoorbeeld, met die Sokopo-kontrak, moet raadslede wat teen die kontrak gekant is die munisipale bestuurder skriftelik versoek om die speaker opdrag te gee om ‘n mosie teen die kontrak op die volgende raadsagenda te plaas.

‘n Hoofdelike stemming oor die mosie word genotuleer en indien die mosie verwerp word, word ‘n siviele saak teen die raadslede wat teen die mosie gestem het gemaak en die minister van plaaslike regering uitgenooi om tot die saak toe te tree as ‘n applikant, anders word die minister ook ‘n verweerder. Die minister moet dan ook onderneem om met die regskoste te help.

Sou die munisipale bestuurder of die speaker weier om die mosie op die agenda te plaas, kla die raadslede wat vir die mosie vra die munisipale bestuurder of die speaker by die minister aan.

Regskorrekte plan!

Maar dit vat lank en kos geld. Van waar die geld? AfriForum sal sake oorweeg, maar daar kan nie verwag word dat AfriForum verskeie sake namens Oudtshoorn sal befonds nie – daar in baie munisipaliteite in die land!

OO het ‘n gans ánder plan. ‘n Baie meer aggressiewe plan.

Die minister – dis nou Anton Bredell – moet 30 dae gegun word ondersoeke na alle klagtes van wanadministrasie te begin. Indien Bredell nie optree nie moet hy krimineel aangekla word vir die verbreking van a.106 van die stelselswet wat bepaal dat indien die minister vermoed dat wanadministrasie plaasvind, hy moet optree. Punt.

Let wel: “Vermoed” en “moet”.

Vermoed, ww. 1. ‘n Voorgevoel, suspisie hê; as waarskynlik ag; meen; raai; verwag; veronderstel. 2. Bedag wees op, verwag.

Die minister hoef dus nie eens prima facie bewyse te hê voordat hy optree nie.

Moet, s.nw. Dwang; noodsaaklikheid: Dit kan nie anders nie, dis ‘n moet.

Die minister het dus nie ‘n keuse nie. Die stelselswet sê nie die minister kan, indien hy so voel, oorweeg om op te tree nie. Die wet sê hy móét optree.

Eenvoudig, nè!?

Móérse eenvoudig!

Dis glad nie nodig om verskeie ministeriële Mercedesse al die pad van die Kaap af te laat loop om iets só eenvoudig aan die plaaslike bevolking te kom probeer ontken nie.

Vermoed daar’s ‘n slang in die gras; tree op. Dis gewoon Bredell se werk. Dis tyd day hy begin werk en ophou slaaidsjous aanbied oor hoekom hy nie kan optree nie – soos daar vanoggend wéér gedoen is… gááp.

En OO sal die minister boonop sommer iets vir niks gee nie: OO sal hom gereeld laat “vermoed”.

OO is gatvol.

En jý?

Eintlik “vermoed” OO nie Bredell “moet” waai nie; OO wéét Bredell moet waai.

Eintlik weet álmal dit. Dis maar net dat niemand ooit iets dóén nie. En so bly Bredell maar aan.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

4 thoughts on “OO ‘vermóéd’ Bredell ‘móét’ waai

  1. Vreemd. Ek wonder of Bredell nou VIR die wet gaan stem waarteen die DA so hard baklei. Ek meen nou die Protection of Information Act, want dit lyk tog vir my al te veel asof Bredell ook eerder nie wil he OO moet informasie publiseer wat dalk nie so lekker vir hom is nie?!

  2. OO- ek weet nie wat dink die minister en DA van OO nie, as jy iets weet en dit wil openbaar is hulle vinnig om te smeek dat jy dit eers moet terug hou, maar jy is nie goed genoeg om vergaderings by te woon nie. Tyd het aangebreek dat jy alles openbaar wat jy vermoed en wat jy weet. Ek stem saam dat Afriform nie alle sake teen die munisipaliteit kan befonds nie, maar ek glo dit is belangrik dat hulle die minister ‘n sperdatum gee om op te tree in Oudtshoorn of hulle neem geregtelike stappe teen hom omdat hy nie optree nie. Iemand moet begin om die minister te dwing om sy werk te doen al beteken dit dat daar ‘n voorbeeld van hom gemaak word. Die hele land het die grootste respek vir Afriforum omdat hulle nie net praat nie, maar doen.

  3. Bredell, wil jy tog so gaaf wees om vir almal te se wanneer jy oorweeg om te waai ?
    (Dis dalk beter voordat jy nog afgedank word, nie waar nie ? )

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s