Bredell kom praat met OBV en AfriForum!

Die perde kry horings!

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 23 April 2012. 06h37. OO het navrae na al die partye wat Saterdag se gesprek bygewoon het gestuur. Kommentaar sal gepubliseer word soos dit ontvang word.

Die “amptelike” reaksie sal glo “uit die Kaap” kom. Bothha en Bredell het die agenda eenvoudig gekaap en bepaal wie die vergadering mag bywoon en wie nie.

Boonop sal die “Kapenaars” besluit wat oor die gesprek met die inwoners van Oudtshoorn gedeel word!

Andermaal het Oudtshoorn tweede gekom – en die vergadering was veronderstel om Oudtshoorn éérste te stel.

Oudtshoorn. 22 April 2012. 10h30. Hulle het úre lank gepraat Saterdag!

Eers met die OBV; AfriForum; OBB; en sakekamer, toe met die plaaslike DA-leierskap en -bestuur.

Maar nie ‘n wóórd aan die mense oor wie die gesprekke gegaan het nie!

Waar is die mediaverklarings?

Kon die Geliefde Leiers nie ‘n ekstra 30 minute spandeer het nie – perdalkies minder gepeusel het aan die vingerhappies – en ‘n verklaring voorberei het wat vir Oudtshoorn se inwoners aandui hóé die urelange gesprekke die inwoners gaan bevóórdeel!?

OO is onbeïndruk.

Daar is waarskynlik nie veel om te rapporteer nie.

‘n Mens praat gewoonlik gou en hard as jy iets te sê het.

Lees gerus weer die berig DA-rekord van beloftes.

OO sal solank dít sê: ‘n Vyf-jaarplan is bespreek op die koukusvergadering gistermiddag…

Dis die hóéveelste plan!?

O, en dit het ál geklink dat Chris MacPherson aan die DA-ringkoppe moes verduidelik dat die koukus inderdaad wérk!

Hel, hulle besluit gereeld om raadsvergaderings te boikot en Peter Robberts trek bossies uit dat die biesies bewe.

En wie de moer is Bredéll om te kla oor mense wat nie werk nie!?

Onthou: Die vraag is waarom Botha en Bredell en hulle meelopers juis nóú opdaag.

Waarom nie verlede Februarie, toe die SOE met sy ondersoek begin het nie?

Waarom nie verlede Junie, toe die raad gesukkel het om te konstistueer nie?

Waarom nie verlede Julie toe die SOE-verslag uitgereik is nie?

Waarom nie verlede September nie,toe die Linda Potgieter-verslag uitgereik is nie; toe Mpho Mogale op Oudtshoorn losgelaat is nie?

Waaom nie verlede Desember toe April van diefstal aangekla is nie; toe Avontuur en genote ‘n ekstra R313,000 betaal is nie?

Waarom nie in Januarie vanjaar toe Mnyimba en Lott en Human en Ntile op Oudtshoorn losgelaat is nie?

Waarom nie Maart toe Sokopo ‘n kontrak toegeken is nie?

Hoekom nóú?

Dink daaroor.

Die DA sal wel ‘n storie spin, maar dink mooi daaroor na.

Oudtshoorn. 21 April 2012.

09h20. Na versoeke van AfrForum se hoof van plaaslike regering dat Drewan Baird van die OBV sitting kry op die vergadering het Jac Bekker, die plaaslike DA-LP, ten swaarste beswaar gemaak en teen Baird en Nic Barrow uitgevaar (gááp) en Bredell het besluit Botha, wat sy status onderstreep het met laatheid, moet die roep maak.

As Bredell met dié soort besluit sukkel, is OO bevrees die verwagtinge oor Oudtshoorn onder Bredell se voogdyskap is jammerlik.

Botha het Baird sitting geweier.

Baird publiseer glo inligting wat Botha nie gepubliseer wil hê nie.

Dis wat OO doen.

Dis wat OO sal bly doen.

Besonderhede volg.

Niemand verwag tog nou seker OO gaan suutjies trap nie!?

06h11. Vanoggend se vergadering, so is daar laat gistermiddag bevestig, lyk só:

Die Oudtshoorn Belastingbetalersvereniging (OBV); AfriForum; die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB); en die Oudtshoorn Sakekamer aan die een kant…

En uit die Kaap is daar veral twee vernaamlike mense: Theuns Botha in sy kapasiteite as die DA se hoof van regeringsake, en as Wes-Kaapse DA-leier; en Anton Bredell, in sý hoedanighede as Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, en Wes-Kaapse DA-sekretaris.

OO kan maar net hoop dat vanoggend se vergadering die sneller sal wees om Oudtshoorn op die herstelpad te plaas.

OO meen Oudtshoorn se mense is op hulself aangewese. En dis ook reg so.

Maar dan moet Oudtshoorn se mense van vandag af voor vat.

Hopelik sal die vergadering ‘n pad van herstel aandui. Méér kan beswaarlik verwag word.

OO se grondbeginsel stáán: Níks wat óór Oudtshoorn gesê en besluit word dúrf van die mense van Oudtshoorn weerhou word nie!

Alle inligting kan baie waarskynlik nie altyd onmiddelik beskikbaar gemaak word nie, maar alle inligting móét tydig bekend gemaak word.

Op OO sal Oudtshoorn se mense hierdie inligting áltyd kry!

Dit is belangrik om die rekord van die DA, en van Botha en Bredell oor Oudtshoorn, te oorweeg net voordat die vergadering afskop.

Lees asseblief vandag se berig DA-rekord van beloftes.

Oudtshoorn. 20 April 2012. 06h00. Die Oudtshoorn Burgerlike Beweging (OBB) en die sakekamer is gister ook genooi om die aan die gesprek van môre deel te neem.

DA-raadslede het gister met mense wat die belangegroepe verteenwoordig ontmoet oor, veral, die begroting, wat die DA as “onwettig” beskou.

Bredell het aangedui dat hy ‘n mediaverklaring sal uitreik na die vergadering. Hoe lank na die vergadering is onduidelik.

OO se standpunt is duidelik. Soos weerlig oor Volmoed: Niks wat op hierdie vergadering bespreek word durf van Oudtshoorn se inwoners weerhou te word nie.

Die gespreksgenote maak daarop aanspraak dat hulle Oudtshoorn se inwoners se beste belange op die hart dra; selfs dat hulle Oudtshoorn se mense verteenwoordig! Om wátter móóntlike rede sou een of meer van die gespreksgenote inligting van Oudtshoorn se mense wou weerhou!?

Onaanvaarbaar!

Ware kleure sal môreoggend en in die dae daarna gewys word.

Dís verséker!

Oudtshoorn. 19 April 2012. 14h45. Slim. Vrek slim. Slinks, eintlik, eerder as “slim”.

Bredell en Botha het pas gemaneuver om viér partye by Saterdag se vergadering te ontmoet – en beswaar gemaak teen die redakteur van OO se teenwoordigheid.

Geen verrassing oor Baird nie!

Slim al dan nie, OO sal na Saterdag die storie ágter die storie vertel. Belówe!

Oudtshoorn. 18 April 2012. 07h10. Dit word nou duidelik dat die “Kapenaars” wil “kaap”… Alles oor hierdie skielike vergadering sit nie so lekker nie.

OO was die afgelope dae erg besig oor hierdie saak. En besonderhede, my lankmoedige lesers, sál volg…

Oudtshoorn. 13 April 2012. 07h00. “Die besoek” is so ‘n week of wat voor die Kunstefees aangekondig toe Oudtshoorn se DA-raadslede ingelig is oor ‘n dag-lange werkswinkel met Anton Bredell en Theuns Botha.

‘n Paar DA-raadslede was openlik verbaas dat Bredell en Botha met die belastingbetalersvereniging en AfriForum wil ontmoet.

Daar sal baie redes aangevoor word vir dié besoek.

Maar OO is nou eenmaal te sinies vir soetkoekies so op Vrydag die dertiende.

DA-politici “doen tans die rondtes”. Daar lê verkiesings voor. Vir provinsiale leier en sekretaris en so aan.

Op Plett was daar vandeesweek selfs drié ministers!

OO het Dan Plato en Ivan Meyer Dinsdag gewaar en Bonginkosi Madikizela gister.

Maar het OO dan nie gesê dié soort ding sal in die laaste dae gebeur nie!?

Luister as OO praat.

Oudtshoorn. 12 April 2012. 08h00. Theuns Botha kom ook!

So hoor OO. Maar die 21ste is nog ver en baie water kan verdamp tot dan.

Die Wes-Kaapse DA-leier en ‘n paar amptenare van plaaslike regering en tesourie gaan Bredell bystaan tydens volgende Saterdag se vergadering.

As die vergadering nie op Beroerdplein gehou word nie sal die redakteur van OO dit straks óók kan bywoon!

Laas November, toe Bredell April se koppie kom vryf het, was die minister ontstoke omdat OO die besoek aangekondig het. En Bredell het sy DA-raadslede nie eens in die besoek geken nie – die minister het net met die “administratiewe en politieke leierskap” kom praat; die DA-koukus het niks daarmee te doen gehad nie!

Wéét die plaaslike DA dié slag darem dat Anton en Theuns kom kuier!?

OO is verheug om te kan rapporteer dat die DA-raadslede dié slag darem ingelig is!

Ons maak vórdering!

Ten minste is die politiek darem goed vir daaglikse gelag. En OO lag baie. Baie meer as wat OO skryf.

Oudtshoorn. 11 April 2012. 16h45. OO verneem dat die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, die belastingbetalersvereniging en AfriForum op 21 April om 10h00 hier op Oudtshoorn ontmoet.

Ludi incipiant – Let the games begin!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

30 thoughts on “Bredell kom praat met OBV en AfriForum!

  1. Mooi gestel KK. Al ooit daaraan gedink, ten spyte daarvan dat almal weet hoe onbehope Bredell en Theuns op ODN is, is die ander groot probleem op OO dat:

    Die DA, weet, net soos wat ons oor hulle weet, dat die DA dit nie durf waag om aan beheer te kom op ODN nie, omdat, net soos die ANC, hul WEET dat hul geen behoorlike leierskap daar het nie sedert 2007 en die huidige “leiers” die DA net verder in die skande gaan steek, presies wat die ANC tans doen.

    Dus, die hoeveelste rede wat die argument onomwonde stel en versterk dat ODN n ONAFHANKLIKE pad moet beginne loop voordat ODN DOODBLOEI !!

  2. Theuns Botha is de moer in vir OO want OO is eiehandig besig om die kaal keiser se voete van klei uit te wys.

    Zille kan geen kritiek vat nie. Dis haar swakste kenmerk. James Selfe is, nou ja, James Selfe.

    Die DA is dood op Oudtshoorn, as ek so na die gesprekke “in the portals of power” luister. En dis nie OO wat die DA doodgemaak het nie – OO het maar net die selfmoord berig.

    Welgedaan, OO! Jy staan uit omdat jy ALLE korrupsie en wanbestuur uitwys, ongeag wie.

    Terloops, dit gons hier in die Kaap oor wat jy moontlik van Bitou weet. Miskien gaan jy ons vertel?

  3. You take no prisoners, do you, Mr Editor?

    Fine job of exposing lethargy – to use one of your descriptive words.

    It probably won’t make much of a difference, but I won’t vote DA again.

    How’s the alternative for independents going?

  4. Ek kannie onthou of wetgewing reeds ge-pass is oor right to information nie…maar ons leiers in die is wragtig al bang vir die reaksie vang die nonsens wat hulle praat nie…maar ook oor wat hulle doen…so wie gee vir Anton of vir Theuns die reg om info te weerhou van OO…of wil hulle nie ge-expose word vir hulle non-worthiness of incapabilities …nou ook ons mnr burgermeester van Odn…mnr April die munisipale gebou is gemeenskap eiendom & nie joune of enige een van ons dorp se raadslede nie…ander verslaggewers mag dan daar inkom…wat wil julle vir die wegsteek…wat het geword van reg to info…of die BATHO-PELO konsep….

  5. Presies TT, so gekrenk in hul eie ego’tjies
    Dis die partye op ODN wat daardie vergadering moes lei, en die DA shut up en luister of daar moes GEEN VERGADERING GEWEES HET NIE, PUNT !!

  6. Hoe lyk dit dan nou vir my die hoogere DA begin nou dieselfde houding jeens inligting aan die publiek openbaar as waarvoor hulle so hard teen die ANC baklei?

  7. @Fedup, exactly my sentiments

    The 4 parties should dis the da in ODN which = dis-dain
    The DA has earned contempt and disrespect over and over and over again. And should the Ai-N-Cee think they are any better, they just reached that mile stone much earlier this past decade
    DA = DisDAin, in your FACE !! Go smoke your socks, you have no business in ANY MUNICIPALITY. Let the honest people govern and take back their towns – PUNT !!

    If any of you gravy trainers were evaluated on performance, all you parasites would have lost your salaries, jobs and would have to pay back, pay in for the next 20 years at least and some will be marched off to jail. (Weg is julle, jul persona non grata !!)

    dis·dain/disˈ
    The feeling that someone or something is unworthy of one’s consideration or respect; contempt.

  8. IP – Agreed!

    They grace our town in mock humility and concern for Oudtshoorn’s salvation, in stark contrast to their well established track records both as individuals and an Administration!

    This is but another political roadshow for the DA and a professional smokescreen job to appease the residents and subjugate the local DA caucus, and when everyone wakes up from the rogering they got, the predictable indignation, confusion and anger will flow, but only after the false prophets have departed, the brouhaha is over, the tea now cold and the promised cake but mere crumbs on the floor.

    I expect naught, if little else, but divide and rule, confusion and maybe even for consistency’s sake, an Oudtshoorn Council Meeting free for all, but assuredly a masterpiece of political bullshitting and obfuscation, from which Bredell and Botha can walk away in satisfaction of a job well done, as they proclaim, probably quite correctly – “Oh well we did try, didn’t we, but these people in Oudtshoorn are inconsolable?”

    …..And lets not forget to remind them as they leave Town to drop off updated and improved vote of confidence for april and his gang of 5, or is it four? – I forget, they come and go, from here and there, hither and thither and its oh so tricky to keep up with who really runs the place – Ag! what the hell, who really cares anyway?

    Desperate times – yup, but beware and be still and complain no more, if you take what you’re offered without thinking – again, and again and again ad nausiem!

    As Helen Zille so disparagingly tells us, you get the government you deserve, and Oudtshoorn has asked for it, and as sure as God made little green apples, we will get it again – rogered that is.

    Right, back to the drawing board with renewed vigor and sharpened pencils – we’ll get em yet!

  9. As daarie 4 partye enigsins murg in hulle pype het sal hul saamstaan en vir Bredell (wat in elk geval oppad uit is) dankie se, maar nee dankie. Oor Theunsie, wel soos OO self gese het, hy is lucky dat Zille hom nog “verduur”

    M.a.w. mense en partye van ODN, waaroor dan nog tyd mors met twee “has beens” Wys jul ware kleure en se NEE. Wat het hierdie twee klonge in elk geval vir ODN en sy mense beteken ? Huh ? Hoe moeilik kan dit nou wees ? Ontmoet jul die twee “has beens” sal geloofwaardigheid ernstig ingeboet word! DINK !!

    Nog beter, laat hul eers verniet uitry ODN toe en se dan NEE. Laat hulle ook voel hoe dit is om vir een dag geignoreer te word, anders as ODN wat hul al vir maande en jare ignoreer en afskeep.

  10. @ Comment “On specific allegations I would prefer to express my opinions within the structures of the ANC”

    Then why your pejorative sniping and cheap shots at your fellow citizens in Oudtshoorn and their sincere efforts to expose and uproot your party’s perfectly evident maladministration of our Town, and the country as a whole?

    How high is your ivory tower?

  11. It s precisely because of your general support for whistleblowing that I posed my concern, Comment.

    I accept your position.

  12. @OO: On specific allegations I would prefer to express my opinions within the structures of the ANC, as is appropriate for a disciplined supporter of the movement. You might however concede that when you were under attack for publicising allegations of coruption I was one of those (were there any others?) who, despite probably being of a different ideological stripe to you, offered a hopefully cogent defence of the legitimacy of your publishing the allegations. That defence was consequent with a formal ANC position which encourages whistleblowers.

  13. I fear the day that the shepele wise up, Then not the truth nor emosionale minipulations will save ANC, and the youth is wiseing up. Anton may play the same game ( monkey see monkey do ) only that he does not have shepeple! and is thinking allience!

  14. @Comment

    Unfortunately, the ANC support base is dumber than the ANC think it is… And it secures power.

    Because I find your comments well argued, I am concerned that you never (unless I’ve missed it) comment on outrages such as the Sokopo contract.

  15. It’s not immediately clear why a few DA councillors were surprised that Bredell wants to meet with Afriforum and the Ratepayers Association … one would have thought the reason was transparently obvious: as the recent by-elections illustrated, the DA is not succeeding in expanding its electoral support into traditionally ANC areas. Even the decline of the IFP in KwaZulu has not translated into an electoral growth opportunity for the DA, a pattern likely to be repeated elsewhere. Indeed, even in the Western Cape Saldanah constituency (I’m not going to unpack the racial demographic there) the ANC increased its support from 45% in 2011 to 57% in the latest election. Add to that the fact that the traditional white strongholds of the DA are becoming disaffected with the inability of the party to access real power, and are increasingly comfortable with the macro-economic direction of the ANC and you will understand why Bredell wants to flirt with Afriforum and the Ratepayers. He may be in for a surprise: I am no fan of Afriforum or the Belastingbetalers, but plaasjapies are not as dof as the DA think they are!

  16. Investigative: die DA se probleem is kundigheid, jy kan nie in die politieke arena klim sonder doelgerigtheid en kundigheid nie, verder kan jy nie heeltyd lieg nie want dan lieg jy jou later vas.

  17. Nee, Hannes is besig om nog te fokus. Ons sal eersdaags van hom hoor, na OO se langverwagte publikasie op 20 April en Bredell se besoek op 21 April, daarna gaan Hannes hom dalkies uitstof en nog klop met sy amptelike bedanking

  18. Joss dit gee hul heel dag en heel week om verskoonings uit tedink! Dis harde werk om te lieg en om die liegstories te laat saam werk( vra maar Anton en Hannes hul storie klop nie ), dis hoekom. Hoekom hul nie uitkom met eerlikheid nie, want dan is hul hul donasies kwyt en moet (hul daai 4letter word) “werk”.

  19. The guardian – Die DA se nuwe beleid is om saans en naweke te vergader wonder self hoekom!!!

  20. “‘n Paar DA-raadslede was openlik verbaas dat Bredell en Botha met die belastingbetalersvereniging en AfriForum wil ontmoet” – wragtig?

    Hey DA, its a free country and if you won’t act in Oudtshoorn then at least belt up when the citizenry excercise their rights!

    Minister Bredell as I understand, is visiting Oudtshoorn to consult with the residents in his capacity as The Administrator of the Western Cape, and NOT YOUR PARTY CHIEF – so back off, and stop tugging on your leashes!

    What a cheeck – Read Mamphela Ramphele’s speech from 11th April, – LEARN AND BE HUMBLED.

    Politicians and so called civil servants accross this country are now on a “very short rope” and I dare say of their own making.

    Be sure of one thing, the citizenry is now “Gat Vol”!

    South Africa should be a democracy and demands the rights of this elected form of government and not, to quote Plato again, “A cursed oligarchy”

    PS – Paul Welhan on Politics Web reflects on the reality of our so-called democracy as follows:

    “We are not a Democracy but rather a monocracy or party-state”.

  21. Red. Net ietsie wat pla….. Bredel was nou al hier vantevore en nou kom hy weer……… op ‘n Saterdag? Wonder maar net

  22. SWD Arende en WP speel n vodacombeker wedstryd op Dysselsdorp die 21 ste. Dalk kom hulle rugby kyk.

  23. OO – ek glo nie dat Bredell uit ordentlikheid kom om OBB en Afriforum te ontmoet nie, maar eerder omdat hulle ‘n bedreiging inhou vir die voortbestaan van die DA , of moontlik wil hy noual kom vry vir ‘n ander ” joppie” . Soos jy sê kom ons gee hom ‘n kans dalk en moontlik net dalk verras hy die mense op Oudtshoorn met iets positief

  24. Klink of ou Bredell hier poog om te veg om politieke oorlewing en dat sy besoekie seer sekerlik reeeeeds met Zille en Theunsie uitgeklaar is.Jammer Tonie, jy kan maar kom, maar die koeel is reeds lankal deur die kerk en jy weet so goed soos almal, NIKS gaan kom van jou geskiedenis van lee beloftes kom nie, my ou klong !.

    Jy is lankal “toast,” veral na OO se voorgenome publikasie op 20 April wat tydend jou “watch”gebeur het. Die spreekwoordelike spyker is lankal in jou doodskis. Dalk kom hy net ordintlikheidshalwe groet , mense van ODN, voordat hy self loop. Ek het straks verwag Hannes sou hom klop met vroegtydige uittrede !

    Tyd vir n nuwe era en skoon, aktiewe en bevoegde administrasie !

  25. Nee wat die dikkop se reputasie van op duim sit, loop hom vervoor uit. Ek wonder nou net gaan hy opstaan en die duim uithaal of gaan nog DA strategie geskied? n Ou russiese spreekwoord wat bassies se dat jou dade so hard skree dat jou stem nie gehoor word nie, nie van toepassing sal wees nie want daar is niks om te skree nie.

  26. Ek stem saam, janpierewiet, maar kom ons gee Bredeel ‘n kans.

    Dis nou nie asof hy iets merkwaardigs doen deur op te daag nie – hy moes dit al járe gelede gedoen het, maar hy kom nou en ons moet hom geleentheid gee om sy werk (uiteindelik!) te doen.

  27. Dis ok as Bredell met mense kom praat hoe hy gaan impliment as hy hier wegloop is van kardinale belang & of hy dit gaan regtig gaan ag om aan die versoeke/voorstelle iets gaan doen….hy is so dikdood as by Oudtshoorn se belange kom….

  28. Dis ok as Bredell met mense hoe hy gaan impliment as hy hier wegloop is van kardinale & of hy dit gaan nodig regtig aan die versoeke/voorstelle iets gaan doen….hy is so dikdood as by Oudtshoorn se belange kom….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s