Tsutcheppenish

DA wys middelvinger vir OO

Nuus met méning!

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Volg OO op twitter: oudtshoorno en facebook: Drewan Baird

Oudtshoorn. 10 April 2012. 08h00. Tsutcheppenish is een van daardie heerlike beskrywende Jiddisje woorde: Iemand wat ‘n aanhoudende irritasie geword het.

Dít, ‘n aanhoudende irritasie, is presiés wat OO vir die ANC en vir die DA is.

Die titel “tsutcheppenish” dra OO met trots.

Die DA het gister só gereageer op OO se aanklag, soos vervat in die berig Oudtshoorn en Modimolle, en veral met verwysing na Anton Bredell se sogenaamde onkunde van die Sokopo-kontrak wat OO oor die afgelope dae openbaar het.

OO haal slegs gedeeltelik uit die reaksie aan, nie om konteks te versteur of weg te steek nie, maar om so meelewend moontlik met die frustrasie wat uit die teks skreeu om te gaan.

“… jy (hou) aan met treiter en steeds op dieselfde snaar asof die saak deur jou onthul, Kuba Missielkrisis-afmetings inhou. Wat verwag jy moet wie NOU doen? (Daar is) geen rede waarom die klaarblyke onwettige handeling van die munisipale bestuurder juis hierdie naweek DA optrede en of persverklarings vereis nie. Allermins verwag ek in ‘n Regstaat dat Provinsiale Regering oornag ingryp. Ek het my reeds uitgespreek teen oorhaastige “Wild West” optrede. Ek volstaan daarby…Die DA koukus sal binne die reg hul demokratiese regte (en plig) uitoefen. Dan kyk ons hoe reageer die ANC koalisie in regering op Oudtshoorn. Dan tree ons verder binne raamwerk van die regsorde op… Terloops, as minister Bredell nie reageer op jou skrywes nie, soek jy verniet by my om jou hoorsê-berigte oor te dra.”

Hierdie boodskap, selfs met matelose speelruimte vir persoonlike frustrasie en ergenis met leiers en kollegas, spreek van minagting vir die doodsgreep waarin Oudtshoorn hom bevind.

Dié reaksie omskryf OO se aanklag teen die DA béter as wat OO dit self kan doen.

Geen verdere kommentaar is nodig nie… Die DA het nóg die energie, nóg die vermoë om ‘n wesenlike verskil aan Oudtshoorn se doodskanker te maak.

Maar “hoorsê”!?

OO daag die ganse DA-masjienery uit om OO se feite te bevraagteken!

En dít sluit môre se berig oor die Eden-omkoopskandaal ín!

Hier’s ‘n nuusflits: OO sal nóóit ophou irriteer nie; OO sal ‘n visgraat in die kele van die ANC en die DA blý.

The Guradian berig dat die vooraanstaande wiskundige, Tim Gowers – ‘n wenner van die Fields Medalje, in Januarie vanjaar op sy blog gekla het oor die verregaande fooie wat uitgewers hef vir akademici om eweknie-referate te bekom.

Gowers het aangedui dat hy onmiddelik sou ophou om skripsies aan die uitgewer Elsevier te lewer óf te resenseer.

Die reaksie was oorweldigend.

Honderde akademici het Gowers begin ondersteun en daar is tans bykans 9,000 wat Gowers ondersteun en weier om Elsevier verder te dien.

OO het géén vress om alleen te staan nie.

OO sê nóg die ANC, nóg die DA kan met die bestuur van Oudtshoorn vertrou word.

OO sê die magsbalans op Oudtshoorn moet in die hande van party-onafhanklike raadslede setel.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 thoughts on “Tsutcheppenish

  1. Ek stem saam OO is n tsutcheppenish vir die DA, maar die DA is TSUTCHEPPENISH vir die kiessers van Oudtshoorn, want agv. hul houding. persoonlik DA=kusemek Frecha

  2. OO- jy is verkeerd om die DA daagliks so sonder rede lastig te val, wat verwag jy moet hulle nou doen as hulle niks kan of wil doen nie. Het jy nie geweet die DA is besig met sy meesterplan om Oudtshoorn van ondergang te red nie, dit is nou wat enige persoon met meer as een breinsel strategie noem my vriend. Strategie om niks te doen nie en te kyk wat die ANC moontlik mag doen of nie gaan doen nie, maar ons as DA gaan nie ‘n vinger verroer nie want dan kan ons nie die blaam dra as dinge verkeer gaan nie.
    OO- kan jy nie sien dat die DA Raadslede daaglik onder groot werksdruk verkeer om lede te werf nie en om diens aan die gemeenskap te lewer nie. SIES MAN SKAAM JOU

  3. Daantjie. Dis voordiehandliggend. Die DA sien glad nie Oudtshoorn raak nie want dis ‘n dorp, nie ‘n stad nie. Ons is te klein om van belang te wees.

  4. Iemand sal moet vasstel waarom die DA Oudtshoorn as so ‘n klip in die skoen beskou. Die annimositeit jeens Oudtshoorn is vreemd! Wat is die rede(s)?

  5. Die DA praat seker van hoorse omdat OO se berigte so verregaande is. Maar dis nie die berigte wat verregaande is nie, dis die storie agter die berig wat so ongelooflik is. Verwag die DA dat enigiemand met ‘n halwe breinsel of meer weer op Oudtshoorn vir die DA sal stem?

  6. OO, ditto

    Die “DA verklarinkie” is maar net weereens n bewys dat die DA niks daaraan gaan, of wil,of kan doen nie. Sommige van hierdie vergrepe is al geruime tyd aan die gang en steeds maan die DA oor “haastige vergrepe ? ” Dis dieselfde om te se, iemand is besig om voor jou te verdrink, maar die omstanders besluit om eers later in die week daaroor te gaan koukus en dat oorhaastigheid onvanpas is.

    Raai wat, raai wat ? Jul oorversigtige en belaglike redenasie het reeds veroorsaak dat ONAFHANKLIKES noodgedwonge GAAN inspring om te red wat te redde is terwyl “die gekke voort koukus in die arena van trogvreters.”
    Hannes en Bredell se antwoorde en optrede teenoor die “ODN drenkeling” bly steeds lank uitstaande !
    DIS REEDS TE LAAT MENERE !!
    Ingeval jul nie reeds agtergekom het nie, al jul handjiesgevoude DA gesante, die skrif is reeds aan die muur, die koeel deur die kerk en dit is vinnig besig om landswyd te versprei. Van nou af aan sal enige, ja enige optredes op ODN permanent aan OO se “Tsutcheppenish” toegedig word, presies soos dit hoort. (Alle politieke partye hoort uit ODN pad te gee, nou meer asooit tevore ! )

  7. Hoor-hoor!

    Hoor-hoor vir party-onafhanklikes!

    Hoor-hoor!

    Skandalige DA-reaksie, OO.

    Skandalig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s